AfriForum nader premier opnuut oor Lesufi se afdanking
| |

AfriForum nader premier opnuut oor Lesufi se afdanking

AfriForum stuur vandag ’n tweede brief aan David Makhura, Gautengse premier, waarin die burgerregteorganisasie opnuut hul misnoeë uitspreek oor die voortdurende chaos wat by talle skole in Gauteng heers weens ongeplaaste of verkeerdelik-geplaaste leerders. Talle skole moes reeds op 20 Januarie 2020 hul deure sluit uit vrees weens dae lange protesoptogte deur ongelukkige en gefrustreerde ouers. Dít…

AfriForum se Witrivier-buurtwag staan gekaapte toeriste by
| |

AfriForum se Witrivier-buurtwag staan gekaapte toeriste by

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 21 Januarie 2020 drie Brasiliaanse toeriste bygestaan wat deel geword het van Suid-Afrika se misdaadstatistiek. Die drie toeriste was met vakansie en het op die R538 tussen Witrivier en Hazyview gery toe die voorval plaasgevind het. Hulle huurmotor is deur ’n onbekende voertuig van die pad gedwing, waarna twee gewapende rowers…

Vuil Vaalrivier: Skuldiges moet aan die pen ry
| |

Vuil Vaalrivier: Skuldiges moet aan die pen ry

 AfriForum verwelkom Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, se versoek dat Ekurhuleni Water Care Company (Erwat) dringend werk daarvan moet maak om die besoedeling van die Vaalrivier hok te slaan. Dit is egter kommerwekkend dat die minister nóú eers ná jare se besoedeling toetree, asook dat sy nêrens noem dat die skuldige…

AfriForum se Kuruman-tak verkies nuwe bestuur
|

AfriForum se Kuruman-tak verkies nuwe bestuur

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kuruman-tak het op 21 Januarie 2020 ’n nuwe bestuur verkies. Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Gerald Tönsing (voorsitter), Corné Kruger (ondervoorsitter), Ansie Cilliers (tesourier), Paul Marais (gemeenskapsveiligheid), Sybrand Smith (omgewingsake), Amoryn Muller (jeug), Alwyn Nieuwoudt (plaaslikeregeringsake) en Johan Grové (projekte en werwing). Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees…

AfriForum rig skrywe aan Nersa nadat Tshwane-metro sy plig versuim
| |

AfriForum rig skrywe aan Nersa nadat Tshwane-metro sy plig versuim

AfriForum het op 16 Januarie 2020 ’n skrywe aan Nersa gerig en versoek dat ondersoek ingestel word oor waarom die Tshwane-metro nog geen terugbetalings aan koopkragverbruikers gemaak het nie, wat in 2019 ’n onwettige kragtarief moes betaal. Dít volg nadat die Tshwane-metro op 29 Oktober 2019 tydens ’n bestuursvergadering aan AfriForum belowe het hulle sal verbruikers terugbetaal…

AfriForum se Roodepoort-buurtwag beveilig gemeenskap
| |

AfriForum se Roodepoort-buurtwag beveilig gemeenskap

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 17 Januarie 2020 hul eerste maandelikse misdaadvoorkoming- en massapatrollie vir 2020 gehou. Die patrollie is goed deur rolspelers en buurtwaglede bygewoon en vier soek-en-reddingspanne, vier SAPD-voertuie, drie mediese uitroepeenhede en ongeveer 20 sekuriteitsmaatskappye het onder meer aan die patrollie deelgeneem. Die groep van 86 lede het in Fairlands byeengekom en die…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Vryburg-tak maak dorp skoon
|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Vryburg-tak maak dorp skoon

AfriForum se Vryburg-tak het vandeesmaand reeds die dorp begin skoonmaak as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Verskeie inwoners het oor die toestand van die dorp gekla, veral oor vullis wat oral in die dorp gestort word. Dié AfriForum-tak het dadelik ingespring om die betrokke gebied skoon te maak en taklede het al die vullis…

AfriForum en Basotho’s voer gesprek oor verhoudings
| | |

AfriForum en Basotho’s voer gesprek oor verhoudings

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Januarie 2020 met die Basotho Lead-Petitioners (BLP) in Hlotse, Lesotho vergader oor die herstel van vriendskaplike verhoudings tussen Afrikaners en die Basotho’s. Tydens die vergadering is besluit dat ’n memorandum van verstandhouding opgestel sal word om ’n raamwerk vir erkenning en toekomstige samewerking daar te stel. “Ons het tot die gevolgtrekking…

AfriForum verkla Ramaphosa, Sisulu by VN vir die verdagmaking van die organisasie se pogings om burgerregte te beskerm
| |

AfriForum verkla Ramaphosa, Sisulu by VN vir die verdagmaking van die organisasie se pogings om burgerregte te beskerm

AfriForum het vandag ’n formele klag by die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die situasie van menseregteverdedigers ingedien teen president Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu (in haar kapasiteit as die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking) weens hul pogings om AfriForum as menseregteverdediger te diskrediteer en sodoende die werk te verydel wat dié…

AfriForum se Moot-tak stel noodwaterpunte bekend
|

AfriForum se Moot-tak stel noodwaterpunte bekend

AfriForum se Moot-tak het op 16 Januarie 2020 amptelik hul eerste noodwaterpunt vir gebruik geopen by Laerskool Pierneef  in Villieria, Pretoria. Dié projek het ontstaan weens die feit dat die Tshwane Metro meer gereeld waterbeperkings instel, wat die gemeenskap se toegang tot lopende water beperk. Die doel van hierdie volhoubare projek is om water aan…

End of content

End of content