AfriForum: Openbare Beskermer onbekwaam vir amp; moet bedank
| |

AfriForum: Openbare Beskermer onbekwaam vir amp; moet bedank

AfriForum het Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB), vandag versoek om te bedank. Dié burgerregteorganisasie beskou haar as onbekwaam vir die amp ná onlangse verdoemende ontwikkeling waarin sy betrokke is. Die Valke is tans besig om Mkhwebane vir meineed te ondersoek, terwyl die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verlede week ’n ondersoek na haar belastingsake geloods het…

AfriForum-tak hou Sasolburg netjies
| |

AfriForum-tak hou Sasolburg netjies

Die AfriForum-tak in Sasolburg gaan vanjaar voort om parke en groen stroke in Sasolburg en Vaalpark netjies te hou en die gras te sny nadat die tak in 2019 met dié inisiatief begin het. Die tak het op 25 Januarie 2020 langs die onderwysdepartement se kantoor in Totiusstraat, in President Swartweg en in Lethabostraat skoongemaak. Die…

AfriForum kry kostebevel teen Tshwane-metro oor onwettige tariefheffings
| |

AfriForum kry kostebevel teen Tshwane-metro oor onwettige tariefheffings

AfriForum het op 27 Januarie 2020 ’n kostebevel teen die Tshwane-metro in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gekry oor die onwettige koopkragtariefheffings wat in 2019 geïmplementeer is. Dié kostebevel volg nadat AfriForum die hooggeregshof in 2019 genader het oor die elektrisiteittariefheffings wat die metro sonder die nodige goedkeuring van Nersa geïmplementeer het. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se…

AfriForum moniteer onderwyswetwysigingsproses – geleentheid vir openbare kommentaar kom
| |

AfriForum moniteer onderwyswetwysigingsproses – geleentheid vir openbare kommentaar kom

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gaan volgens mediaberigte vandeesweek verder met enkele belanghebbendes oor die inhoud van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Engels: Basic Education Laws Amendment Bill of BELA Bill) konsulteer. Dié wysigingswetsontwerp is ’n voortsetting van ’n proses waarop AfriForum reeds in 2017 met ’n omvattende regsmening gereageer het waarin die kommer…

AfriForum Oos-Moot-tak tree vinnig op en vang betreder
| |

AfriForum Oos-Moot-tak tree vinnig op en vang betreder

AfriForum se Oos-Moot-buurtwaglede, inwoners van Waverley en die Moot Crime Stop Security het Maandagmiddag 27 Januarie 2020 ’n betreder vasgetrek nadat ’n taklid op ’n AfriForum-groep laat weet het dat die betreder deur hul erf beweeg het. Die verdagte is onmiddellik agternagesit en sy beskrywing is op die buurtwaggroepe deurgegee. Die verdagte het ander klere aangetrek…

#DieWêreldMoetWeet: AfriForum kondig omvattende internasionale veldtog teen burgerregteskendings in Suid-Afrika aan
| | | | |

#DieWêreldMoetWeet: AfriForum kondig omvattende internasionale veldtog teen burgerregteskendings in Suid-Afrika aan

Die Suid-Afrikaanse burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n omvattende internasionale veldtog vir die beskerming van burgerregte in Suid-Afrika van stapel gestuur. Verskeie lande op bykans al die vastelande sal as deel van dié veldtog besoek word. Brandpunte waarop daar in die besonder gefokus sal word, sluit onteiening sonder vergoeding in, asook plaasmoorde, haatspraak en die Suid-Afrikaanse…

AfriForum se Bellville-buurtwag neem aan gesamentlike patrollie deel
|

AfriForum se Bellville-buurtwag neem aan gesamentlike patrollie deel

Die AfriForum-buurtwag in Bellville, wat deel vorm van die Kaapstad-Noord-takstruktuur, het op 25 Januarie 2020 saam met ander rolspelers aan ’n gesamentlike patrollie deelgeneem wat deur Boston Neighbourhood Watch en die Bellville-buurtwag gereël is. Hierdie rolspelers sluit sekuriteitsmaatskappye soos Halt Security, Zonewatch, Fidelity, ADT en S.W.A.T, verskeie buurtwagte soos Upper Oakdale, Oakdale, Boston, De la…

AfriForum Jeug eis optrede van UV-bestuur ná ontwrigting by studenteregistrasie
|

AfriForum Jeug eis optrede van UV-bestuur ná ontwrigting by studenteregistrasie

AfriForum Jeug het vandag ’n skrywe aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se bestuur gerig waarin optrede teen studenteraadslede (SR) en ander betogers geëis word vanweë die feit dat die 2020-registrasieproses aanhoudend ontwrig word. Dít volg nadat die SR, lede van die South African Students’ Congress (Sasco) en EFF-studenteleiers verlede week begin betoog het…

Veediewe in Standerton vasgetrek
| |

Veediewe in Standerton vasgetrek

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 23 Januarie 2020 in samewerking met lede van die Bethal Stock Theft Information Centre (STIC) en Kasselman-sekuriteit veediewe vasgetrek ná ’n twee dae lange operasie. Dít volg nadat lede van die buurtwag inligting ontvang het dat veediewe beplan om op 22 Januarie op ’n plaas buite Morgenzon toe te slaan, beeste te steel…

Nuutgestigte AfriForum-buurtwag help vermiste persoon opspoor
|

Nuutgestigte AfriForum-buurtwag help vermiste persoon opspoor

Die AfriForum-buurtwag in Krugersdorp het op 22 Januarie hul eerste sukses vir 2020 behaal. Die buurtwag het in samewerking met die SAPD, TTR24 en die Valke se mensehandel-afdeling kragte saamgespan om ’n vermiste meisie op te spoor. “Dit is ’n reusesukses wat AfriForum in samewerking met ander rolspelers behaal het. Die Krugersdorp-buurtwag is op 21 Januarie gestig…

End of content

End of content