AfriForum beplan verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding
| |

AfriForum beplan verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding

AfriForum het vandag, met die indiening van sy kommentaar op die voorgestelde beleid oor die keuring van begunstigdes en grondtoekenning, beklemtoon dat dié burgerregte-organisasie van voorneme is om verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding van stapel te stuur indien dit nodig sou wees. In die regsmening wat AfriForum vandag by die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling…

Matjhabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum
| |

Matjhabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum se Welkom-tak het op 27 Januarie 2020 ’n skrywe aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die uitloop van rou riool in die Lakeview-woongebied. Dít volg nadat AfriForum klagtes van gemeenskapslede ontvang het dat riool in hul erwe invloei. AfriForum het versoek dat die munisipaliteit die probleem voor 31 Januarie 2020 moet regstel, waarna die munisipaliteit wel die…

AfriForum verskerp fokus op vullisterreine
| |

AfriForum verskerp fokus op vullisterreine

AfriForum het vandag sy nasionale vullisterreinouditprojek van stapel gestuur waartydens vullisterreine geoudit sal word waar AfriForum gevestigde strukture het. Die organisasie het terselfdertyd ook kommentaar op die konsep vir die nasionale afvalbestuurstrategie ingedien. Die minister van omgewingsake het dié konsep op 3 Desember 2019 in die Staatskoerant No. 42879 gepubliseer. AfriForum doen hierdie oudits aan…

Jeug maak Voetsporemonument skoon
| |

Jeug maak Voetsporemonument skoon

Die AfriForum-tak in Standerton se jeugvleuel het op 26 Januarie 2020 die Voetsporemonument buite dié dorp skoongemaak. Hierdie monument is etlike jare gelede deur die Standerton-tak “aangeneem” en die jeug maak dit gereeld skoon. Die gras om die monument is gesny en opgehark, terwyl die paadjie ook weer netjies gemaak is. “Hierdie monument is deel van Standerton…

AfriForum rig skrywe aan Dihlabeng-munisipaliteit oor toestand van vullisterrein
| |

AfriForum rig skrywe aan Dihlabeng-munisipaliteit oor toestand van vullisterrein

AfriForum het ’n skrywe aan die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit in Bethlehem gerig oor die toestand van die Môrelig-vullisterrein. Die terrein, wat tussen Bethlehem se woongebiede geleë is, is ’n groot bron van kommer en ’n steen des aanstoots vir die gemeenskap. Vullis word buite die terrein gestort en waai gevolglik in die woonbuurte in. Onwettige…

AfriForum vier Wêreldvleilanddag
| |

AfriForum vier Wêreldvleilanddag

AfriForum het op 31 Januarie 2020 die vleiland in die Moreletapark-natuurreservaat in Pretoria skoongemaak as deel van Wêreldvleilanddag wat jaarliks op 2 Februarie gevier word. Vleilande, wat soos natuurlike damme funksioneer, is uiters belangrik en daarom gaan AfriForum vanjaar nog vleilande regoor die land identifiseer wat skoongemaak gaan word. Die burgerregteorganisasie sal ook gemeenskappe bystaan…

AfriForum se Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare skoonmaakprojek
| |

AfriForum se Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 30 Januarie 2020 voortgegaan met hul volhoubare skoonmaakprojek deur die gras op die sypaadjie van Fatima Bhayatstraat te sny. Dít volg nadat die tak dié projek op 7 November 2019 geloods het nadat gemeenskapslede ongelukkig was oor gestrooide rommel en gras wat nie gesny word nie. Sedert die projek van stapel gestuur is,…

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag trek verdagte vas
| |

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag trek verdagte vas

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het op 28 Januarie 2020 ’n inbreker gearresteer en aan die polisie oorhandig nadat die buurtwag dié dag ’n oproep ontvang het dat iemand besig is om by ’n huis in te breek. Die verdagte was met twee skroewedraaiers en ’n selfgemaakte skokstok gewapen. Hy het van die toneel gevlug toe hy die…

AfriForum beplan regsaksie ná verwerping van e-posse oor onteiening
| |

AfriForum beplan regsaksie ná verwerping van e-posse oor onteiening

AfriForum het sy regspan vandag opdrag gegee om ondersoek in te stel nadat verskeie mense AfriForum ingelig het dat hulle e-posse aan die parlementêre ad hoc-komitee oor die wysiging aan die Grondwet om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, geblok word. AfriForum verwelkom verder die parlement se besluit om die tydperk vir skriftelike voorleggings…

AfriForum se Karoo-takke vra munisipaliteite om hande te vat tydens vullisterreinoudits
|

AfriForum se Karoo-takke vra munisipaliteite om hande te vat tydens vullisterreinoudits

AfriForum se 11 takke in die Karoo-streek het op 28 Januarie 2020 skrywes aan hul plaaslike munisipaliteite gerig om hande te vat tydens die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek wat in Februarie vanjaar plaasvind. Takke wat skrywes gerig het, sluit Vaalharts, Warrenton, Kimberley, Douglas, Hopetown, Orania, Strydenburg, Prieska, Williston, Aliwal-Noord en Elliot in. Dít volg nadat…

End of content

End of content