AfriForum-teenboelieveldtog besoek Laerskool Roodekrans
| |

AfriForum-teenboelieveldtog besoek Laerskool Roodekrans

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 10 en 11 Februarie 2020 by die Laerskool Roodekrans in Roodepoort besoek afgelê tydens dié skool se teenboelieweek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in. Die teenboeliespan het tydens die eerste dag ’n aanbieding gedoen oor verbale afknouery. Die…

Benoni-tak belê in tegnologie om gemeenskap te beveilig
| |

Benoni-tak belê in tegnologie om gemeenskap te beveilig

Die AfriForum-tak in Benoni het onlangs besluit om ’n nuwe manier te vind om die dorp te beveilig, verhoudinge met die polisie en ander rolspelers te bou, en te verseker dat inwoners weet dat AfriForum hier is om ’n verskil te maak. Die tak het gevolglik besluit om SNIPR na Benoni te bring. SNIPR is…

Bloemfontein Uitsig Buurtwag eerste op toneel ná noodoproep
| |

Bloemfontein Uitsig Buurtwag eerste op toneel ná noodoproep

AfriForum se Uitsig-buurtwag in Bloemfontein het op 11 Februarie 2020 spoedig gereageer om ’n vrou wat vermoedelik ’n beroerte gehad het, te help. Nadat ’n patrollielid inligting daaroor ontvang het, het hy dit op die buurtwag se WhatsApp-patrolliekanaal geplaas. Dié noodoproep is daarna deur middel van die plaaslike radiokommunikasienetwerk geaktiveer en AfriForum se Bloemfontein-beheerkamer het die…

AfriForum se Standerton-buurtwag staan SAPD by
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag staan SAPD by

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 7 en 8 Februarie 2020 in samewerking met die SAPD aan ’n operasie in dié dorp deelgeneem. Altesaam 12 buurtwaglede, 21 polisielede, asook ’n helikopter was hierby betrokke. 18 arrestasies is uitgevoer vir onder meer onder die invloed van drank in die openbaar, dwelms en huishoudelike geweld. “Die Standerton-buurtwag sal aanhou…

AfriForum se Christiana-tak maak dorp skoon
| |

AfriForum se Christiana-tak maak dorp skoon

Die AfriForum-tak in Christiana het op 7 Februarie 2020 dié dorp skoongemaak en vullis verwyder waar dit onwettig gestort is. Verskeie inwoners het hul ontevredenheid uitgespreek oor die toestand van die dorp en die AfriForum-tak het onmiddellik ingespring om die dorp skoon te maak. “Ons het moeg geraak vir die toestand van die dorp en het besluit…

AfriForum ondersteun familie by hof ná plaasaanval
| |

AfriForum ondersteun familie by hof ná plaasaanval

AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid het Fanie en Colleen Engelbrecht se familie verlede week by die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand ondersteun nadat dié egpaar tydens ’n plaasaanval in 2018 wreed vermoor is. Julius Mapayi Goncalves (24) en Jossias Nhalungo (36), albei van Mosambiek, is deur regter David Makoba skuldig bevind aan moord, roof en die besit…

AfriForum versoek vergadering met gesondheidsminister oor NGV
| |

AfriForum versoek vergadering met gesondheidsminister oor NGV

AfriForum het vandag ’n vergadering met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, versoek om die burgerregteorganisasie se besware en bekommernisse oor die regering se beplande nasionale gesondheidsversekeringskema (NGV) uit te lig. Een van hierdie bekommernisse sluit in dat die implementering van NGV daartoe kan lei dat die land se beleggingstatus na rommel afgegradeer word. AfriForum…

Dihlabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum
| |

Dihlabeng-munisipaliteit reageer ná volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum het op 31 Januarie 2020 ’n skrywe aan die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die toestand van die Môrelig-vullisterrein in Bethlehem. Dít volg nadat AfriForum klagtes ontvang het rakende die toestand van die terrein en vullis wat buite die terrein gestort word. Die burgerregtewaghond het die munisipaliteit versoek om die probleem voor 4 Februarie 2020 reg te stel….

AfriForum oorweeg waaksaamheidsopdrag teen polisielede wat in plaasaanval betrokke was
|

AfriForum oorweeg waaksaamheidsopdrag teen polisielede wat in plaasaanval betrokke was

Die burgerregteorganisasie AfriForum het met kommer kennis geneem van die arrestasie van drie polisielede van die Ficksburg-polisiestasie met betrekking tot ’n plaasaanval wat op 13 Januarie 2020 naby Rosendal plaasgevind het. Die drie polisielede het op 3 Februarie 2020 in die Ficksburg-landdroshof verskyn. AfriForum konsulteer tans met sy regspan om alle regsremedies te oorweeg, insluitend ’n waaksaamheidsopdrag, om te…

AfriForum kap teen prospekteeraansoek in Dullstroom
| |

AfriForum kap teen prospekteeraansoek in Dullstroom

Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan het op 5 Februarie 2020 ’n skrywe aan Singo Consulting (Edms.) Bpk. gerig nadat dit aan die lig gekom het dat dié maatskappy namens Gadebe Investments aansoek doen om prospekteerregte vir steenkool in die Dullstroom-omgewing. AfriForum het ook as ’n belanghebbende en geaffekteerde party (IAP) geregistreer. AfriForum bevraagteken die proses aangesien…

End of content

End of content