AfriForum-tak en Klerksdorp-gemeenskap maak ’n verskil
|

AfriForum-tak en Klerksdorp-gemeenskap maak ’n verskil

Oud en jonk het op Saterdag 22 Februarie ingespring en hand bygesit om die gevaarlike slaggate in die Songloed/De Clercqville -woongebied te vul. Verkeerstekens is ook vervang wat al ’n geruime tyd vermis is. Volgens Frans Roos, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, is hierdie aksie die eerste van hul buurtvernuwingsprogram. Dié program behels ’n kostedeoltreffende,…

AfriForum stel amptelike samewerking met die HPG bekend
|

AfriForum stel amptelike samewerking met die HPG bekend

AfriForum en die HPG (Heritage Protection Group) het op Saterdag 22 Februarie 2020 in Ellisras hul amptelike samewerking aangekondig. Die doel van dié samewerkingsooreenkoms is om op geweldsmisdaad te fokus en wedersyds ondersteuning te bied met onder meer hulp tydens plaasaanvalondersoeke, uitbreiding van die bestaande telekommunikasienetwerk, misdaadtoneelbewaring, lugsteundienste, mediese ondersteuning, spoorsnyvermoë en slagofferondersteuning gedurende traumatiese…

AfriForum se Oos-Moot-tak tree vinnig op ná noodboodskap
| |

AfriForum se Oos-Moot-tak tree vinnig op ná noodboodskap

AfriForum se Oos-Moot-tak het op 23 Februarie 2020 ’n noodboodskap op hulle telegramgroep ontvang. ’n Verdagte was besig om een van die taklede se voertuig met klippe te bestook en het aggressief opgetree. Lede van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het op die boodskap reageer, die polisie ontbied en die verdagte agtervolg ná hy van die toneel…

AfriForum Jeug-staptoere wil jongmense van Afrikanergeskiedenis leer
|

AfriForum Jeug-staptoere wil jongmense van Afrikanergeskiedenis leer

AfriForum Jeug wil jongmense met geskiedeniskennis bemagtig deur avontuurlustige staptoere aan te bied. Daarom hou hul vanjaar drie leierskap-en-geskiedenistoere in die Kalahari, Vrystaat en Natal om jongmense tussen 18 en 35 jaar met ’n praktiese eerder as teoretiese aanslag meer oor Afrikanergeskiedenis te leer. Die Pioniervasbyt is die eerste toer en skop op 27 Februarie…

AfriForum Jeug dien klag teen SUT-student in ná rassistiese dreigement
|

AfriForum Jeug dien klag teen SUT-student in ná rassistiese dreigement

AfriForum Jeug het op 20 Februarie 2020 ’n klag van aanhitsing tot geweld en rassisme teen ’n student van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) by die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein ingedien. Dié student, Boitumelo Mokobe, het op sosiale media gedreig het om vyf wit studente te verbrand nadat die radiostasie OFM die studente as gewelddadig en…

AfriForum-buurtwagte hou gesamentlike hoësigbaarheidsaksie in Addo
| |

AfriForum-buurtwagte hou gesamentlike hoësigbaarheidsaksie in Addo

Die burgerregteorganisasie AfriForum se buurtwagte in Kirkwood, Addo en die Gamtoosvallei-omgewing het op 17 Februarie 2020 in samewerking met die Oos-Kaapse sekuriteitsnetwerk, gemeenskapslede, Smhart Security en Valley Security ’n gesamentlike hoësigbaarheidsaksie as misdaadvoorkomingsmaatreël gehou. Altesaam 30 mense het in 13 voertuie ongeveer 1 000 km afgelê. Dié sigbaarheidsaksie het om 20:00 begin en 05:00 geëindig. Slegs twee voorvalle van…

AfriForum-buurtwag en Oakdale Watch span saam om brand by laerskool te blus
| |

AfriForum-buurtwag en Oakdale Watch span saam om brand by laerskool te blus

AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak, het op 18 Februarie 2020 in samewerking met Oakdale Watch en wetstoepassers ’n brand in een van Laerskool Bellpark se klaskamers geblus, nadat die klaskamer deur ’n brandstigter aan die brand gesteek is. ’n Buurtwaglid van Oakdale Watch het omstreeks 05:00 ’n oproep van die skool…

Datum om kommentaar in te dien aangeskuif ná AfriForum beswaar aanteken
| |

Datum om kommentaar in te dien aangeskuif ná AfriForum beswaar aanteken

Die datum om kommentaar op die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit in Klerksdorp se 2018/2019-jaarverslag te lewer, is na 28 Februarie 2020 aangeskuif nadat AfriForum se Klerksdorp-tak en die Matlosana-sakekamer beswaar aangeteken het oor die kort tydperk wat inwoners gegun is om kommentaar op die verslag in te dien. Volgens Frans Roos, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, is daar…

AfriForum-tak bied R10 000-beloning aan vir inligting oor sabotasie
| |

AfriForum-tak bied R10 000-beloning aan vir inligting oor sabotasie

Die AfriForum-tak in Margate bied ’n beloning van R10 000 aan vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van mense of organisasies sal lei wat die watertoevoernetwerk saboteer of beskadig. Dít volg nadat verskeie watertoevoerpypleidings en -kleppe tydens ’n onlangse staking deur munisipale werkers beskadig is. “Sakeondernemings in die Ugu Distriksmunisipaliteit ly jaarliks geweldige skade as…

End of content

End of content