AfriForum-lugvleuel ʼn moet in elke gemeenskap
| |

AfriForum-lugvleuel ʼn moet in elke gemeenskap

AfriForum se Overstrand-tak het einde 2019 besluit om ’n hommeltuig aan te koop en om ’n hommeltuigvlieënier uit die gemeenskap op te lei. Lede van die gemeenskap het geld geskenk om volgens die vereiste lugvaartwetgewing ’n lugbandradio aan te koop. Dié lugvleuel in die Overstrand werp op hierdie stadium goeie vrugte af – nie net…

AfriForum se Roodepoort-buurtwag woeker in Februarie
| |

AfriForum se Roodepoort-buurtwag woeker in Februarie

AfriForum se Roodepoort-buurtwag het gedurende Februarie goeie samewerking met die plaaslike SAPD en ander veiligheidsinstansies aktief bevorder. Die SAPD versoek die Roodepoort-buurtwag weekliks om aan hul operasies deel te neem, en die buurtwag het in Februarie reeds vier sulke operasies meegemaak. ’n Verskeidenheid van take word tydens dié operasies uitgevoer, onder meer klopjagte vir dwelms,…

AfriForum oor begrotingsrede: Tito trek regeringsgordel stywer
|

AfriForum oor begrotingsrede: Tito trek regeringsgordel stywer

AfriForum verwelkom die spaarsamige begrotingsrede wat die minister van finansies, Tito Mboweni, vandag gelewer het. “Die besnoeiing van staatsuitgawes moes lankal gedoen geword het en dit is bemoedigend om te sien dat die tesourie dit uiteindelik besef. Meer kan egter in hierdie verband gedoen word en die vraag is of die regering die politieke wil…

AfriForum se Standerton-buurtwag en -tak beveilig gemeenskap
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag en -tak beveilig gemeenskap

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 20 Februarie 2020 gehelp om twee verdagtes aan te keer. Dít volg nadat die buurtwag twee verdagte voertuie by ’n winkelsentrum opgemerk het en die registrasienommers aangemeld het. Die buurtwag is via hul WhatsApp-groepe ingelig dat die Markhams in Standerton beroof word en het dadelik op die boodskap gereageer. ’n Beskrywing…

AfriForum-taklid maak eiehandig ’n verskil in Wolmaransstad
|

AfriForum-taklid maak eiehandig ’n verskil in Wolmaransstad

’n Lid van AfriForum se Wolmaransstad-tak het die gevaar opgemerk wat toegegroeide en verstopte stormwaterdreine kan inhou en het vandeesweek ingespring en dit eiehandig oop- en skoongemaak. Tydens die reënseisoen veroorsaak verstopte dreine dat die strate oorstroom en nog verder beskadig word. Dié stormwaterdrein is op die hoek van Van Riebeek- en Bodensteinstraat. Volgens Alta…

AfriForum plaas Moqhaka-munisipaliteit op terme ná riool in begraafplaas
| |

AfriForum plaas Moqhaka-munisipaliteit op terme ná riool in begraafplaas

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit op 26 Februarie 2020 op terme geplaas oor riool en afvalwater wat in die konsentrasiekampbegraafplaas in Kroonstad vloei. Die munisipaliteit word 48 uur gegun om hul aksieplan aan AfriForum voor te lê en die uitloop van riool te stop. AfriForum doen ’n dringende beroep op die munisipaliteit om…

AfriForum se Kempton Park-tak vervang mangatdeksel
| |

AfriForum se Kempton Park-tak vervang mangatdeksel

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kempton Park-takbestuur in het op 18 Februarie 2020 ’n mangatdeksel voor ’n kompleks vervang nadat ’n lid van die gemeenskap die tak genader het om die oop mangat te bedek. Die tak het die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit genader om die deksel te vervang omdat die oop mangat baie gevaarlik is. Die Metro se…

AfriForum rig skrywe aan Matjhabeng-munisipaliteit en Sedibeng-water oor waterkrisis in Ventersburg
| |

AfriForum rig skrywe aan Matjhabeng-munisipaliteit en Sedibeng-water oor waterkrisis in Ventersburg

AfriForum het dringend briewe gerig aan sowel die Matjhabeng-munisipaliteit as Sedibeng Water oor Ventersburg se waterkrisis. Inwoners van dié dorp is al die afgelope week sonder water omdat daar nie genoeg water in die reservoir gepomp is om water aan die dorp en omliggende gebiede te voorsien nie. Die gemeenskap het AfriForum om hulp genader…

AfriForum dien kommentaar in oor voorgestelde wetsontwerp rakende die ontwikkeling van stroomop-petroleumhulpbronne
| |

AfriForum dien kommentaar in oor voorgestelde wetsontwerp rakende die ontwikkeling van stroomop-petroleumhulpbronne

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 21 Februarie 2020 kommentaar by die departement van minerale hulpbronne ingedien oor die konsepwetsontwerp op die ontwikkeling van stroomop-petroleumbronne wat die minister van minerale hulpbronne en energie  in ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer het. AfriForum verwelkom die publikasie van voorgestelde wetgewing wat uitsluitlik ten doel het om die ontginning en…

AfriForum-tak en -buurtwag maak Potchefstroom skoner en veiliger
|

AfriForum-tak en -buurtwag maak Potchefstroom skoner en veiliger

AfriForum se Potchefstroom-tak en -buurtwag het op Saterdag 22 Februarie 2020 gewerskaf om Potchefstroom weer ’n mooier, skoner en veiliger plek te maak. Taklede het die park in Louwstraat aangepak en die sowat 1 meter hoë gras gesny, waarna hulle ook die gras in Geelhoutstraat en Ou Bailliepark gesny het. “Inwoners van Potchefstroom besef nou…

End of content

End of content