AfriForum: Hoë kragtariewe sal swak ekonomie verder knou
| |

AfriForum: Hoë kragtariewe sal swak ekonomie verder knou

Die burgerregteorganisasie AfriForum het verdere kommentaar by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ingedien oor die impak wat ’n elektrisiteitstariefverhoging op die Suid-Afrikaanse ekonomie sal hê. Dít volg nadat AfriForum aan die openbare verhore deelgeneem oor Eskom se aansoek om ’n bedrag van R27,3 miljard deur middel van die aansuiweringsrekeningaansoek vanaf die verbruiker wil verhaal. Dit…

AfriForum vergader met munisipaliteit oor toestand van begraafplaas
| |

AfriForum vergader met munisipaliteit oor toestand van begraafplaas

AfriForum het op 2 Maart 2020 vergader met Portia Tshabalala, waarnemende munisipale bestuurder van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, oor die riool en ander afvalwater wat by die konsentrasiekampbegraafplaas in Kroonstad vloei. Die munisipaliteit het skriftelik onderneem om die fout te herstel en die terrein teen 6 Maart 2020 skoon te hê, waarna verder rehabilitasiewerk aan die terrein…

AfriForum-takke in die Mooirivier-streek dra by tot Blikkies vir Boere
| |

AfriForum-takke in die Mooirivier-streek dra by tot Blikkies vir Boere

Die AfriForum-takke in Heilbron, Parys, Potchefstroom, Sasolburg en Wolmaransstad het blikkieskos ten bate van die Hervormde Kerk in Parys se jaarlikse Blikkiesfees ingesamel en dit op 29 Februarie na die fees geneem. Die kerk het vanjaar besluit om die blikkies wat ingesamel word aan boere in nood te stuur. Die Sasolburg-tak het met meer as…

AfriForum se Vryburg-buurtwag beveilig begraafplaas vir besoekers
| |

AfriForum se Vryburg-buurtwag beveilig begraafplaas vir besoekers

AfriForum se Vryburg-buurtwag het op 1 Maart 2020 die Vryburg- munisipale begraafplaas beveilig sodat inwoners hul geliefdes se grafte kon besoek. Die swak toestand van dié begraafplaas skep ’n veiligheidsrisiko wat mense ontmoedig om daarheen te gaan. Die Vryburg-buurtwag het daarom besluit om elke Sondag tussen 16:00  en 17:00 dié begraafplaas te patrolleer sodat inwoners…

AfriForum se Wes-Moot-tak maak in Claremont skoon
| |

AfriForum se Wes-Moot-tak maak in Claremont skoon

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 29 Februarie 2020 ’n groot skoonmaakprojek tussen Pretoria- en Marketstraat in Claremont uitgevoer. Groot dele om die waterkanaal is skoongemaak en ontbos om veiligheid in die gebied, wat onder inbrake en diefstal deurloop, te verbeter. ’n Groot gedeelte langs die kanaal moet nog skoongemaak word, maar dit sal by ’n…

AfriForum se Vanderbijlpark-tak werskaf in Februarie
| |

AfriForum se Vanderbijlpark-tak werskaf in Februarie

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het in Februarie 2020 ’n teerprojek van stapel gestuur om slaggate in Louw Wepenerstraat te vul as deel van ’n reeks aksies wat reeds in Februarie afgeskop het. “Weens die drastiese agteruitgang van plaaslike munisipaliteite is dit noodsaaklik dat die publiek eienaarskap neem en self aan ’n beter gemeenskap begin bou,” sê…

AfriForum dien kommentaar in teen voorgestelde sportwetgewing
|

AfriForum dien kommentaar in teen voorgestelde sportwetgewing

AfriForum het vandag kommentaar ingedien teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op Sport en Ontspanning, 1998 (Wet 110 van 1998), wat in Desember 2019 gepubliseer is. AfriForum voer aan dat dié voorgestelde wysigings geensins geïmplementeer moet word nie, aangesien dit sport in Suid-Afrika geweldig sal benadeel. AfriForum het in ’n breedvoerige dokument die algehele…

AfriForum se Christiana-tak verkies nuwe bestuur
| |

AfriForum se Christiana-tak verkies nuwe bestuur

AfriForum se Christiana-tak het op 26 Februarie 2020 ’n nuwe bestuur verkies. Die nuwe takbestuur bestaan uit Hennie Badenhorst (voorsitter), Hugh Jacobs (ondervoorsitter), Heidi Fourie (tesourier), Bianca van der Westhuizen (sekretaris), Machiel Reinecke (plaaslikeregeringsake) en Coenie Kriek (veiligheidsvoorsitter). “Ons is trots om deel van AfriForum te wees en besef watter groot verantwoordelikheid op ons skouers rus. Saam…

AfriForum verwelkom skoonmaak van begraafplaas
| |

AfriForum verwelkom skoonmaak van begraafplaas

AfriForum verwelkom die Moqhaka-munisipaliteit se spoedige optrede om die rioollek by die konsentrasiekampbegraafplaas in Kroonstad te herstel nadat die organisasie die munisipaliteit op 25 Februarie 2020 op terme geplaas en 48 uur gegun het om die lek te herstel. Die Moqhaka-munisipaliteit het op 27 Februarie laatmiddag begin om die lek oop te grawe sodat hulle dit…

Benoni-gemeenskap stuur enorme skoonmaakprojek van stapel
|

Benoni-gemeenskap stuur enorme skoonmaakprojek van stapel

AfriForum se Benoni-tak het op 22 Februarie 2020 aan die 200% Foundation se #CleanMyBenoni-inisiatief deelgeneem. AfriForum se deelname aan die projek was belangrik omdat dit dien as bewys dat dié organisasie sy lede doelgerig ondersteun in die geveg om dorpe terug te neem. Die skoonmaakprojek is in die Benoni Plaza van stapel gestuur – ’n…

End of content

End of content