Lasbrief uit vir Thandi Modise se inhegtenisname in dieremishandeling-hofsaak
| |

Lasbrief uit vir Thandi Modise se inhegtenisname in dieremishandeling-hofsaak

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het versuim om vandag in die Potchefstroomse Streekshof te verskyn op klagtes van dieremishandeling teen haar. Dít volg nadat AfriForum se Privaatvervolgingseenheid verlede jaar aangekondig het dat hulle Modise namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg. ’n Lasbrief vir haar inhegtenisname is vandag uitgereik hangende haar verskyning…

AfriForum se Standerton-buurtwag, SAPD en Kasselman-sekuriteit trek verdagtes vas
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag, SAPD en Kasselman-sekuriteit trek verdagtes vas

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 22 Maart 2020 in samewerking met die SAPD en Kasselman-sekuriteit drie verdagtes vasgetrek nadat ’n buurtwaglid ’n verdagte Volkswagen Polo op die Morgenzon/Standerton-pad opgemerk het. Dié motor is vroeër vandeesmaand op veiligheidsgroepe as verdag aangemeld en die verdagtes is na bewering by kaartkloning betrokke. Die buurtwaglid het die buurtwag, SAPD…

AfriForum-buurtwag in Worcester neem twee rowers in hegtenis
| |

AfriForum-buurtwag in Worcester neem twee rowers in hegtenis

Die AfriForum-buurtwag in Worcester het op 21 Maart 2020 verdagtes aangekeer. Die buurtwag het om 06:00 op ’n vrou se noodoproep gereageer nadat sy voor haar huis beroof is. Die buurtwaglede het ’n beskrywing van die twee verdagtes gekry en met behulp van gemeenskapslede ’n soektog van stapel gestuur. Die SAPD is ook dadelik van die…

AfriForum se Vereeniging-tak help met opknappingsaksiesko
| |

AfriForum se Vereeniging-tak help met opknappingsaksiesko

Die AfriForum-tak in Vereeniging het op 21 Maart 2020 kragte met die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) en die Dogs of War-motorfietsklub saamgespan om die begraafplaas by dié dorp se konsentrasiekamp op te knap. “Dit is ’n groot voorreg om saam met ander rolspelers in die gemeenskap projekte soos hierdie aan te pak en ons wil graag die gemeenskap…

AfriForum se Matlabas-buurtwagte ontvang opleiding
| |

AfriForum se Matlabas-buurtwagte ontvang opleiding

Die AfriForum-buurtwagte in Matlabas-Noord, -Suid en -Wes het op  21 en 22 Maart 2020 noodhulpopleiding ontvang. Emcare Health & Safety in Ellisras het vlak 3-noodhulpopleiding vir 21 lede van dié buurtwagte aangebied. Lede is ook toegerus met noodhulpsakke wat die nodige toerusting bevat om basiese noodhulpbystand te bied. “Opleiding vir ons buurtwagte is van kardinale belang. Dit…

ANC misbruik COVID-19 om rasse-agenda teen KMMO’s te dryf
|

ANC misbruik COVID-19 om rasse-agenda teen KMMO’s te dryf

AfriForum veroordeel die regering se beleid om slegs finansiële verligting te verleen aan ondernemings in swart besit wat deur die COVID-19-pandemie geraak word. AfriForum het reeds gisteraand in ’n aanmaningsbrief aan die Departement van Kleinsake-ontwikkeling geëis dat ’n kriterium van die noodfinansieringspakket vir klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) tersyde gestel moet word. Dié kriterium bepaal…

AfriForum skryf aan munisipaliteit en Rand Water oor waterprobleme in Sundra
| | |

AfriForum skryf aan munisipaliteit en Rand Water oor waterprobleme in Sundra

AfriForum het op 19 Maart 2020 ’n skrywe aan die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit en Rand Water se bestuurder gerig ná die organisasie op 17 Maart klagtes ontvang het oor waterprobleme in die Sundra-gebied. Inwoners van dié gebied sukkel al vir meer as ’n jaar met waterprobleme, veral sedert Rand Water die munisipaliteit se waterdruk verlaag het. Inwoners…

AfriForum se Port Elizabeth-tak neem aan #VegEnBou-veldtog deel
| |

AfriForum se Port Elizabeth-tak neem aan #VegEnBou-veldtog deel

Die AfriForum-tak in Port Elizabeth het van 6 tot 14 Maart 2020 verskeie projekte in dié stad aangepak as deel van die organisasie se #VegEnBou-veldtog. Die week is afgeskop met ’n ontbyt waartydens dr. Eugene Brink, AfriForum se strategiese raadgewer vir gemeenskapsake, gaste breedvoerig ingelig het oor onderwerpe van aktuele belang soos die beplande nasionale gesondheidsversekering (NGV)…

AfriForum se Teks-tak vervang ouetehuis se geiser
| |

AfriForum se Teks-tak vervang ouetehuis se geiser

AfriForum se Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)-tak het onlangs die Avondrus-ouetehuis in Eendracht se geiser vervang nadat inwoners die tak om hulp genader het. Dít volg nadat die plaaslike munisipaliteit nie die tehuis se geiser vervang het nie en inwoners vir meer as drie jaar in koue water moes bad of stort. “Dit is…

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Argent, Delmas, Eloff, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg (buurt- en plaaswag), Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton en Witrivier het op 13 Maart 2020 in hul onderskeie gebiede aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies…

End of content

End of content