AfriForum: Staat moet nou akkurate en tydige inligting oor COVID-19 uitreik
|

AfriForum: Staat moet nou akkurate en tydige inligting oor COVID-19 uitreik

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die regering vandag gemaan om akkurate en tydige inligting oor COVID-19 tydens die nasionale inperking bekend te maak. Dr. Eugene Brink, gesondheidswoordvoerder by AfriForum, sê die staat was by tye traag met gereelde opdatering van die inligting. “Nadat die syfers Woensdagoggend uitgereik is, was daar eers weer Donderdagaand ’n syfer uitgereik….

AfriForum se Uitsig-buurtwag trek sakerowers vas
| |

AfriForum se Uitsig-buurtwag trek sakerowers vas

Die AfriForum-buurtwag in Uitsig het op 25 Maart 2020 gehelp om twee sakerowers vas te trek. Die buurtwag se veiligheidsvoorsitter het omstreeks 19:00 inligting ontvang dat ’n rooftog besig was om by ’n winkel in die buurt plaas te vind. Alle patrolleerders se hulp is ontbied en na die toneel gestuur. Met die patrolleerders se aankoms het…

AfriForum bekommerd oor onwettige boerdery in Papegaaiberg Natuurreservaat
| |

AfriForum bekommerd oor onwettige boerdery in Papegaaiberg Natuurreservaat

AfriForum se Stellenbosch-tak het met kommer kennis geneem van die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit se voorneme om ’n gedeelte van die Papegaaiberg Natuurreservaat af te kamp, te hersoneer en aan diegene te skenk wat tans onwettige boerderyaktiwiteite daarop bedryf. Onwettige boerderyaktiwiteite word al vir etlike jare onwettig in dié reservaat bedryf. AfriForum se Stellenbosch-tak het vandag…

AfriForum bekommerd oor hernuwingsaansoeke vir vuurwapenlisensies tydens staat van inperking
|

AfriForum bekommerd oor hernuwingsaansoeke vir vuurwapenlisensies tydens staat van inperking

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ’n brief aan Bheki Cele, Minister van Polisie, en genl. Khehla Sitole, Nasionale Polisiekommissaris, te rig waarin AfriForum onder meer kommer uitspreek dat vuurwapeneienaars se vermoë om hul vuurwapenlisensies betyds te hernu nou negatief beïnvloed sal word weens die staat van inperking. Die staat van inperking, wat op…

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag beveilig gemeenskap
| |

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag beveilig gemeenskap

Die AfriForum-buurtwag in Krugersdorp het op 23 en 24 Maart 2020 in samewerking met die SAPD en verskeie sekuriteitsmaatskappye twee verdagtes in hegtenis geneem. Dít volg nadat die buurtwag die afgelope week hoësigbaarheidspatrollies in die omgewing uitgevoer het. Tydens hierdie patrollies het die buurtwag inligting oor moontlike inbrake op sy kommunikasiegroepe ontvang, waarna die verdagtes voorgekeer en…

AfriForum se Springs-buurtwag en GPF trek inbreker vas
| |

AfriForum se Springs-buurtwag en GPF trek inbreker vas

’n Lid van AfriForum se Springs-buurtwag het op 24 Maart 2020 in samewerking met die GPF ’n verdagte aangekeer. Morné Greyling, die buurtwaglid, was by een van sy verskaffers in Selection Park toe hy om 08:00 genader en ingelig is dat ’n verdagte op die perseel wegkruip. Daar is vermoed dat die verdagte gesteelde goedere in sy…

Heunis-plaasaanval: Verdagte word skuldig bevind
| |

Heunis-plaasaanval: Verdagte word skuldig bevind

AfriForum verwelkom die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria se besluit op 24 Maart 2020 om Justice Sethlangu skuldig te bevind op die moord van Johan Heunis, die vermoorde man van Mariandra Heunis. AfriForum se Traumaondersteuningseenheid staan Mariandra en haar gesin sedert 2017 by. Sethlangu het Johan op 1 Oktober 2016 op die Heunisse se kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing herhaaldelik –…

AfriForum eis dat diskriminasie teen toerisme-ondernemings geskrap word
| |

AfriForum eis dat diskriminasie teen toerisme-ondernemings geskrap word

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n aanmaningsbrief aan Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme, daarop aangedring dat die voorgestelde bepalings gebaseer op ras, ouderdom, gestremdhede en geslag vir verligting vir ondernemings in die toerismebedryf geskrap word. Dít volg op Kubayi-Ngubane se aankondiging gister tydens ’n mediakonferensie dat aansoeke om finansiële hulp tydens die COVID-19-pandemie…

AfriForum plaas minister op terme oor rassediskriminasie in COVID-19-hulp
|

AfriForum plaas minister op terme oor rassediskriminasie in COVID-19-hulp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sowel die Minister as die Departement van Kleinsakeontwikkeling vanmiddag op terme geplaas om ’n skriftelike onderneming te gee dat ras op geen wyse enige rol sal speel in hulpverlening aan ondernemings wat om verligting weens die Covid-19-pandemie by die regering aansoek doen nie. Minister Khumbudzo Ntshavheni het vandag gesê verligting gaan…

AfriForum se Moot-tak rig tweede noodwaterpunt op vir volhoubare waterprojek
| |

AfriForum se Moot-tak rig tweede noodwaterpunt op vir volhoubare waterprojek

AfriForum se Moot-tak het op 22 Maart 2020 hulle tweede noodwaterpunt by die Innesdale-ontspanningsklub in Rietfontein, Pretoria amptelik bekend gestel. Dié projek het sy ontstaan te danke aan die feit dat die Tshwane-metro meer gereeld waterbeperkings in die omgewing instel en die gemeenskap se toegang tot lopende water inkort. Dus het die tak ’n volhoubaarheidsprojek van stapel…

End of content

End of content