Die regering se hernieude aptyt vir hidrobreking laat ’n slegte smaak
| |

Die regering se hernieude aptyt vir hidrobreking laat ’n slegte smaak

Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs sy aptyt vir skaliegas-eksplorasie en -ontginning in die Karoo hernu met Gwede Mantashe, die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, wat aangekondig het dat grondwerk gedoen is om voort te gaan met die aanlandige ontginning van fossielbrandstowwe in die Karoo. Die regering beplan om binnekort die moratorium op skaliegas op…

AfriForum staan beoogde raskwotas vir watergebruik teen
| |

AfriForum staan beoogde raskwotas vir watergebruik teen

Die burgerregteorganisasie AfriForum en sy regspan is besig om kommentaar saam te stel teen die beoogde veranderings aan waterwetgewing wat 75% swart eienaarskap van ondernemings wat ’n watergebruikslisensie benodig, sal vereis. Dit volg nadat die Departement van Water en Sanitasie (DWS) hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies gepubliseer het. Volgens die konsepregulasies sal aansoeke om die onttrekking…

Klerksdorp-tak tref rioolaanleg in chaos aan ná roof
| |

Klerksdorp-tak tref rioolaanleg in chaos aan ná roof

AfriForum se Klerksdorp-tak het op 25 Mei die dorp se rioolwerke gaan inspekteer ná ’n hofbevel wat die Matlosana-munisipaliteit beveel het om herstelwerk by die rioolwerke te doen. Die taklede het die aanleg in chaos aangetref ná ’n gewapende roof waartydens koperkabels gesteel is. Die nag ná die inspeksie het die booswigte weer toegeslaan en…

Sasolburg-tak hou dorp steeds netjies
| |

Sasolburg-tak hou dorp steeds netjies

AfriForum se Sasolburg-tak het op 27 Mei weer hulle maandelikse mark in die Hoëveldse Tuine gehou waar verskillende kunstenaars die markgangers vermaak het. Daar was bykans 30 stalletjies en die gemeenskap word aangemoedig om hierdie mark by te woon en die uitstallers te ondersteun. Die tak het verder onverpoosd die afgelope maand steeds voortgegaan met…

AfriForum stig buurtwag in Midvaal
| |

AfriForum stig buurtwag in Midvaal

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 31 Mei ’n buurtwag in Midvaal gestig. Hierdie buurtwag vorm deel van AfriForum se Midvaal-tak en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in nood te help. Hennie Dreyer, wat as die leier van dié nuwe buurtwag aangewys is, gryp hierdie geleentheid…

AfriForum neem sterk standpunt in teen vernietigende Onteieningswetsontwerp in mondelinge aanbieding
| |

AfriForum neem sterk standpunt in teen vernietigende Onteieningswetsontwerp in mondelinge aanbieding

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n mondelinge voorlegging wat die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020] sterk teengestaan het voor die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur in Pretoria gelewer. “Onteiening sonder vergoeding is staatsgoedgekeurde diefstal, immoreel en ’n skending van menseregte. Dit is ’n onmenslike beleid wat gemotiveer word deur ’n kombinasie van…

Heilbron-tak maak dorp skoon; skenk rugbyballe aan jong spelers
| |

Heilbron-tak maak dorp skoon; skenk rugbyballe aan jong spelers

Die AfriForum-tak in Heilbron het in Mei ’n kontrakteur aangestel om die dorp op ’n weeklikse basis skoon te maak. ’n Vrywilliger uit die gemeenskap het aangebied om vir die kontrakteur se dienste te betaal waarvoor die tak baie dankbaar is. Hulle het by die ingang vanaf Petrus Steyn in Langmarkstraat begin en die middelman…

Worcester-buurtwag maak verskil gedurende Mei
| |

Worcester-buurtwag maak verskil gedurende Mei

AfriForum se Worcester-buurtwag het op 26 Mei ’n onbekende man gehelp wat sy been gebreek het. Louis Conradie, ’n buurtwaglid, het dié man omstreeks 03:30 op die sypaadjie voor ’n brug by Breërivier Bottelering sien lê. Die man kon niemand kontak nie aangesien sy selfoon se battery pap was. Conradie het dadelik ’n ambulans ontbied…

Oos-Kaap-buurtwagte ontvang vuurwapenopleiding
| |

Oos-Kaap-buurtwagte ontvang vuurwapenopleiding

AfriForum se buurtwagte in die Oos-Kaap het op 20 en 27 Mei verskeie modules in die gebruik van basiese handwapens voltooi. Lede van die Jeffreysbaai-buurtwag, asook lede van die Walker Drive- en Broadwood-buurtwagte in Port Elizabeth het aan die opleiding deelgeneem. Die doel van die opleiding is om die bevoegdheid van AfriForum se patrolleerders deurgaans…

Lydenburg-buurtwag bied vuurwapenopleiding aan
| |

Lydenburg-buurtwag bied vuurwapenopleiding aan

AfriForum se Lydenburg-buurtwag het die afgelope naweek vlak 2-vuurwapenopleiding aan agt buurtwaglede aangebied. Dié opleiding het op praktiese aspekte gefokus sowel as gevorderde skietoefeninge en vuurwapenhantering. Dit volg nadat al hoe meer vuurwapens in die hande van misdadigers beland en buurtwaglede moet weet hoe om in so ’n situasie op te tree. Die doel van…

End of content

End of content