AfriForum se Kroonstad-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap
|

AfriForum se Kroonstad-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap

Die AfriForum-tak in Kroonstad het vandeesweek handreiniger aan verskillende ouetehuise en instansies in dié dorp geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het 250 botteltjies, wat altesaam 103 liter is, aan die verskillende instansies geskenk. Die handreiniger is aan Huis Edelkroon, Soeterus, Arboretum, Huis Eden, die Jeugsorgsentrum…

AfriForum se Bloemfontein-takke skenk handreiniger
|

AfriForum se Bloemfontein-takke skenk handreiniger

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het oor die afgelope twee weke 500 liter handreiniger aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), brandweerdienste, verkeersdepartemente, ’n skool vir outistiese kinders, ’n nasorgsentrum vir gestremde persone en verskeie ouetehuise geskenk om die veiligheid van inwoners en personeel te verseker. AfriForum is oorval met versoeke van verskillende organisasies en die nege AfriForum-takke…

AfriForum se Krugersdorp-tak is deel van die oplossing
|

AfriForum se Krugersdorp-tak is deel van die oplossing

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het met verskeie plaaslike ondernemings en organisasies hande gevat om verligting te bring vir inwoners wat in nood verkeer tydens die staat van inperking. Dié voedselprojek is op 3 April 2020 deur AfriForum se Krugersdorp-tak, ToyotaFanatics, Solidariteit Helpende Hand, Apcan Sekuriteit en die Laerskool Kenmare van stapel gestuur. Sedertdien is ongeveer 500 kg se…

AfriForum versprei handreiniger en gesigmaskers na noordstreek-takke
|

AfriForum versprei handreiniger en gesigmaskers na noordstreek-takke

Handreiniger en maskers is vandag na AfriForum se 53 takke in die noordstreek versprei nadat die organisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. Meer as 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers word tydens dié projek na die verskeie…

AfriForum hét hofstukke ingedien; Toerismeminister verkondig fopnuus
|

AfriForum hét hofstukke ingedien; Toerismeminister verkondig fopnuus

AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek oor die feit dat Mmamoloko Kubayi-Ngubane, Minister van Toerisme, fopnuus verkondig deur valslik aan te voer dat AfriForum nie gister hofstukke ingedien het om haar en haar Departement se gebruik van ras as maatstaf in COVID-19-hulprogramme te beveg nie. AfriForum het wel die regsproses begin en ’n gestempelde kennisgewing van…

AfriForum se Klerksdorp-tak skenk handreiniger en maskers aan Panorama Park Aftreedorp
|

AfriForum se Klerksdorp-tak skenk handreiniger en maskers aan Panorama Park Aftreedorp

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het verlede week handreiniger en maskers vir die Panorama Park Aftreedorp geskenk om die veiligheid van die inwoners en personeel te verseker. ’n Inwoner van dié aftreedorp het die voorraad versoek en die plaaslike AfriForum-tak het besluit om die skenking aan die ongeveer 200 inwoners en 30 verswaktes te maak. Volgens…

AfriForum laat geen steen onaangeroer om buurtwagte tydens inperking te aktiveer
|

AfriForum laat geen steen onaangeroer om buurtwagte tydens inperking te aktiveer

In ’n poging om buurtwagte en ander veiligheidstrukture toe te laat om tydens die staat van inperking aktief te funksioneer, het die burgerregteorganisasie AfriForum ’n brief aan Bheki Cele, die Minister van Polisie, gerig om ’n dringende vergadering met hom te versoek. Die organisasie het ook ’n aanlyn petisie van stapel gestuur om openbare steun…

SAPD antwoord oor vuurwapenlisensiehernuwingsaansoeke tydens staat van inperking
|

SAPD antwoord oor vuurwapenlisensiehernuwingsaansoeke tydens staat van inperking

Die SAPD het in ’n skrywe wat deur brig. Lawrence Nkgweng onderteken is, ontvangs van AfriForum se skrywe van 25 Maart 2020 bevestig. Die burgerregteorganisasie se regspan het hul skrywe aan genl. Bheki Cele, Minister van Polisie, asook genl. Khehla Sithole, Nasionale Polisiekommissaris, gerig. AfriForum se skrywe het onder meer die organisasie se kommer uitgespreek dat die…

AfriForum beteken hofstukke oor Toerismedepartement se rassediskriminasie met COVID-19-hulp
|

AfriForum beteken hofstukke oor Toerismedepartement se rassediskriminasie met COVID-19-hulp

AfriForum het vandag hofstukke beteken vir ’n hersieningsaansoek om die Minister en die Departement van Toerisme te dwing om te verseker dat aansoekers se ras geen rol moet speel in die bystand wat die Departement se COVID-19-hulpfonds aan klein, mikro- en mediumgrootte-ondernemings (KMMO’s) verleen nie. Dié Departement dui tans aan dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB)…

AfriForum se Rustenburg-tak ondersteun bejaardes tydens inperking
|

AfriForum se Rustenburg-tak ondersteun bejaardes tydens inperking

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 11 April 2020 R10 000 se noodsaaklike kruideniersware aan bejaardes van die Kremetartlaan- en Kerkstraat-woonstelblokke geskenk. Ongeveer 300 bejaardes woon in dié woonstelle. Die kruideniersware sluit noodsaaklikhede soos melk, toiletpapier, mieliemeel en blikkieskos in. “Die bejaardes in ons gemeenskap is afhanklik van hul pensioenfondse en hul kinders se ondersteuning. Die nasionale inperking…

End of content

End of content