AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nóg twee skole
|

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nóg twee skole

Die AfriForum-tak in Pietersburg het die geveg teen die verspreiding van COVID-19 voortgesit en nóg twee skole ontsmet. Die Laerskool Pietersburg (Suidskool) is op 14 Mei 2020 met ongeveer 200 liter ontsmettingsmiddel gespuit, terwyl die Laerskool Ivypark op 16 Mei 2020 ook met 200 liter ontsmet is. Die tak gaan ook vandeesweek twee addisionele spuite aankoop om die ontsmettingsprojek te bespoedig….

Taakspan voorsien 10 000 voedsame kitsmaaltye aan Special Olympics SA
|

Taakspan voorsien 10 000 voedsame kitsmaaltye aan Special Olympics SA

Die COVID-19-taakspan wat deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai gestig is, het vandag in samewerking met Laeveld Agrochem 10 000 voedsame Genesis-kitsmaaltye aan Special Olympics South Africa (SOSA) by hul hoofkantoor in Bryanston geskenk. SOSA ondersteun hulpbehoewende gesinne met kinders wat verstandelik gestrem is, en dié maaltye word aan dié gesinne versprei. Die taakspan…

AfriForum se Jeffreysbaai-tak kry nóg ’n aartappelskenking
|

AfriForum se Jeffreysbaai-tak kry nóg ’n aartappelskenking

AfriForum se Jeffreysbaai-tak het met die hulp van hul voorsitter Dries du Preez ’n verdere skenking van 28 ton aartappels van die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang. Soos met die eerste skenking het die tak weer die vervoerkoste betaal. Die nuutste vrag is op 13 Mei 2020 afgelaai. Altesaam 55 ton aartappels is tot dusver geskenk….

AfriForum hof toe oor Dlamini-Zuma se irrasionele kwarantynregulasies
|

AfriForum hof toe oor Dlamini-Zuma se irrasionele kwarantynregulasies

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 15 Mei 2020 ’n dringende aansoek in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, se drakoniese regulasies ongeldig te laat verklaar. Dié regulasies is daarop gemik om almal wat positief toets vir COVID-19 onder verpligte staatskwarantyn te plaas. AfriForum se aansoek berus…

AfriForum mobiliseer publiek se koopkrag om kleinsake te help
|

AfriForum mobiliseer publiek se koopkrag om kleinsake te help

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n veldtog van stapel gestuur om die publiek aan te moedig om klein en mediumgrootte ondernemings in hul plaaslike gemeenskappe wat nie regeringshulp ontvang nie met hul koopkrag te ondersteun. Dié stap volg te midde van die COVID-19-krisis se negatiewe uitwerking op kleinsakeondernemings en die regering se gebruik van ras as…

Toerismeminister verkondig leuens – Konstitusionele Hof het nog nie uitspraak in AfriForum se appèlaansoek gelewer nie
|

Toerismeminister verkondig leuens – Konstitusionele Hof het nog nie uitspraak in AfriForum se appèlaansoek gelewer nie

AfriForum het die toerismeminister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, daarvan beskuldig dat sy leuens en fopnuus verkondig deur in ’n mediaverklaring aan te voer dat die Konstitusionele Hof (KH) AfriForum se aansoek om appèl van die hand gewys het. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, word AfriForum nie as applikant in die uitspraak in die Solidariteit-saak waarna…

Taakspan voed 1 000 gesinne met voedsame kitsmaaltye
|

Taakspan voed 1 000 gesinne met voedsame kitsmaaltye

Die COVID-19-taakspan wat gestig is deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, het nou ook saam met Laeveld Agrochem begin om voedselverspreidingsprojekte van stapel te stuur. Dié taakspan het vandag voedsame Genesis-kitsmaaltye aan meer as 1 000 hulpbehoewende gesinne in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad versprei. Die maaltye word deur…

AfriForum se Frankfort-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap
|

AfriForum se Frankfort-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap

Die AfriForum-tak in Frankfort het gedurende Mei 2020 handreiniger en maskers aan Wilgerus geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het altesaam 30 liter en 40 maskers aan die tehuis geskenk. Die COVID-19-krisis het tehuise vir bejaardes onkant gevang en hulle was nie voorbereid op die toename…

AfriForum sit Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief voort in Swellendam en Hessekwa-streek
|

AfriForum sit Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief voort in Swellendam en Hessekwa-streek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief vroeër in Mei in die Kaapse metropool afgeskop en op 13 Mei na die Suid-Kaap uitgebrei. Nartjies is weer, soos in die Overstrand, aan verskeie ouetehuise en aftreeoorde geskenk. AfriForum is ook besig met hierdie inisiatief in ander provinsies in Suid-Afrika. “Met hierdie inisiatief wil ons mense bewus maak…

AfriForum-takke help gemeenskap met kosskenkings
|

AfriForum-takke help gemeenskap met kosskenkings

AfriForum se Moot- en Oos-Moot-tak het hande met ander organisasies gevat om mense in nood in hul gemeenskap te ondersteun. Die twee takke het onder meer sedert die staat van inperking ingestel is gehelp om kos te voorsien. Die Moot-tak het met befondsing gehelp om in samewerking met die Mattheus 14-omgeeprojek 237 gesinne van kos…

End of content

End of content