AfriForum se Welkom-tak dien strafregtelike klagtes in oor rou riool
| |

AfriForum se Welkom-tak dien strafregtelike klagtes in oor rou riool

Die AfriForum-tak in Welkom het op 21 Mei 2020 strafregtelike klagtes teen Zingisa Tindleni, munisipale bestuurder van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit, ingedien oor rou riool in inwoners se erwe. Inwoners in die Doorns-, Lakeview- en St. Helena-woongebied het AfriForum genader met klagtes nadat die rou riool op sommige plekke die erwe oorspoel het. Die organisasie het sedert…

Aansoek om verlof tot appèl in SEB-noodfondssaak
|

Aansoek om verlof tot appèl in SEB-noodfondssaak

AfriForum en Solidariteit het vandag aansoeke om verlof tot appèl in hul onderskeie sake teen die Departement van Toerisme in die Noord-Gautengse hooggeregshof beteken. Dít volg nadat hierdie departement vroeër bekendgemaak het dat hy noodfondse vir ondernemings in dié bedryf wat deur die COVID-19-krisis geraak word onderhewig aan rassemaatstawwe sal toedeel. Solidariteit voer aan dat…

45% van ondernemings oorweeg afleggings; inperking moet gestaak word om maatskaplike ramp te keer
|

45% van ondernemings oorweeg afleggings; inperking moet gestaak word om maatskaplike ramp te keer

Altesaam 45% van ondernemings oorweeg om hul werkers binne die volgende drie maande af te lê weens die gevolge van die nasionale inperking. Boonop dui 24% aan dat afleggings reeds plaasgevind het. Dít is van die mees opspraakwekkende bevindinge van ’n telefoniese peiling wat die AfriForum Navorsingsinstituut in die laaste week van April en die…

Taakspan versprei 2,5 ton voedsame kitsmaaltye
|

Taakspan versprei 2,5 ton voedsame kitsmaaltye

Die COVID-19-taakspan wat gestig is deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, het nou ook saam met Laeveld Agrochem begin om voedselverspreidingsprojekte van stapel te stuur. Dié taakspan het op 20 Mei 2020 voedsame Genesis-kitsmaaltye aan meer as 200 hulpbehoewende gesinne in Bloemfontein versprei. Dié maaltye word deur Laeveld Agrochem…

SAPD antwoord oor verlenging van amnestie ná druk deur AfriForum
|

SAPD antwoord oor verlenging van amnestie ná druk deur AfriForum

Brig. Lawrence Nkgweng het vroeër vandag geantwoord op AfriForum se skrywe aan Bheki Cele, Minister van Polisie, oor die moontlike verlening van die vuurwapenamnestietydperk . Nkgweng het aangedui dat Cele wel die parlement genader het om die amnestie te verleng deur skrywes – met die nodige dokumentasie – aan die Speaker van die Nasionale Vergadering,…

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie
|

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie

AfriForum se Bethal-tak woeker ten spyte van die COVID-19-pandemie en het gedurende die staat van inperking reeds verskeie projekte voltooi. Meer as 3 ton pampoene is deur die tak ingesamel en na behoeftiges in Bethal, Hendrina en Morgenzon versprei. Die oorskot is na Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in Witbank geneem. Meer as R30 000 se…

AfriForum se Ventersdorp-tak help met verspreiding van kospakkies
|

AfriForum se Ventersdorp-tak help met verspreiding van kospakkies

Die AfriForum-tak in Ventersdorp is fluks besig om voedsel in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Klop (’n plaaslike gemeenskapsprojek) en gemeenskapslede te versprei. 60 gesinne is tot dusver van voedsel voorsien, wat op ongeveer 6 750 maaltye neerkom. Die voedselnood neem geweldig toe en hierdie instansies probeer om waar moontlik voedsel te verskaf. Nagenoeg 1 000 km is…

AfriForum-tak in Potchefstroom ondersteun tehuise tydens COVID-19-pandemie
|

AfriForum-tak in Potchefstroom ondersteun tehuise tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se Potchefstroom-tak het op 19 Mei 2020 100 drielaagmateriaalgesigmaskers by die Ons Hulde-tehuis vir bejaardes afgegee en 25 liter handreiniger by Huis Hebron afgelewer om dié inwoners teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. ’n Gemeenskapslid het die gesigmaskers aan AfriForum geskenk om na goeddunke te gebruik en die tehuis se bestuur het dit entoesiasties ontvang….

AfriForum pols Minister oor verlenging van amnestietydperk
|

AfriForum pols Minister oor verlenging van amnestietydperk

AfriForum se regspan het vandag wéér ’n skrywe aan Bheki Cele, Minister van Polisie, gerig om navraag te doen oor die moontlike verlenging van die vuurwapenamnestietydperk. Dít volg nadat AfriForum ook op 25 en 30 Maart 2020 skrywes aan Cele en genl. Khehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, gerig het waarin die organisasie sy kommer uitgespreek het oor die…

AfriForum eis antwoorde oor behandeling van mense in Emperors Palace-kwarantynfasiliteit
|

AfriForum eis antwoorde oor behandeling van mense in Emperors Palace-kwarantynfasiliteit

AfriForum het vandag’n brief gerig aan Patricia de Lille, Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, waarin dié burgerregteorganisasie antwoorde eis oor inligting wat ontvang is van gerepatrieerde mense wat onder kwarantyn in die Emperors Palace Peermont Metcourt en Mondior Hotel gehou word. AfriForum oorweeg ook regsaksie in die verband as die Minister nie bevredigende antwoorde…

End of content

End of content