AfriForum skenk kospakkies aan mense in nood
|

AfriForum skenk kospakkies aan mense in nood

AfriForum se Overstrand-tak het op 22 Mei 2020 22 kospakkies aan die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak geskenk om gemeenskapslede in nood te help. Dié pakkies bevat niebederfbare kos en skoonmaakmiddels en elke pakkie kan ’n gesin van vier vir ’n maand voed. Dié skenking is moontlik gemaak deur fondse vanuit die Overstrand-tak se taknoodfonds, wat danksy donasies…

AfriForum se Senekal-tak skenk kospakkies aan gesinne in nood
|

AfriForum se Senekal-tak skenk kospakkies aan gesinne in nood

Die AfriForum-tak in Senekal het op 22 Mei 2020 kospakkies aan 18 behoeftige gesinne in dié dorp voorsien. Die tak het met die Woel, werk en wen-organisasie en die Senekal-dienssentrum saamgewerk om die kospakkies te versprei. Die voedselnood neem geweldig toe en dié kospakkies sal verligting bring vir behoeftige gesinne in die dorp, asook aan inwoners wat…

AfriForum sit immuniteitsprojek in Suid-Kaap voort
|

AfriForum sit immuniteitsprojek in Suid-Kaap voort

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy Wes-Kaapse immuniteitsprojek vroeër in Mei in die Kaapse metropool afgeskop en op 21 Mei na die Suid-Kaap uitgebrei. Nartjies is, soos in die Overstrand, aan verskeie ouetehuise en aftree-oorde geskenk. AfriForum is ook besig met dié inisiatief in ander provinsies in Suid-Afrika. “Met dié projek wil ons mense bewus maak…

AfriForum se Marble Hall-tak ontsmet laerskool
|

AfriForum se Marble Hall-tak ontsmet laerskool

Die AfriForum-tak in Marble Hall het Laerskool Marble Hall op 23 Mei 2020 met ongeveer 1 100 liter ontsmettingsmiddel skoongemaak om dié skool op heropening voor te berei. Die tak het die buurtwag en die jeugvleuel ingespan om te help en die skool is met ses rugsakspuite en ’n trekker ontsmet. Dit het die span twee uur geneem…

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes
|

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes

AfriForum se Rustenburg-tak het oor die afgelope 12 maande herstelwerk en instandhouding ter waarde van R120 000 in samewerking met Demar Konstruksie by die munisipale woonstelle vir bejaardes in Kremetartlaan en Kerkstraat verrig. Dié werk behels hoofsaaklik die vervanging van geisers en hoëdrukkleppe, en die herstel van waterpyplekke. “Die instandhouding en herstelwerk van die woonstelle is…

Staat van inperking: Misdaad neem toe; buurt- en plaaswagte veral nóú krities
|

Staat van inperking: Misdaad neem toe; buurt- en plaaswagte veral nóú krities

Die burgerregteorganisasie AfriForum is van mening dat buurt- en plaaswagte nou meer as ooit toegelaat moet word om gemeenskappe te help beveilig. Dít volg ná Bheki Cele, Minister van Polisie, se aankondiging dat misdrywe soos kapings en geweld toegeneem het. Ian Cameron, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid, sê geweldmisdaad begin veral toeneem soos beweging regoor…

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies
|

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies

AfriForum se Tzaneen-tak is tans besig om voedsel in samewerking met Nylstroom se Helpende Hand-tak en ook kerkleiers van die dorp aan ouetehuise en behoeftiges te versprei. Die tak ry gereeld Nylstroom toe om kospakkies te gaan haal en dan vir ouetehuise en behoeftiges in Tzaneen uit te deel. Helpende Hand en die kerkleiers identifiseer…

COVID-19-taakspan en Cradle of Hope werk saam om kos te versprei
|

COVID-19-taakspan en Cradle of Hope werk saam om kos te versprei

Die COVID-19-taakspan het vandag voortgegaan om kos aan mense in nood te voorsien en het kragte met Cradle of Hope, ’n liefdadigheidsorganisasie in Krugersdorp, saamgesnoer om kospakkies aan behoeftige inwoners uit te deel. Die nood in dié gemeenskap is reusagtig en ongeveer 700 mense het opgedaag om ’n kospakkie te ontvang. Volgens die taakspan is…

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings
|

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings

Die AfriForum-tak in Welkom het onlangs verskeie kosskenkings van boere in die omgewing ontvang. Hierdie skenkings is gevolglik aangewend om die nood in plaaslike gemeenskappe te verlig. Die tak het 1 ton mieliemeel, 1 ton suikerbone, 1 ton aartappels, 500 kg witbone, soppoeier en sojaprodukte in ontvangs geneem. Die skenkings is versprei met behulp van verskeie gemeenskapsprojekte wat in…

AfriForum en Princess Gabo Foundation bemagtig Tswana-gemeenskap om COVID-19 te bekamp
|

AfriForum en Princess Gabo Foundation bemagtig Tswana-gemeenskap om COVID-19 te bekamp

AfriForum en die Princess Gabo Foundation bemagtig die Tswana-gemeenskap om COVID-19 te bekamp deur instruksies vir die maak van tuisgemaakte wasbare maskers in Setswana op te stel en onder gemeenskapslede te versprei. Die instruksies sal versprei word en die maskermakery sal gekoördineer word met hulp van plaaslike tradisionele leierskapstrukture en ander gemeenskapsinstellings. Twee stelle instruksies…

End of content

End of content