AfriForum se Bloemhof-tak bring verligting vir behoeftiges
|

AfriForum se Bloemhof-tak bring verligting vir behoeftiges

Die AfriForum-tak in Bloemhof se wintersopprojek is op 26 Mei 2020 van stapel gestuur. Altesaam 50 etes is reeds aan behoeftiges uitgedeel. Elke gesin het ook ’n kombers ontvang. Die tak se bestuurslede het elke persoon se temperatuur geneem voor hulle geëet het. Jan Chef, ’n bekende uit die gemeenskap, het drie groot potte sop gekook en…

AfriForum dring aan op bekendmaking van COVID-19-inligting
|

AfriForum dring aan op bekendmaking van COVID-19-inligting

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n skrywe aan dr. Zweli Mkhize, Minister van Gesondheid, gerig om aan te dring op die bekendmaking van COVID-19-inligting, onder meer die protokol wat gevolg word om ’n sterfte as ’n COVID-19-sterfgeval te rapporteer. Dít volg omdat beperkte inligting oor die verloop van COVID-19 steeds bekend gemaak word, ten spyte…

AfriForum spring self in om rioolprobleem in Welkom op te los
| |

AfriForum spring self in om rioolprobleem in Welkom op te los

Die AfriForum-tak in Welkom het op 25 Mei 2020 ’n kontrakteur aangestel om van die mangate in die Lakeview-woonbuurt in Welkom skoon te maak. Dít volg nadat inwoners van die Doorns-, Lakeview- en St. Helena-woongebied AfriForum genader het met klagtes oor rou riool wat op sommige plekke hul erwe oorspoel. Die organisasie het sedert Augustus 2019 reeds verskeie…

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nog skole
|

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nog skole

AfriForum se Pietersburg-tak het op 23 Mei 2020 die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolterrein, werkwinkel en koshuis met ongeveer 400 liter ontsmettingsmiddel ontsmet. Dié tak het ook op 21 Mei 2020 Laerskool Pietersburg en Laerskool Pietersburg-Noord se terreine, klaskamers, badkamers en koshuise ontsmet. Verskeie skole in Pietersburg en Potgietersrus is reeds ontsmet en die tak gaan voortgaan…

AfriForum se Orkney-buurtwag styg bo omstandighede uit
|

AfriForum se Orkney-buurtwag styg bo omstandighede uit

Die AfriForum-buurtwag in Orkney is sedert die inperking onverpoosd besig om kospakkies saam te stel en uit te deel, veral aan gesinne wat hul werk weens COVID-19 kwyt is. Ongeveer 58 gesinne word reeds só ondersteun. Slegs die grootste nood word nou verlig omdat daar eenvoudig nie genoeg voorraad vir almal beskikbaar is nie. Al…

AfriForum gaan voort met stappe vir gladder repatriasieprosesse
|

AfriForum gaan voort met stappe vir gladder repatriasieprosesse

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan voort met stappe, insluitend regsaksie, om te verseker dat Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland gestrand is of tans in kwarantyn is nadat hulle uit die buiteland na Suid-Afrika teruggekeer het, minder spanning deurmaak. Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, het sy en Sue-Ann de Wet, bestuurder van Suid-Afrikaanse…

AfriForum se Springbok-tak help gemeenskap tydens COVID-19-pandemie
|

AfriForum se Springbok-tak help gemeenskap tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se Springbok-tak het in die week van 18 Mei 2020 twee maande se vitamienaanvullers aan die Namakwaland-ouetehuis geskenk. Dit volg nadat AfriForum in ander dele van die land sitrus- en ander vars produkte met ’n hoë vitamien C-waarde aan die inwoners van verskeie ouetehuise en aftreeoorde geskenk het om die inwoners se immuunstelsels ’n hupstoot…

AfriForum se Klerksdorp-tak en gemeenskap staan saam
|

AfriForum se Klerksdorp-tak en gemeenskap staan saam

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het R40 000 aan ’n plaaslike verspreidingsgroep geskenk vir die aankoop en verspreiding van nagenoeg 135 kospakkies. Die voedselpakkies bestaan uit noodsaaklike items soos mieliemeel, blikkieskos, tee, suiker, kookolie en toiletpapier. Babakos en -klere word ook voorsien waar nodig. Verskeie gemeenskapsorganisasies, kerke, ondernemings en buurtwaglede is sedert die aanvang van die staat…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Projek skop af om honderde skole gereed te maak vir heropening
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Projek skop af om honderde skole gereed te maak vir heropening

Die burgerregteorganisasie AfriForum skop vandag sy #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek af om skole te help om gereed te maak vir heropening. AfriForum se gemeenskapstrukture en AfriForum Jeug het honderde sanitasiehulppakkette na skole regoor die land versprei, terwyl AfriForum se takke ook vandeesweek in alle erns begin om skole met reinigingsmiddel te ontsmet. Die nood vir die…

AfriForum: Cele moet Mbalula met dieselfde ywer ondersoek waarmee hy publiek tydens inperking vervolg
| |

AfriForum: Cele moet Mbalula met dieselfde ywer ondersoek waarmee hy publiek tydens inperking vervolg

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag in ’n brief aan Bheki Cele, Minister van Polisie, daarop aangedring dat die burgerregteorganisasie se klag teen Fikile Mbalula, Minister van Vervoer, met dieselfde toewyding ondersoek word as waarmee die polisie 230 000 mense gearresteer het vir die sogenaamde oortreding van inperkingsregulasies. Dit volg nadat AfriForum in Augustus 2019 strafregtelike klagtes…

End of content

End of content