AfriForum eis antwoorde by owerhede oor repatriasie-chaos op grense
|

AfriForum eis antwoorde by owerhede oor repatriasie-chaos op grense

AfriForum eis antwoorde by al die betrokke staatsdepartemente, insluitend die Departement van Binnelandse Sake en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO), oor die verwarring wat tans heers met betrekking tot die terugkeer van Suid-Afrikaners uit buurlande. Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is honderde mense sedert die COVID-19-inperkingsmaatreëls vanjaar wêreldwyd in…

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie
|

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se takke in die Hoogland-distrik het die afgelope maand meer as 9 ton voedsel aan verskeie gesinne uitgedeel. Dié aksie is in samewerking met kerke en verskeie ander organisasies aangepak om gemeenskappe tydens die staat van inperking te ondersteun. Groot nood het in gemeenskappe ontstaan nadat sommige mense nie tydens die inperking salarisse ontvang…

AfriForum se Brits-tak verskaf skolehulppakkette
|

AfriForum se Brits-tak verskaf skolehulppakkette

Die AfriForum-tak in Brits het skolehulppakkette aan vier skole in die Brits-omgewing voorsien as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Laerskool De Kroon, Hoërskool Brits, Laerskool Sonop, asook Laerskool Pansdrif het dié pakkette ontvang om hulle te help om gereed te wees om te heropen….

AfriForum se Wolmaransstad-tak en Helpende Hand dra by tot voedselverspreiding
|

AfriForum se Wolmaransstad-tak en Helpende Hand dra by tot voedselverspreiding

Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand voedselpakke aan kerke in dié dorp se voedselverspreidingsprogram geskenk. Dit het bestaan uit ses groot pakke met ’n verskeidenheid kos en grootmaat mieliemeel, stampmielies, koekmeel en rys. Die kerke sal hierdie skenking nou in kleiner pakkies verdeel sodat meer mense kos kan kry. Die…

AfriForum sal skole met regsadvies bystaan oor COVID-19-skoolbrigades
|

AfriForum sal skole met regsadvies bystaan oor COVID-19-skoolbrigades

AfriForum is steeds bekommerd oor die voortgesette plan van die Gautengse Departement van Onderwys, waarin dié departement werklose jongmense – tussen die ouderdom van 18 en 35 – as lede van COVID-19-brigades by skole in Gauteng wil ontplooi. Volgens ’n mediakonferensie wat die departement vandag gehou het, gaan die brigades ’n verskeidenheid pligte by skole…

COVID-19-taakspan staan hulpbehoewende kinders en diereskuilings by
|

COVID-19-taakspan staan hulpbehoewende kinders en diereskuilings by

Die COVID-19-taakspan – gestig deur die burgerregteorganisasie AfriForum, die familieboernetwerk Saai en Solidariteit Helpende Hand – het vandag in samewerking met Laeveld Agrochem en die Mark Fish Foundation skenkings by die Sonstraaltjie-kleuterskool in Brits, asook 2 ton hondekos wat deur Top Tail en Enerpets geskenk is by verskeie diereskuilings in Gauteng afgelewer. Die taakspan het bokse…

AfriForum se Welkom-tak versprei ’n verdere 5,5 ton voedsel
|

AfriForum se Welkom-tak versprei ’n verdere 5,5 ton voedsel

Die AfriForum-tak in Welkom het op 27 en 28 Mei 2020 nóg ’n voedselskenking van 5,5 ton aan gemeenskappe in nood versprei. Verskeie boere van die omgewing het die skenking, wat mieliemeel, spinasie, aartappels en koolkoppe insluit, moontlik gemaak. Die voedselskenkings is na verskeie gemeenskapsprojekte versprei wat voedsel aan behoeftige gesinne in Welkom en omliggende dorpe voorsien. Die…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Skolehulppakkette bied verligting aan skole landwyd
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Skolehulppakkette bied verligting aan skole landwyd

Die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum se gemeenskapstrukture en AfriForum Jeug van stapel gestuur is, het honderde hulppakkette aan skole landwyd gestuur. Die doel van hierdie pakkette is om skole by te staan wat op 1 Junie 2020 gereed moet wees om gr. 7- en gr. 12-leerders te ontvang. Die skolehulppakket bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir…

Minister moet irrasionele risikovlak-3-regulasies herroep
|

Minister moet irrasionele risikovlak-3-regulasies herroep

AfriForum doen ’n beroep op dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, om die irrasionele regulasies te herroep wat vir risikovlak-3 bekend gemaak is. Die Tshwane Metro en Ekurhuleni Metro is byvoorbeeld as sogenaamde brandpunte verklaar terwyl Tshwane tans 3,7 en Ekurhuleni 4,5 aktiewe COVID-19-gevalle per 100 000 mense het. Dít terwyl dr….

Rookverbod: AfriForum beteken prokureursbrief op Dlamini-Zuma
|

Rookverbod: AfriForum beteken prokureursbrief op Dlamini-Zuma

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n prokureursbrief laat beteken op die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, waarin die Minister in kennis gestel word dat die organisasie verdere regstappe sal doen indien die rookverbod nie opgehef word nie. Dié verbod verwys na die verkoop van tabakprodukte wat tans onwettig is. Die…

End of content

End of content