Springs-tak maak grusame vonds
| |

Springs-tak maak grusame vonds

AfriForum se Springs-tak en gemeenskap het op 9 Junie op ’n grusame vonds afgekom. Karkasse van diere is onwettig in ’n veld naby Daggafontein gestort. Ná verdere ondersoek is dokumente gevind wat aandui dat dié karkasse vanaf die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Springs afkomstig is. Die Springs-DBV is gekontak en hulle het bevestig dat die Ekurhuleni…

AfriForum stig tak in Kannaland
| |

AfriForum stig tak in Kannaland

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op Woensdag 7 Junie na ’n vergadering in Ladismith ’n splinternuwe tak gestig, die Kannaland-tak. Dit volg nadat daar uit verskillende oorde navraag van AfriForum-lede vir ’n tak in die area was. Die nuutverkose bestuur vir dié tak is: Carel Buckle (voorsitter), Phillip Pretorius (ondervoorsitter), Johanita Nel (sekretaris), Anita Basson (tesourier),…

AfriForum besoek Laerskool Villieria met die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie en entrepreneursopleiding
| |

AfriForum besoek Laerskool Villieria met die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie en entrepreneursopleiding

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 6 Junie Laerskool Villieria besoek om dié Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie bekend te stel sowel as om  leierskapsontwikkeling en entrepreneursopleiding aan te bied. AfriForum het reeds in 2019 die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie met groot sukses van stapel gestuur. Hierdie kompetisie is intussen uitgebrei deur voorsiening te maak vir hoërskoolleerders met ’n passie en…

Regering spandeer R22 miljoen aan standbeelde terwyl strande toe is weens riool
| |

Regering spandeer R22 miljoen aan standbeelde terwyl strande toe is weens riool

Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit in KwaZulu-Natal het nagenoeg R22 miljoen spandeer om twee standbeelde op te rig terwyl strande steeds gesluit is omdat swak instandhouding van die infrastruktuur gelei het tot hoë vlakke E.coli in die water. Dié standbeelde van Oliver Tambo en oud president  Nelson Mandela is in 2017 by China aangekoop. Dit terwyl…

Potchefstroom-tak toets vir cholera
| |

Potchefstroom-tak toets vir cholera

AfriForum se Potchefstroom-tak het op 8 Junie watermonsters geneem om vas te stel of daar nie cholera teenwoordig is in die spruite en riviere van die dorp nie. Daar is op drie verskillende plekke monsters geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word. Dié areas sluit in: Bothastraat – waar ontdek is dat daar…

Rustenburg-tak bou voort op suksesvolle skoonmaakprojek
| |

Rustenburg-tak bou voort op suksesvolle skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het gedurende Mei nog ’n suksesvolle skoonmaakprojek voltooi. Meer as 1,9 hektaar se gras is gesny, die areas waarop gefokus is, sluit Bult-, Kerk-, en Krugerstraat in. Hierdie projek vorm deel van dié tak se volhoubaarheidsprojek wat regdeur die jaar verskillende areas skoon- en netjies maak. “Dié tak is toegewyd daaraan…

Parys-tak gaan voort om slaggate op te vul
| |

Parys-tak gaan voort om slaggate op te vul

AfriForum se Parys-tak het op 3 Junie voortgegaan om slaggate op te vul as deel van die Ngwathe Gemeenskapsforum se projek om die dorp weer reg te ruk. Dié tak het 90 sakkies teer gebruik en ongeveer 60 slaggate opgevul. Strate waarop gefokus is, is die hoek van Paulsen- en Allemandstraat, die hoek van Lukwart-…

Fochville-tak maak areas om substasies skoon
| |

Fochville-tak maak areas om substasies skoon

AfriForum se Fochville-tak het op 2 en 3 Junie saam met die Fochville-gemeenskap en die Fochville-gemeenskapsforum die areas rondom Fochville se hoofsubstasie skoongemaak as deel van ’n beveiligingsaksie. Dit volg nadat die dorp vir die afgelope drie weke onder ’n elektrisiteitskrisis gebuk gaan. Een substasie het ontplof en drie ander is gevandaliseer. Misdadigers het in…

Swellendam-tak kies nuwe bestuur
| |

Swellendam-tak kies nuwe bestuur

AfriForum se tak in Swellendam het op 5 Junie ’n takvergadering gehou om ’n nuwe bestuur te verkies. Die nuwe bestuurslede is: Wally Walters (voorsitter), JJ Heath (ondervoorsitter), Henk Badenhorst (tesourier), Estelle Walters (sekretaris), Hans Theron (gemeenskapsveiligheid), André Kruger (plaaslikeregeringsake), Jill Reynecke (omgewingsake), Danny du Toit (jeug), Elna Theunissen (bemarking en werwing). “Ons bedank die…

End of content

End of content