AfriForum se Randfontein-tak beveilig mangate
| |

AfriForum se Randfontein-tak beveilig mangate

Die AfriForum-tak in Randfontein het op 16 Junie 2020 ses mangate met betonblokke toegemaak nadat verskeie mangatdeksels gesteel is. Die tak het nou reeds nege gate toegemaak en talle ander sal in die komende dae bedek word. Die oop gate hou verskeie veiligheidsrisiko’s in, veral vir gemeenskapslede wat daagliks langs die oop gate loop en kinders wat…

Noordwes se vullisterreine in haglike toestand
| |

Noordwes se vullisterreine in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Slegs 2 van die 21 vullisterreine wat in Noordwes geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59…

AfriForum se Frankfort-tak skenk handreiniger aan skole
|

AfriForum se Frankfort-tak skenk handreiniger aan skole

Die AfriForum-tak in Frankfort het handreiniger aan die Hoërskool Wilgerivier en verskeie kleuterskole in dié dorp geskenk om die veiligheid van sowel die leerders as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het meer as 100 liter handreiniger aan die skole geskenk. Die COVID-19-krisis het almal onkant gevang en skole het nie vir hierdie…

Ellisras-tak verskaf hulppakkette aan skole
|

Ellisras-tak verskaf hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Ellisras het skolehulppakkette aan verskeie skole in dié dorp verskaf as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skole wat hulppakkette ontvang het is Hardekool Akademie en Marlothii Learning Academy. Die skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Bronkhorstspruit- en Pretoria-Wes-tak voorsien hulppakkette aan skole
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Bronkhorstspruit- en Pretoria-Wes-tak voorsien hulppakkette aan skole

AfriForum se Bronkhorstspruit- en Pretoria-Wes-tak het ses hulppakkette aan skole versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die volgende skole het pakkette ontvang: Hoërskool Erasmus, Laerskool Du Preez van Wyk, Nooitgedacht…

AfriForum se Rustenburg-tak verskaf skolehulppakkette
|

AfriForum se Rustenburg-tak verskaf skolehulppakkette

Die AfriForum-tak in Rustenburg het skolehulppakkette aan ses skole in Rustenburg voorsien as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die Hoërskool Rustenburg, Laerskool Vastrap, CVO Platinum, Laerskool Rustenburg, Laerskool David Brink en Laerskool Proteapark het dié pakkette ontvang om hulle te help om gereed te…

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes van Kaap Agulhas
|

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes van Kaap Agulhas

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief op 10 en 11 Junie 2020 na Kaap Agulhas uitgebrei deur nartjies aan verskeie ouetehuise en aftreeoorde te skenk. Dít volg nadat die organisasie hierdie inisiatief in Mei in die Kaapse Metropool van stapel gestuur het. Daar is veral gefokus op ouetehuise, afreeoorde, asook ander sentrums en instansies in Napier…

AfriForum maak verslag oor die wetlike interpretasie van gelykheid bekend
|

AfriForum maak verslag oor die wetlike interpretasie van gelykheid bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n verslag bekend gemaak oor die wetlike status van gelykheid in Suid-Afrika, asook oor of die land ooit objektief as “getransformeerd” beskou sal kan word. Die verslag is gebaseer op onlangse hofsake oor die hof se toepassing van die gelykheidsbeginsel in die Grondwet. Baie van die sake in die verslag…

Phalaborwa-tak skenk hulppakkette aan skole
|

Phalaborwa-tak skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Phalaborwa het skolehulppakkette aan verskeie skole in dié dorp geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skole wat hulppakkette ontvang het is Fauna Park Primary School, Frans du Toit High School, Meridian College en die Rooiskool. Die skolehulppakkette bestaan uit…

AfriForum se Vaaldriehoek-takke voorsien skolehulppakkette aan skole
|

AfriForum se Vaaldriehoek-takke voorsien skolehulppakkette aan skole

Die AfriForum-takke in die Vaaldriehoek het 19 skolehulppakkette aan skole in die area versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500. Skole in Vanderbijlpark, Vereeniging…

End of content

End of content