AfriForum en Opinor stel verslag bekend oor China se toenemende invloed in Afrika
|

AfriForum en Opinor stel verslag bekend oor China se toenemende invloed in Afrika

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die ideesentrum Opinor het vandag ’n verslag oor China se toenemende invloed op die Afrika-vasteland bekendgestel. Die verslag dui aan dat China se betrokkenheid by Afrika negatiewe gevolge vir die vasteland, sy gemeenskappe en die omgewing het. Dit sluit skade aan die omgewing, asook antidemokratiese praktyke, ’n gebrek aan deursigtigheid en…

AfriForum se Overstrand-tak bedank geliefde skoolhoof
| |

AfriForum se Overstrand-tak bedank geliefde skoolhoof

AfriForum se Overstrand-tak het op 17 Junie 2020 ’n boekoorhandiging gehou waartydens ’n afskeidsgeskenk aan Hoërskool Hermanus se skoolhoof, Greg Hassenkamp, gegee is. Hy verlaat die skool nadat hy ’n pos by Pretoria Boys High School aanvaar het. “Mnr. Hassenkamp het ’n besondere rol in die gemeenskap gespeel en was altyd bereid om saam met AfriForum te…

Gauteng-vullisterreine in aanvaarbare toestand
| |

Gauteng-vullisterreine in aanvaarbare toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. 11 van die 16 vullisterreine wat in Gauteng geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van…

AfriForum verkry bevel teen grondgrypers
|

AfriForum verkry bevel teen grondgrypers

AfriForum het vandag ’n bevel in die Noord-Gautengse Hoë Hof in Pretoria verkry om die beleërde gemeenskap van Elandsfontein in die suide van Johannesburg te ondersteun in die verwydering van grondgrypers wat op arbitrêre wyse privaat eiendom aan hulself toegeëien en strukture begin oprig het. Dit volg nadat dié gemeenskap se pleidooie om hulp aan…

Ballito-voorval: Munisipaliteit weier inligting vir AfriForum-ondersoek
|

Ballito-voorval: Munisipaliteit weier inligting vir AfriForum-ondersoek

AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel verteenwoordig tans inwoners van Ballito wat onder munisipale vredesbeamptes van die KwaDukuza Munisipaliteit se onbillike en arbitrêre optrede deurgeloop het. AfriForum het reeds in Mei versoek dat dié munisipaliteit die ondersoekverslag van die interne ondersoek na die beamptes se optrede (wat bevind het dat hulle niks…

Vullisterreine in die Oos-Kaap in haglike toestand
| |

Vullisterreine in die Oos-Kaap in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Slegs een van ses vullisterreine wat in die Oos-Kaap geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59…

AfriForum lê klag van aanhitsing teen PAC
| |

AfriForum lê klag van aanhitsing teen PAC

AfriForum het vandag ’n strafregtelike klag van aanhitsing tot geweld teen die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) by die Lyttelton-polisiestasie aanhangig gemaak ingevolge Artikel 18 van die Wet op Oproerige Byeenkomste 17 van 1956. Dit volg op die PAC se verspreiding van promosiemateriaal vir ’n openbare uitstalling wat die frases “One Settler, One Bullet”…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Wes-Rand-takke voorsien hulppakkette aan skole
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Wes-Rand-takke voorsien hulppakkette aan skole

AfriForum se Wes-Rand-takke het 36 hulppakkette aan skole in die area versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die pakkette is aan skole in Carletonville, Fochville, Heidelberg, Johannesburg, Krugersdorp, Midrand, Randburg,…

AfriForum gee regspan opdrag om teen Eskom op te tree
| |

AfriForum gee regspan opdrag om teen Eskom op te tree

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om teen Eskom op te tree omdat die kragreus beplan om die elektrisiteitstoevoer na die Brits-omgewing vanaf 3 Julie 2020 te sny. Dít volg nadat Eskom op AfriForum se skrywe gereageer het waarin die kragvoorsiener aanvoer dat hulle die reg voorbehou om elektrisiteit te sny. Eskom het ook in…

Wes-Kaap-vullisterreine in haglike toestand
| |

Wes-Kaap-vullisterreine in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Slegs 8 van die 19 vullisterreine wat in die Wes-Kaap geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no….

End of content

End of content