Sukses: AfriForum help gemeenskap om onwettige grondgrypers te verwyder
|

Sukses: AfriForum help gemeenskap om onwettige grondgrypers te verwyder

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Elandsfontein-gemeenskap, suid van Johannesburg, bygestaan om meer as 500 grondgrypers te help verwyder wat begin het om onwettig stukke grond te beset, honderde stukke grond af te merk en strukture op te rig. Die grondgrypers en die onwettige strukture wat hulle opgerig het, is verwyder. Dit kom nadat AfriForum verlede…

Gauteng se aanlyn aansoekproses vir 2021-skooljaar veroorsaak weer probleme
| |

Gauteng se aanlyn aansoekproses vir 2021-skooljaar veroorsaak weer probleme

Die burgerregtewaghond AfriForum het vroeg vanoggend – kort nadat Gauteng se aanlyn aansoekproses vir voornemende graad 1- en graad 8-leerders sou open – reeds klagtes van ouers ontvang wat nie op die stelsel kon registreer om aansoek te doen by die skool van hul keuse nie. Dit is die soveelste jaar wat die Departement van…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Wolmaransstad-tak verskaf hulppakket
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Wolmaransstad-tak verskaf hulppakket

AfriForum se Wolmaransstad-tak het ’n hulppakket aan die Gereformeerde Skool in dié dorp geskenk as deel van die AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die hulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. “Die Wolmaransstad-tak is dankbaar om hierdie skool te kon bystaan om…

AfriForum stuur veldtog teen TMPD se magsmisbruike van stapel
| |

AfriForum stuur veldtog teen TMPD se magsmisbruike van stapel

AfriForum het vandag ’n omvattende veldtog teen die beweerde wangedrag en magsvergrype van sekere lede van Tshwane se metropolisiedepartement (TMPD) aangekondig. Dié burgerregteorganisasie staan tans ook twee slagoffers van beweerde magsmisbruike deur die TMPD by. “Kymie du Toit en prof. André Thomashausen het onder beweerde wangedrag van sekere TMPD-lede deurgeloop en niemand is nog verantwoordbaar…

Aliwal-Noord-tak skenk hulppakkette aan skole
| |

Aliwal-Noord-tak skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Aliwal-Noord het skolehulppakkette aan Holy Cross Primary en Flamingo Primêr verskaf as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500. “Hierdie projek…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Meer as R300 000 se hulp aan Mpumalanga-skole verskaf
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Meer as R300 000 se hulp aan Mpumalanga-skole verskaf

AfriForum se Mpumalanga-takke het skole in dié provinsie op verskeie maniere bygestaan om hulle te help om gereed te wees om volgens die streng regulasies te heropen. Dié inisiatief, wat hulpmiddele ter waarde van meer as R300 000 aan skole versprei het, vorm deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug…

AfriForum se Prieska-tak skenk hulppakket aan Hoërskool Prieska
|

AfriForum se Prieska-tak skenk hulppakket aan Hoërskool Prieska

Die AfriForum-tak in Prieska het ’n COVID-19-hulppakket aan Hoërskool Prieska verskaf as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Dié skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500. Renier de Beer, omgewingsakevoorsitter van AfriForum…

AfriForum-buurtwag en SAPD trek vermeende motordiewe in Hermanus vas
| |

AfriForum-buurtwag en SAPD trek vermeende motordiewe in Hermanus vas

AfriForum se Alfa-buurtwag het die SAPD in Hermanus op 22 Junie 2020 gehelp om ’n gesteelde voertuig terug te kry en vyf verdagtes vas te trek nadat ’n lid van dié buurtwag wat patrollie gery het, ’n verdagte Isuzu-bakkie gewaar het. Die lid het die bakkie agtervolg en ondertussen met die SAPD in verbinding getree. Die SAPD…

Noord-Kaap-vullisterreine in haglike toestand
| |

Noord-Kaap-vullisterreine in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Nie een van die Noord-Kaapse vullisterreine wat geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen nie. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet…

Mpumalanga-vullisterreine in haglike toestand
| |

Mpumalanga-vullisterreine in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Geen Mpumalanga-vullisterrein wat geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen nie. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008), moet ’n…

End of content

End of content