AfriForum-tak maak ’n verskil in Stilfontein en Orkney
|

AfriForum-tak maak ’n verskil in Stilfontein en Orkney

Die AfriForum-tak in Stilfontein – wat Orkney insluit – werk onverpoosd om ’n verskil in dié dorpe te maak. Dít geskied te midde van die COVID-19-pandemie, myne wat sluit en tot werkloosheid lei, en die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit se onvermoë om dié dorpe behoorlik te bestuur. Elke dorp het ’n baie aktiewe WhatsApp-groep waarop inwoners…

Bothaville-tak verskaf hulppakkette aan ses skole
| |

Bothaville-tak verskaf hulppakkette aan ses skole

AfriForum se Bothaville-tak het hulppakkette aan ses skole in die dorp en omgewing geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die skole wat pakkette ontvang het, is Hoërskool Bothaville, Eben Dönges…

Thabazimbi-Suid-tak versprei kospakkies
|

Thabazimbi-Suid-tak versprei kospakkies

AfriForum se Thabazimbi-Suid-tak het verlede week gehelp om kospakkies aan behoeftiges in die omgewing van Kromdraai, Leeupoort, Koedoeskop en Rooiberg te versprei. Die inhoud van die kospakkies word onder andere deur boere in die Thabazimbi-Suid-omgewing geskenk. “Mense kry tans baie swaar. Dis belangrik dat gemeenskappe mekaar in tye van nood ondersteun en ophef. AfriForum is…

AfriForum verwyder vullis ná munisipaliteit staak
| |

AfriForum verwyder vullis ná munisipaliteit staak

Die AfriForum-tak in Bethal het dié dorp se sentrale sakekern op 30 Junie 2020 skoongemaak en vullis verwyder nadat werknemers van die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit gestaak het omdat hulle nie oor die nodige beskermende drag beskik nie. Die tak het in samewerking met NJP Transport en Ka-Ka Lai, ’n plaaslike vullisverwyderingsonderneming, besluit om in te gryp…

AfriForum se Vryburg-tak bestee meer as R120 000 aan slaggate
| |

AfriForum se Vryburg-tak bestee meer as R120 000 aan slaggate

Die AfriForum-tak in Vryburg het hul suksesvolle slaggatprojek in dié dorp voortgesit nadat die tak sedert vlak 3-regulasies weer met gewone takprojekte kon begin voortgaan. Die tak het reeds meer as R120 000 aan die slaggatprojek bestee en die span, onder leiding van Pieter Watt, is gereeld gedurende die week in die strate van Vryburg doenig….

Taklede trotseer inperking, koue om slaggate te herstel
| |

Taklede trotseer inperking, koue om slaggate te herstel

Dirk Venter, Christo van der Walt en Barry Jacobs, lede van die AfriForum-tak in Potchefstroom, trotseer weekliks tussen 06:00 en 09:00 die koue wintersoggende om slaggate in dié dorp te herstel. Ondanks die nasionale inperking wat herstelwerk bemoeilik (en Venter wat boonop ’n hartoperasie moes ondergaan) het die tak vanjaar reeds 575 slaggate herstel –…

Marble Hall-tak verskaf skolehulppakket aan kleuterskool
| |

Marble Hall-tak verskaf skolehulppakket aan kleuterskool

Die AfriForum-tak in Marble Hall het ’n skolehulppakket ter waarde van R6500 aan die Noem Noempie-kleuterskool geskenk. Dit vorm deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met Afriforum Jeug van stapel gestuur is. Die pakkette bevat klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. AfriForum het landwyd reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8000…

AfriForum-buurtwag trek verdagtes in Potgietersrus vas
| |

AfriForum-buurtwag trek verdagtes in Potgietersrus vas

Die AfriForum-buurtwag in Potgietersrus het op 28 Junie 2020 vier verdagtes vasgetrek nadat die buurtwag inligting ontvang het dat ’n gesteelde voertuig van Rustenburg na Potgietersrus onderweg is. Dié buurtwag, wat vroeg in Junie ’n AfriForum-buurtwag geword, het vinnig opgetree en die voertuig op die N1 voorgekeer. Vier verdagtes is gearresteer en die polisie is ontbied. Dié…

AfriForum stig buurtwag in Malalane 
| |

AfriForum stig buurtwag in Malalane 

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 1 Julie 2020 ’n buurtwag in Malalane op die been gebring nadat gemeenskapslede die organisasie genader het om ’n buurtwag te stig. Die buurtwag gaan saam met plaaslike veiligheidsinstansies en die polisie werk om misdaad in dié dorp te bekamp. Lede wat by die buurtwag aansluit, geniet verskeie voordele, soos regsondersteuning vir…

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen maatskappy met beweerde EFF-bande in oor Tshwane-brandstoftender
| |

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen maatskappy met beweerde EFF-bande in oor Tshwane-brandstoftender

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes van tenderbedrog en korrupsie by die Lyttelton-polisiestasie ingedien teen Hendrick Kganyago, direkteur van Balimi Barui Trading (BBT), en Stanley Kganyago, ’n familielid van Hendrick Kganyago en ook ’n lid van die bodspesifikasiekomitee wat gestig is vir die toekenning van ’n brandstoftender deur die Tshwane Metroraad. Dit volg nadat die Noord-Gautengse…

End of content

End of content