AfriForum se Phalaborwa-tak skenk voedsel en skolehulppakket
|

AfriForum se Phalaborwa-tak skenk voedsel en skolehulppakket

Die AfriForum-tak in Phalaborwa het die gemeenskap tydens die COVID-19-pandemie reeds op verskeie maniere ondersteun en het die afgelope tyd sowel kospakkies as skolehulppakkette geskenk. Die tak het op 5 Julie 2020 300 kospakkies aan behoeftige gesinne geskenk. Die tak het besef daar is ’n groot voedselnood in die gemeenskap en het kospakkies by die plaaslike Pick n Pay…

AfriForum stig buurtwag in Ermelo
| |

AfriForum stig buurtwag in Ermelo

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 1 Julie 2020 ’n nuwe buurtwag in Ermelo gestig. Die buurtwagbestuur bestaan uit Heinrich Jansen van Rensburg (voorsitter) en Frikkie du Plessis (koördineerder). Ander AfriForum-buurtwagte in die nabye omgewing sluit die Standerton-buurtwag, wat al verskeie suksesse behaal het, in. “Dié buurtwag vorm deel van ons takstruktuur en het ten doel om die…

AfriForum se Standerton-tak spring in om vullis te verwyder
| |

AfriForum se Standerton-tak spring in om vullis te verwyder

AfriForum se Standerton-tak het op 4 Julie 2020 ’n vullisverwyderingsprojek van stapel gestuur nadat munisipale werkers nie vullis verwyder het nie. Die tak het sewe vragte vullis (8 ton per vrag) na die vullisterrein weggery. “Dit is indrukwekkend om te sien hoe die Standerton-gemeenskap saamstaan om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak. Ons wil ook die…

AfriForum soek antwoorde van regering oor uitlewering van Grace Mugabe
| |

AfriForum soek antwoorde van regering oor uitlewering van Grace Mugabe

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag in ’n skrywe aan adv. JB Skosana, direkteur-generaal van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, versoek dat hy bewyse verskaf dat sy Departement die nodige stappe gedoen het om te verseker dat Grace Mugabe aan die Suid-Afrikaanse owerhede uitgelewer word vir die vervolging op aanklagtes van aanranding met die…

AfriForum se Upington-tak ontsmet kleuter- en naskole
|

AfriForum se Upington-tak ontsmet kleuter- en naskole

Die AfriForum-tak in Upington het van 29 Junie tot 3 Julie 2020 inisiatief geneem om kleuterskole te help om gereed te wees om volgens die COVID-19-regulasies te heropen deur 21 kleuter- en naskole te ontsmet. Die skole se klaskamers, speelareas, badkamers, speelterrein en klimrame is met ’n bioafbreekbare middel ontsmet. Van die skole wat ontsmet is sluit in…

AfriForum skenk hulppakket aan kleuterskool
|

AfriForum skenk hulppakket aan kleuterskool

AfriForum se Lydenburg-tak het in samewerking met AfriForum Onderwys ’n skolehulppakket aan Lydenburg Preprimêr geskenk. Hierdie pakket bevat handreiniger, ’n termometer, ’n handreinigerstaander en klaskamerplakkate wat goeie higiëne in skole aanmoedig. Meer as 60 hoër- en laerskole in Mpumalanga is die afgelope twee maande van soortgelyke pakkette voorsien en die waarde daarvan beloop al meer…

AfriForum se Teks-tak verwyder vullis
| |

AfriForum se Teks-tak verwyder vullis

AfriForum se Trichardt, Evander, Kinross en Secunda (Teks)-tak het op 2 Julie 2020 ’n vullisverwyderingsaksie van stapel gestuur aangesien die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit sy pligte versuim om dié dorpe in stand te hou. “Lede het die vullisverwyderingsaksie aangepak om die netheid van dié dorpe, wat ons na aan die hart lê, te verseker. Ons wil graag…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum skenk hulppakkette aan skole
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het drie hulppakkette aan skole in die omgewing versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500. Die volgende skole het elk…

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes
|

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 1 en 2 Julie 2020 300 kg nartjies aan ouetehuise in George, Mosselbaai en Oudtshoorn geskenk as deel van die organisasie se immuunstelselinisiatief. Nartjies is aan die Rosemoor-tehuis vir bejaardes in George, die Ons Huis-ouetehuis in Mosselbaai, asook die Gottland Huis-ouetehuis, die Helen Bellinganhof-aftreeoord en die Tuishuis-ouetehuis in Oudtshoorn geskenk. “Ons wil mense…

AfriForum se Witrivier-tak ontsmet kleuterskool
|

AfriForum se Witrivier-tak ontsmet kleuterskool

Die AfriForum-tak in Witrivier het op 30 Junie 2020 gehelp om Witrivier Preprimêr te ontsmet sodat dié skool voorbereid is om volgens die COVID-19-regulasies te heropen. Taklede het ingespring en klaskamers en die speelterrein ontsmet om te verseker dat die kleuters veilig kan terugkeer skool toe. “Ons is bly dat die skole weer kan open en dat…

End of content

End of content