Plaasaanvallers gevonnis vir moord op Engelbrecht-egpaar
| |

Plaasaanvallers gevonnis vir moord op Engelbrecht-egpaar

AfriForum en die organisasie se Trauma-ondersteuningseenheid verwelkom die vonnis wat regter David Makoba twee plaasaanvallers vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof opgelê het. Die twee beskuldigdes, Julius Mapayi Goncalves en Jossias Nhalungo, albei van Mosambiek, is elk twee lewenslange vonnisse en 25 jaar opgelê vir die moord op Fanie (78) en Colleen Engelbrecht (74), asook vir…

Dwarskersbos: Munisipale ondersoek na optrede van munisipale amptenare afgehandel
|

Dwarskersbos: Munisipale ondersoek na optrede van munisipale amptenare afgehandel

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag lede van die gemeenskap bygestaan in die munisipale ondersoek na die wangedrag van onder andere Jerome Pedro en Tertius Pool, verkeersbeamptes van die Bergrivier Munisipaliteit, en adv. Hanlie Linde, die munisipale bestuurder. Tydens die verrigtinge het Ludwig Gericke, sy vrou, Mari Gericke, en ander lede van die gemeenskap getuienis gelewer…

AfriForum se Brits-tak herstel rioolinfrastruktuur
| |

AfriForum se Brits-tak herstel rioolinfrastruktuur

Die AfriForum-tak in Brits het op 14 Julie 2020 ’n rioollyn in die Sonop-area herstel nadat die organisasie se COVID-19-taakspan vroeër opgemerk het dat riool in die strate afvloei. ’n Rioollyn naby die Sonstraaltjie Kleuterskool wat beskadig en verstop was, het dié probleem veroorsaak. Die tak het sowat R4 500 bestee om die infrastruktuur te vervang. “Die riool…

Eskom se inwerkingstelling van bykomende beurtkrag ongrondwetlik
| |

Eskom se inwerkingstelling van bykomende beurtkrag ongrondwetlik

Die burgerregteorganisasie AfriForum en Eskom kan moontlik in die hof koppe stamp oor die inwerkingstelling van bykomende beurtkrag vir agterstallige munisipaliteite. Die kragreus pas tans nie net landwye beurtkrag toe nie, maar ook bykomende beurtkrag in die geval van sekere munisipaliteite. Dit laat sommige gemeenskappe met slegs vier uur van krag per dag. In baie…

AfriForum: Afrikaans as vereiste vir aanstel van kandidaatprokureurs is noodsaaklik
| |

AfriForum: Afrikaans as vereiste vir aanstel van kandidaatprokureurs is noodsaaklik

Die burgerregteorganisasie AfriForum is van mening dat Afrikaans ’n noodsaaklike vereiste is vir die aanstel van kandidaatprokureurs. Die organisasie reageer op die verklaring van die Legal Practice Council (LPC) en die Black Lawyers Association (BLA) dat dit onder meer die vereiste van Afrikaans in advertensies vir kandidaatprokureurs veroordeel. Volgens ’n berig wat gister (14 Julie…

Sukses: Klagtes teen Dwarskerbos-inwoners teruggetrek ná AfriForum ingryp
|

Sukses: Klagtes teen Dwarskerbos-inwoners teruggetrek ná AfriForum ingryp

Adv. Phyllis Vorster, ’n aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, kon vandag daarin slaag om die staat te oorreed om klagtes teen gemeenskapslede van Dwarskersbos vir die beweerde oortreding van inperkingsregulasies terug te trek. Die eenheid staan ook op 16 Julie 2020 lede van die gemeenskap by in die munisipale ondersoek na die wangedrag van onder…

AfriForum se Helderbergkom-tak skenk meel aan Helpende Hand
|

AfriForum se Helderbergkom-tak skenk meel aan Helpende Hand

AfriForum se Helderbergkom-tak het 350 kg koekmeel op 8 Julie 2020 geskenk aan Ons Plek, Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapsentrum in die Strand. Dié gemeenskapsentrum maak maandeliks ’n reusebydrae tot die verligting van armoede in die gemeenskap. Die koekmeel – wat Western Cape Milling aan AfriForum geskenk het – is aan sowat 120 gesinne uitgedeel om ’n verskil…

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag verleen hulp ná noodroep
| |

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag verleen hulp ná noodroep

Lede van AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag in Bloemfontein het op 11 Julie 2020 vinnig gereageer nadat hulle ’n noodroep van ’n huis wat brand via die buurtwag se WhatsApp-groep ontvang het. AfriForum se Bloemfontein-beheerkamer is dadelik in kennis gestel en die brandweer is ontbied. Die Langenhovenpark-patrollielede was binne minute by die huis en het die toneel saam met…

AfriForum verleen hulp aan kleuterskool
|

AfriForum verleen hulp aan kleuterskool

AfriForum het op 6 Julie 2020 hulp verleen aan Wonderland Kleuterskool in Kriel nadat dié skool die organisasie genader het en ’n skolehulppakket versoek het. Dié pakket bevat handreiniger, ’n termometer en ’n handreinigerstaander. Skole is onder geweldige druk weens die inperking en hulle is nie almal finansieel in staat om onmiddellik die nodige beskermende toerusting aan…

AfriForum-takke help skole met COVID-19-toerusting
|

AfriForum-takke help skole met COVID-19-toerusting

Die AfriForum-takke in Lydenburg en Witrivier het die afgelope tyd verskeie skole ondersteun met hulppakket- en termometerskenkings sodat dié skole ooreenkomstig die regulasie kon heropen. AfriForum se Lydenburg-tak het, bykomend tot die skolehulppakkette wat vroeër geskenk is, agt termometers aan Hoër- en Laerskool Lydenburg geskenk. Skole neem elke oggend leerders se temperatuur voordat hulle die…

End of content

End of content