AfriForum se Wes-Moot-tak verwyder vullis
| |

AfriForum se Wes-Moot-tak verwyder vullis

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 23 Julie 2020 Moot- en Hendrikstraat skoongemaak nadat vullis weens ’n munisipale staking in die middel van dié strate gestort is. Die tak, gemeenskapslede en GearToria het self die vullis van die strate verwyder nadat stakende munisipale werkers vullis wat in die vullisverwyderingstrokke was, in die strate gestort het. Ongeveer 20 swart…

AfriForum eis antwoorde oor uitstaande vuurwapenlisensies
|

AfriForum eis antwoorde oor uitstaande vuurwapenlisensies

Die burgerregteorganisasie AfriForum het nog geen korrespondensie van die SAPD en Staatsdrukkery ontvang nie, nadat die organisasie se regspan op 17 Julie 2020 ’n skrywe gerig het oor die vertraging met die druk van vuurwapenlisensies. Daar is ook gevra wat die instansies gaan doen om die bottelnek uit te stryk wat deur hierdie vertraging veroorsaak is. Albei…

Privaatvervolgingseenheid gryp in nadat owerhede versuim om op te tree in mishandeling van vyf maande oue baba
| |

Privaatvervolgingseenheid gryp in nadat owerhede versuim om op te tree in mishandeling van vyf maande oue baba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag twee dokters en ’n maatskaplike werker by ’n polisiestasie in Pretoria bygestaan om strafregtelike klagtes van kindermishandeling teen die ouers van ’n vyf maande oue baba te lê. Dit volg nadat dokters reeds klagtes van kindermishandeling by die polisie aanhangig gemaak het toe die baba slegs vyf weke oud was….

AfriForum rig skrywe aan Tshwane Metro oor toestand van park in Valhalla 
| |

AfriForum rig skrywe aan Tshwane Metro oor toestand van park in Valhalla 

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 23 Julie 2020 ’n skrywe aan die Tshwane Metro gerig rakende die toestand van die Montague Kneen-park in Valhalla, Centurion, nadat gemeenskapslede en ander rolspelers die organisasie om hulp genader het. Bourommel en bande word reeds vir etlike maande onwettig in die park gestort. Die organisasie het die metro tot 30 Julie 2020 gegun…

AfriForum behaal oorwinning teen onredelike inperkinginhegtenisnemings
|

AfriForum behaal oorwinning teen onredelike inperkinginhegtenisnemings

Die staat het die klagtes laat vaar teen die beskuldigde in een van die sake oor onredelike inperkingsinhegtenisnemings wat deur AfriForum aangepak is. Dit volg nadat AfriForum op 1 Junie 2020 aangekondig het dat hy twee loodssake aanpak om onredelike inhegtenisnemings op grond van die huidige regulasies te stuit. In dié spesifieke aangeleentheid is ’n…

#AfriForumStaanSaam vir skole: Oudtshoorn-tak skenk hulppakkette aan kleuterskole
|

#AfriForumStaanSaam vir skole: Oudtshoorn-tak skenk hulppakkette aan kleuterskole

Die AfriForum-tak in Oudtshoorn het hulppakkette aan Glimlaggies-kleuterskool en Babbelbekkies-dagsorg versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500. AfriForum het landwyd reeds meer as 700…

AfriForum se Roodepoort-buurtwag arresteer verdagtes
| |

AfriForum se Roodepoort-buurtwag arresteer verdagtes

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 20 Julie 2020 verskeie arrestasies uitgevoer waartydens verdagtes vir die besit van plofstof en kabeldiefstal gearresteer is. Van die verdagtes wat ook in hegtenis geneem is, is onwettige immigrante. Dít volg nadat dié buurtwag ’n roetinepatrollie saam met die SAPD, GPF en ander eenhede uitgevoer het. Nadat ’n roetinepatrollie weer op…

AfriForum het nou kwartmiljoen aktiewe lede; groei sterk tydens inperking
|

AfriForum het nou kwartmiljoen aktiewe lede; groei sterk tydens inperking

Die burgerregteorganisasie AfriForum se aktiewe ledetal het pas die kwartmiljoenkerf verbygesteek en staan tans op 250 054 lede. Dié organisasie se ledetal het aan die begin van die COVID-19-inperking in Maart op 237 000 gestaan, wat beteken dat die organisasie tydens die inperking ’n netto groei van meer as 13 000 lede toon. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende…

AfriForum se Centurion-tak skenk geld aan plaaslike DBV
| |

AfriForum se Centurion-tak skenk geld aan plaaslike DBV

AfriForum se nuutgestigte Centurion-tak het op 21 Julie 2020 reeds hul eerste projek ná hul onlangse stigting aangepak deur R1 500 aan die Tshwane Dierebeskermingsvereniging (DBV) te skenk. Die DBV het ’n groot behoefte aan fondse om die diere se mediese kostes te betaal en daarom het die tak dit goed gedink om dié nood…

AfriForum-buurtwag in Orkney maak stem dik teen plaasmoorde
| |

AfriForum-buurtwag in Orkney maak stem dik teen plaasmoorde

Die AfriForum-buurtwag in Orkney het op 18 Julie 2020 ’n massapatrollie gehou ter ondersteuning van die veldtog teen plaasmoorde en die groenstrikkie-inisiatief. Inwoners van Orkney en Stilfontein het hul ondersteuning gewys en groen strikke en plakkate het vroeg Saterdagoggend teen inwoners se heinings gepronk. Die massapatrollie met 37 voertuie het om 14:15 weggetrek en inwoners…

End of content

End of content