AfriForum eis optrede van Tshwane Metro oor elektrisiteit
| |

AfriForum eis optrede van Tshwane Metro oor elektrisiteit

AfriForum het op 28 Julie 2020 ’n skrywe gerig aan Makgorometje Makgata, waarnemende munisipale bestuurder van die Tshwane Metro, oor die elektrisiteitsprobleem wat groot dele van Pretoria tans ervaar. Die organisasie het verskeie klagtes van inwoners ontvang oor kragonderbrekings wat die afgelope vyf dae plaasgevind het. Die staking van die afgelope week het veroorsaak dat die reeds…

AfriForum se Schweizer-Reneke-tak brei buurtwag na Amalia uit
| |

AfriForum se Schweizer-Reneke-tak brei buurtwag na Amalia uit

Die AfriForum-takstruktuur in Schweizer-Reneke het op 27 Julie 2020 ’n buurtwaggroep vir die Amalia-gemeenskap geaktiveer nadat dié gemeenskap, wat onder Schweizer-Reneke val, die tak genader het om deel van hul aktiewe veiligheidsnetwerk te word. Esmé Venter, ondervoorsitter van AfriForum se Schweizer-Reneke-tak, het die nuwe groep geaktiveer om sodoende te verseker dat die Amalia-gemeenskap ook beveilig word en…

Munisipaliteit herstel rioollekkasie ná volgehoue druk deur AfriForum
| |

Munisipaliteit herstel rioollekkasie ná volgehoue druk deur AfriForum

Die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit het ’n rioollekkasie binne drie dae herstel nadat AfriForum se Welkom-tak die munisipaliteit op 22 Julie 2020 op terme geplaas het. Die tak het die munisipaliteit sewe dae gegun om die rioollekkasie in Powerstraat te herstel. Volgens Johan Terblanche, voorsitter van AfriForum se Welkom-tak, het die rioollekkasie tot gevolg gehad dat sakeondernemings…

SAPD, Departement en NVG se versuim lei tot verdere en voortgesette mishandeling van baba
| |

SAPD, Departement en NVG se versuim lei tot verdere en voortgesette mishandeling van baba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag in skrywes aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die SAPD geëis dat die saak van die mishandeling van ’n vyf maande oue baba onmiddellike aandag geniet om verdere trauma vir dié slagoffer te voorkom. Dit volg nadat die eenheid verlede week twee dokters en ’n maatskaplike werker bygestaan het…

AfriForum versoek Openbare Beskermer om befondsing aan Andile Ramaphosa se COVID-19-projek te ondersoek
|

AfriForum versoek Openbare Beskermer om befondsing aan Andile Ramaphosa se COVID-19-projek te ondersoek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n brief gerig aan Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer, om haar te versoek om ’n ondersoek te loods na die R6 miljoen wat die maatskappy sonder winsoogmerk Supplier Development Initiatives ontvang het. Andile Ramaphosa, seun van President Cyril Ramaphosa, is medestigter van dié maatskappy, wat Gauteng-minibustaxi’s help omskep het om aan…

AfriForum se Moot- en Oos-Moot-tak verskaf water aan gemeenskap
| |

AfriForum se Moot- en Oos-Moot-tak verskaf water aan gemeenskap

AfriForum se Moot- en Oos-Moot-tak het op 25 Julie 2020 water aan die gemeenskap verskaf nadat inwoners van die Moot vir drie dae sonder water was. AfriForum se Moot-tak het vroeër vanjaar ’n noodwaterpunt opgerig spesifiek vir gevalle soos dié wanneer die munisipaliteit versuim om hul pligte na te kom. Die waterpunt is vroeg Saterdagoggend oopgemaak sodat…

AfriForum se Rustenburg-tak herstel slaggate en maak dorp skoon
| |

AfriForum se Rustenburg-tak herstel slaggate en maak dorp skoon

Die AfriForum-tak in Rustenburg het in Julie sy volhoubare projek in die dorp voortgesit. Dié projek behels die sny van gras op sypaadjies, die optel van rommel en die herstel van slaggate. Die tak het in Julie R10 000 aan die projek bestee. 22 slaggate is in verskeie dele van die dorp opgevul, terwyl die sypaadjies…

Hartswater-aanval: AfriForum-buurtwagte, SAPD en gemeenskapstrukture arresteer plaasmoordverdagtes
| | |

Hartswater-aanval: AfriForum-buurtwagte, SAPD en gemeenskapstrukture arresteer plaasmoordverdagtes

Die burgerregteorganisasie AfriForum is diep bedroef oor die moord op drie mense op ’n plaas buite Hartswater in die Noord-Kaap. Hoewel daar eers gister (27 Julie) op die moordtoneel afgekom is, dui alle indikasies daarop dat die aanval reeds Sondag 26 Julie 2020 plaasgevind het en dat die drie slagoffers ontvoer is of, in die ergste geval, hul…

Secunda-tak en -buurtwag help om brandende huis te blus
| | |

Secunda-tak en -buurtwag help om brandende huis te blus

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Secunda se hulp is op 25 Julie 2020 ontbied nadat hulle in kennis gestel is van ’n huis wat naby die Matla-kragstasie brand. Die brandweer, boere van die omgewing en Jelani Security is ook na die brandende huis ontbied. “Toe ons die noodroep ontvang, het ons onmiddellik na die toneel gehaas, maar…

AfriForum versoek redes vir hardhandige hantering van lede van die toerismebedryf tydens vreedsame protes
|

AfriForum versoek redes vir hardhandige hantering van lede van die toerismebedryf tydens vreedsame protes

AfriForum het vandag ’n skrywe aan lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiekommissaris, gerig waarin die organisasie redes versoek vir die onnodige hardhandige hantering van lede van die toerismebedryf. Die organisasie is geskok oor die brutale en hardhandige hantering van dié lede wat vandag in Kaapstad aan ’n vreedsame betoging deelgeneem het. Die SAPD het protesgangers met…

End of content

End of content