AfriForum se Lichtenburg-tak skenk voedsel ter waarde van R15 000
|

AfriForum se Lichtenburg-tak skenk voedsel ter waarde van R15 000

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 29 Julie 2020 noodsaaklike kruideniersware ter waarde van R15 000 aan die Lichthuis Tehuis en die Mevrou Lichtenburg Elegant-organisasie geskenk. Die Lichthuis huisves en versorg ongeveer 100 bejaardes, terwyl die Mevrou Lichtenburg Elegant-organisasie voedsel aan sowat 70 hulpbehoewende gesinne voorsien. Volgens die takbestuur het hulle besluit om hierdie noodsaaklike produkte te skenk…

AfriForum se Schweizer-Reneke-tak skenk vleis
|

AfriForum se Schweizer-Reneke-tak skenk vleis

Die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke het op 29 Julie 2020 in samewerking met Solidariteit Helpende Hand 200 kg vleis aan die Silwerjare Tehuis vir Bejaardes geskenk om die tehuis te ondersteun en die honger te verlig. “AfriForum het aan die gemeenskap gewys dat ons inwoners in krisistye en in nood sal ondersteun. Ons wil die gemeenskap verseker dat ons…

AfriForum verwelkom nuwe tydperk vir vuurwapenamnestie 
|

AfriForum verwelkom nuwe tydperk vir vuurwapenamnestie 

AfriForum verwelkom die nuwe amnestietydperk vir vuurwapenlisensies wat die Nasionale Vergadering op 30 Julie 2020 goedgekeur het. Die nuwe amnestie is nou van 1 Augustus 2020 tot 31 Januarie 2021 van krag. AfriForum en sy regspan het gedurende die inperking aanhoudend druk op Bheki Cele, Minister van Polisie, en genl. Khehla Sitole, Nasionale Polisiekommissaris, toegepas oor die amnestietydperk. AfriForum was veral…

AfriForum-tak in Potchefstroom nader Groen Skerpioene oor riool in Mooirivier
| | |

AfriForum-tak in Potchefstroom nader Groen Skerpioene oor riool in Mooirivier

AfriForum se Potchefstroom-tak het die grootskaalse rioolstorting wat tot die besoedeling van die Mooirivier lei by die Groen Skerpioene aangemeld nadat die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit geen poging aangewend het om dié storting te stop nie. Dít volg nadat die tak op 23 Julie 2020 ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig het oor die rioolstorting by die…

Suid-Afrika gebuk onder twee epidemies: COVID-19 en misdaad
|

Suid-Afrika gebuk onder twee epidemies: COVID-19 en misdaad

Die burgerregteorganisasie AfriForum is somber oor die misdaadstatistieke wat deur Bheki Cele, Minister van Polisie, bekendgemaak is. ’n Skok of verrassing is dit lank nie meer nie, want geweldsmisdaad het intussen die norm geword en nie die uitsondering nie. ’n Klein afname of toename kan nie meer die groter prentjie beïnvloed nie. Jaar ná jaar…

Hartswater-plaasmoorde: AfriForum saam met honderde gemeenskapslede by moordverdagtes se eerste verskyning
|

Hartswater-plaasmoorde: AfriForum saam met honderde gemeenskapslede by moordverdagtes se eerste verskyning

AfriForum het vandag hofverrigtinge in Hartswater in die Noord-Kaap bygewoon, waar vyf verdagtes vir die wrede moord op Elzabie (54), Breggie (73) en Danie Brand (83) verskyn het. Honderde lede van die Hartswater- en omliggende gemeenskap het met plakkate na die landdroshof opgeruk om dié moorde te veroordeel, asook plaasmoorde in die algemeen. Die plaaslike…

COVID-19: AfriForum se Midvaal-tak ondersteun Huis Meyerton
|

COVID-19: AfriForum se Midvaal-tak ondersteun Huis Meyerton

AfriForum se Midvaal-tak het op 28 Julie 2020 met die hulp van Van der Walt Apteek vitamienaanvullings aan Huis Meyerton geskenk nadat ’n aantal COVID-19-gevalle by dié tehuis aangemeld is. Ongeveer 70 positiewe gevalle is in die week by die tehuis aangemeld. AfriForum se Midvaal-tak het die tehuis se bestuur gekontak sodat hulle kan hand bysit tydens…

AfriForum se Rustenburg-tak voorsien weer voedsel aan behoeftiges
|

AfriForum se Rustenburg-tak voorsien weer voedsel aan behoeftiges

AfriForum se Rustenburg-tak het die afgelope maand weer in samewerking met Solidariteit Helpende Hand sowat 3 ton voedsel aan 200 behoeftige gesinne uitgedeel. Die voedselpakke, wat ’n gesin van vier vir ’n maand van voedsel voorsien, bevat noodsaaklike vodsel soos mieliemeel, boeliebief, rys en pasta, maar ook seep en tandepasta. “Ons wil die Rustenburg-gemeenskap bedank…

AfriForum se Bloemhof-tak ontsmet plaaslike kliniek
|

AfriForum se Bloemhof-tak ontsmet plaaslike kliniek

Die AfriForum-tak in Bloemhof het die Bloemhof-gemeenskapsgesondheidsentrum op 27 Julie 2020 ontsmet nadat die kliniek die tak om hulp genader het. Die tak het vroeër reeds die nodige toerusting aangekoop om skole, klinieke en die polisiestasie te ontsmet. “AfriForum se Bloemhof-tak het gedurende die COVID-19-pandemie bewys dat ons hier is om te help en ’n verskil te…

Dwarskersbos: AfriForum eis antwoorde oor dubbele standaarde van heraangestelde munisipale bestuurder
|

Dwarskersbos: AfriForum eis antwoorde oor dubbele standaarde van heraangestelde munisipale bestuurder

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandeesweek ’n skrywe aan die burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit gerig oor bewerings dat adv. Hanlie Linde reeds op 20 Julie weer haar werksaamhede as munisipale bestuurder hervat het. Dit volg nadat die eenheid op 16 Julie verskeie inwoners van Dwarskersbos bygestaan het in die munisipale ondersoek na die beweerde wangedrag van Jerome…

End of content

End of content