AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag help met voorbrande
| |

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag help met voorbrande

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het op 22 Julie 2020 gehelp om voorbrande in die Cairn-vallei te maak om brande te voorkom. Die grond en die strukture daarop is twee jaar gelede byna tydens ’n veldbrand verwoes. Die plaaswag het ingespring om te help aangesien die eienaar van die hoewe nie oor die vermoë beskik om self voorbrande…

AfriForum se Worcester- en Rawsonville-buurtwag hou massapatrollie
| |

AfriForum se Worcester- en Rawsonville-buurtwag hou massapatrollie

AfriForum se Rawsonville- en Worcester-buurtwag het op 31 Julie 2020 ’n massapatrollie gehou as deel van ’n veiligheidbewusmakingsveldtog. Volgens Thomas van Dalen, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek, het sowat 120 voertuie aan die patrollie deelgeneem. “Die doel van die patrollie was verhoogde sigbaarheid in en om in Rawsonville nadat ’n ongekende vlaag misdaad…

Verkeerstekens opgerig om padgebruikers se veiligheid te verseker
| |

Verkeerstekens opgerig om padgebruikers se veiligheid te verseker

Die AfriForum-tak in Bethal het op 20 Julie 2020 in samewerking met F. Menge Presentations & Signs verkeerstekens vervang om padgebruikers se veiligheid te verseker. Die tak het twee stoptekens en ’n toegeeteken wat Jannie Menge, eienaar van F. Menge Presentations & Signs, geborg het, in Malherbestraat opgerig. “Malherbestraat is een van Bethal se hoofroetes en baie…

AfriForum se Naboomspruit-tak bekamp rioolbesoedeling
| |

AfriForum se Naboomspruit-tak bekamp rioolbesoedeling

Die AfriForum-tak in Naboomspruit het op 30 Julie verskeie brandpunte in dié dorp besoek waar grootskaalse rioolstorting en -lekkasies voortdurend plaasvind en ’n gesondheidsrisiko vir sowel die gemeenskap as die omgewing inhou. Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, het die Menseregtekommissie (MRK) en die Groen Skerpioene begelei op ’n besoek na onder meer ’n woning…

AfriForum beveilig infrastruktuur tydens munisipale staking
| |

AfriForum beveilig infrastruktuur tydens munisipale staking

AfriForum het verlede week gehelp om verskeie sleutelpunte in die Tshwane-metro te beveilig te midde van stakings deur munisipale werkers oor ’n loondispuut. Lede van AfriForum se Oos-Moot- en Wes-Moot-buurtwag het in samewerking met die organisasie se personeel die sleutelpunte beveilig deur sigbaarheid te handhaaf en van tegnologie gebruik te maak. Hulle het ook deurgaans…

AfriForum se Oos-Moot-tak verwyder riool te midde van staking
| |

AfriForum se Oos-Moot-tak verwyder riool te midde van staking

Die AfriForum-tak in Oos-Moot het op 30 Julie twee loodgieters ontbied om rioolmangate in Waverley skoon te maak. Dít volg nadat inwoners in dié gebied AfriForum genader het met klagtes oor onverwerkte riool wat hul erwe op sommige plekke oorspoel. Instandhoudingswerk in die Tshwane-metro word tans vertraag weens munisipale werkers se staking oor ’n loondispuut en…

AfriForum versoek parlementêre verhoor oor plaasmoorde
| |

AfriForum versoek parlementêre verhoor oor plaasmoorde

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n formele skrywe aan die parlement gerig om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou. Die skrywe is gerig aan Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, ná ’n skerp toename in plaasaanvalle oor die afgelope twee maande. Volgens Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum,…

AfriForum se Bloemhof-tak skenk vleis
|

AfriForum se Bloemhof-tak skenk vleis

AfriForum se Bloemhof-tak het op 29 Julie in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en Saai 150 kg vleis elk aan die Bloemhof-voedselskema en Japie Kritzinger-tehuis geskenk om hulle te ondersteun in die belangrike werk wat hulle sedert die inperking doen. Dié twee instansies maak slegs staat op skenkings om minderbevoorregte gesinne en bejaardes van voedsel…

AfriForum se Christiana-tak skenk vleis
|

AfriForum se Christiana-tak skenk vleis

Die AfriForum-tak in Christiana het op 31 Julie 2020 in samewerking met die familieboerorganisasie Saai 250 kg vleis aan die Heil-Lof Life Centre en die tak se voedselskema geskenk. Die Christiana-tak het reeds aan die begin van die inperking begin met behoeftebeplanning toe mense begin het om hul werk en inkomste te verloor. Altesaam 32 gesinne in…

End of content

End of content