Sukses: Polisie arresteer verdagte in aanrandingsaak nadat privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

Sukses: Polisie arresteer verdagte in aanrandingsaak nadat privaatvervolgingseenheid ingryp

Die beskuldigde wat verdink word van die aanranding met die opset om ernstig te beseer, menseroof, opsetlike saakbeskadiging en afpersing van Leonie Kambouris, is op 13 Augustus in Benoni gearresteer. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid Kambouris op 5 Augustus bygestaan het om strafregtelike klagtes teen die beskuldigde by die Benoni-polisiestasie in te dien. Kambouris het reeds…

AfriForum maak skenking aan Oos-Randse kliniek en vat hande teen verslawing
| |

AfriForum maak skenking aan Oos-Randse kliniek en vat hande teen verslawing

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kempton Park-tak en gesondheidsportefeulje het vandeesweek gesigmaskers en handreiniger aan die Elim-rehabilitasiesentrum in Kempton Park aan die Oos-Rand geskenk. Elim behandel mense met allerlei verslawings en het 60 liter handreiniger en 100 gesigmaskers in ontvangs geneem. Daarbenewens het AfriForum en Elim ook begin saamwerk om verskeie tipe verslawings, vernaamlik dwelms, in Kempton…

AfriForum se Standerton-buurtwag help om inbrake te voorkom
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag help om inbrake te voorkom

AfriForum se Standerton-buurtwag het sigbaarbaarheid in die Kosmos- en Florapark-woongebiede verhoog nadat die buurtwag agtergekom het dat die getal inbrake toegeneem het. Die inbrake wat by Kasselman Veiligheidsdienste aangemeld is, toon dat tussen vier en ses inbrake per week in dié buurte voorgekom het. Die AfriForum-buurtwag het daarom sy sigbaarheid in dié buurte verhoog en…

AfriForum gee regspan opdrag om teen Eskom op te tree
| |

AfriForum gee regspan opdrag om teen Eskom op te tree

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om teen Eskom op te tree omdat die kragreus beplan om die elektrisiteitstoevoer na verskeie dorpe wat deel uitmaak van die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit vanaf 14 Augustus af te sny. Die dorpe wat geraak sal word is onder meer Klerksdorp, Orkney, Stilfontein, Hartbeesfontein en Jouberton. Eskom het voorheen…

Wes-Rand-buurtwagte behaal verskeie suksesse
| |

Wes-Rand-buurtwagte behaal verskeie suksesse

AfriForum se buurtwagte in Randfontein, Roodepoort en Krugersdorp het gedurende die afgelope langnaweek verskeie arrestasies uitgevoer in samewerking met lede van die Wes-Rand SAPD, K9-eenheid en sekuriteitsmaatskappye. Dít volg nadat die SAPD die buurtwagte op 8 Augustus 2020 om hulp genader het met ’n lokval wat beplan is om ’n vermeende dwelmhandelaar vas te trek. Verskeie dwelms…

AfriForum se Standerton-tak verskaf water aan gemeenskap
| |

AfriForum se Standerton-tak verskaf water aan gemeenskap

Die AfriForum-tak in Standerton het die afgelope week water aan die gemeenskap verskaf nadat die watertoevoer vir langer as ’n week onderbreek is. AfriForum het saam met Heymans Kole gewerk wat hulle watertenkwa beskikbaar gestel het om water vir huishoudelike gebruik te verskaf. Die gemeenskap kon hul houers self by die watertenkwa volmaak. Taklede het…

AfriForum versoek reaksie vanaf Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit oor gebrek aan brandweerwaens in Heilbron
| |

AfriForum versoek reaksie vanaf Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit oor gebrek aan brandweerwaens in Heilbron

Nadat AfriForum vroeër vanjaar ’n skrywe aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gerig het om te versoek dat ’n bakkie, wat as Heilbron se brandweerwa dien, herstel word, is ’n vierde huis op 9 Augustus byna in puin gelaat toe ’n brand daar uitgebreek het. Hierdie skade moet vierkantig voor die deur van die munisipaliteit gelê word,…

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag blus brand
| |

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag blus brand

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag in Bloemfontein het hul nuwe waterkar ingespan om op 9 Augustus 2020 in samewerking met die Mangaung-brandweer ’n brand naby ’n motorhandelaar en die R64 te help blus. Die buurtwag het die waterkar aangeskaf om die verspreiding van veldbrande te help voorkom. Hulle spog ook met twee nuwe grassnyers en drie bossiekappers wat reeds…

AfriForum vergader met administrateurs oor gebrekkige dienslewering in Pretoria
| |

AfriForum vergader met administrateurs oor gebrekkige dienslewering in Pretoria

AfriForum het op 11 Augustus 2020 met die Tshwane-metro se administrateurs vergader oor die skrywes wat die organisasie onderskeidelik op 28 Julie en 5 Augustus aan die metro gerig het oor die aanhoudende krag- en rioolprobleme waaronder verskillende dele van Pretoria gebuk gaan. Volgens die metro het die onlangse stakings baie druk op dienslewering geplaas, wat…

AfriForum se Standerton-buurtwag help om veldbrande te blus
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag help om veldbrande te blus

Die AfriForum-buurtwag in Standerton het van 7 tot 10 Augustus gehelp om veldbrande in die gebied te bestry en te blus. Tydens die afgelope langnaweek is daar twee keer om hulp gevra op noodgroepe van boere in die Standerton-omgewing. Gerhard Moll, buurtwagvoorsitter, het buurtwaglede van die noodroepe in kennis gestel, waarna hulle onmiddellik hulp aan die…

End of content

End of content