Volgehoue druk op munisipaliteit lei tot herstel van watertoevoer
| |

Volgehoue druk op munisipaliteit lei tot herstel van watertoevoer

AfriForum het op 15 Junie druk op die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit geplaas om dringend aandag te skenk aan herstelwerk wat op ’n gebarste waterpyp gedoen moes word. Dít volg nadat ’n sinkgat in Bloemfontein se middestad gevorm het omdat dié pyp gebars het. Gevolglik is sowel verskeie ondernemings as ’n studentewoning vir ’n week lank…

Deneysville-tak sit skouer aan die wiel om dorp skoon te maak
| |

Deneysville-tak sit skouer aan die wiel om dorp skoon te maak

Die AfriForum-tak in Deneysville het op 15 Junie in samewerking met ADT en ander lede van die gemeenskap kragte saamgespan om areas in Deneysville skoon te maak. Die gemeenskap het areas rondom kragpale en substasies in die dorp se gras kort gesny om skade aan kraginfrastruktuur in die brandseisoen te voorkom. Verder is die gras…

Brits-tak hou suksesvolle pretloop en potjiekoskompetisie
| |

Brits-tak hou suksesvolle pretloop en potjiekoskompetisie

Die AfriForum-tak in Brits het op 16 Junie by Santai-gastehuis ’n pretloop van 5 km gehou en ’n potjiekoskompetisie aangebied. Altesaam 64 mense het aan die pretloop deelgeneem, terwyl agt spanne hul vernuf agter die potjie gewys het. Die wenner van die pretloop, Michael van Zyl, het die eindstreep in ’n wentyd van 12:13 oorgesteek…

AfriForum eis deursigtigheid oor misdaadvoorkomingsbewaarders
|

AfriForum eis deursigtigheid oor misdaadvoorkomingsbewaarders

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid oor die werwing- en opleidingsprosedures wat met die aanstelling van Gauteng se nuwe misdaadvoorkomingsbewaarders nagekom is. In ’n brief aan Faith Mazibuko, die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Gauteng, eis die organisasie antwoorde op vrae oor die opleiding wat die misdaadvoorkomingsbewaarders ontvang het, wie…

Potchefstroom-tak herdenk Konsentrasiekampdag
| |

Potchefstroom-tak herdenk Konsentrasiekampdag

AfriForum se Potchefstroom-tak het op 16 Junie saam met ongeveer 50 volwassenes en kinders die winterkoue aangedurf om Konsentrasiekampdag te herdenk. Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, het die dag se verrigtinge met Skriflesing en gebed geopen. ’n Oomblik van stilte het gevolg om die slagoffers van die konsentrasiekampe en die Anglo-Boereoorlog te…

Rustenburg-tak help om ou begraafplaas skoon te maak
| |

Rustenburg-tak help om ou begraafplaas skoon te maak

AfriForum se Rustenburg-tak het op 19 Junie ’n suksesvolle aksie gehou deur die ou begraafplaas in Kockstraat skoon te maak. Tien toegewyde individue – wat taklede insluit – het gehelp om dié begraafplaas weer netjies te maak. Tydens die skoonmaakproses is twee stortbakke vol tuinvullis en bourommel verwyder. Hierdie inisiatief is deur die N.G. Kerk…

Korrupsiebeskuldigde Tshwane-metropolisiebeamptes dam lid van privaatvervolgingseenheid by
| |

Korrupsiebeskuldigde Tshwane-metropolisiebeamptes dam lid van privaatvervolgingseenheid by

Tshwane-metropolisiebeamptes, wat op korrupsieverwante aanklagte teregstaan, het ’n lid van AfriForum se privaatvervolgingseenheid bygedam omdat hulle beswaar gemaak het om op video afgeneem te word. Die voorval het Donderdag 15 Junie in die Pretoria-landdroshof gebeur nadat Johnson Lebombo, Aubrey Phalane en Makgoba Raboshacia ’n kort verskyning gemaak het. Hulle staan tereg op aanklagte van afpersing,…

Thabazimbi-tak vul slaggate op
| |

Thabazimbi-tak vul slaggate op

AfriForum se Thabazimbi-tak het op 9 Junie in samewerking met die plaaslike gemeenskap slaggate reg oor die dorp opgevul. Hierdie inisiatief vorm deel van AfriForum se nasionale slaggatherstelprojek. Die besluit is geneem om op die pad te fokus wat na die Kwaggasvlakte-kleinhoewe en die Marakele-natuurreservaat lei. Dié pad het ’n baie skerp draai – wat…

AfriForum se Bothaville-tak toets vir cholera
| |

AfriForum se Bothaville-tak toets vir cholera

Die AfriForum-tak in Bothaville het op 8 Junie ’n watertoets gedoen om vas te stel of daar cholera in die Valsrivier is. Daar is op een plek ’n monster geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word. Luidens die resultate wat op 13 Junie ontvang is, is daar geen tekens van cholera in die…

AfriForum se Heilbron-tak toets vir cholera
| |

AfriForum se Heilbron-tak toets vir cholera

Die AfriForum-tak in Heilbron het op 8 Junie watertoetse gedoen om vas te stel of daar cholera in die Elandspruit en die Uniefeesdam is. Daar is op twee plekke monsters geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word. Die tak het op 13 Junie die uitslae van die toetse ontvang. Die goeie nuus is…

End of content

End of content