AfriForum-plaaswag en polisie hou suksesvolle padblokkade
| |

AfriForum-plaaswag en polisie hou suksesvolle padblokkade

AfriForum se Matlabas-suid-plaaswag wat deel is van AfriForum se Thabazimbi-tak het saam met die SAPD ’n padblokkade gehou waartydens drie arrestasies uitgevoer is. Die Hoopdal-polisiestasie hou gereeld padblokkades saam met AfriForum se Matlabas-suid-plaaswag en vyf plaaswaglede het ses polisiebeamptes op 15 Augustus bygestaan tydens ’n padblokkade op die Thabazimbi-Ellisras-pad. Altesaam 44 voertuie is afgetrek, twee…

AfriForum se buurtakke deel kos vir kosprojek met mekaar
| |

AfriForum se buurtakke deel kos vir kosprojek met mekaar

Die AfriForum-tak in Bloemhof het besluit om van die surplus voedsel wat hulle as skenkings ontvang het met hul buurtak in Wolmaransstad te deel. Op 18 Augustus is sowat 2 ton aartappels en 250 kg vleis in Wolmaransstad afgelewer. Die verspreiding daarvan word deur die plaaslike N.G. Kerk in samewerking met die AfriForum-tak in Wolmaransstad hanteer. Die kos…

AfriForum gaan Minister van Justisie dwing om op te tree in Botswana-saak
| |

AfriForum gaan Minister van Justisie dwing om op te tree in Botswana-saak

AfriForum het vandag aangekondig dat die privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, ’n mandamus-aansoek teen onder andere Ronald Lamola, Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, gebring het om dié Departement te dwing om die wedersydse regshulp te fasiliteer in die geldwassery-en-bedrogsaak waarby die sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, skoonsuster van pres. Cyril Ramaphosa en vrou van…

Polisie neem ouers van mishandelde baba in hegtenis ná AfriForum-toetrede
| |

Polisie neem ouers van mishandelde baba in hegtenis ná AfriForum-toetrede

Die polisie het vandag die ouers van ’n ses maande oue babadogtertjie in hegtenis geneem op strafregtelike klagtes van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kindermishandeling. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het dokters op 24 Julie 2020 ondersteun om dié strafregtelike klagtes in te dien. Die baba is tans in veilige bewaring. Die…

AfriForum-regspan kry opdrag om teen Eskom en Lekwa Plaaslike Munisipaliteit op te tree
| |

AfriForum-regspan kry opdrag om teen Eskom en Lekwa Plaaslike Munisipaliteit op te tree

Die burgerregteorganisasie AfriForum en sowel Eskom as die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit in Standerton kan moontlik in die hof koppe stamp oor die inwerkingstelling van bykomende beurtkrag weens die munisipaliteit se agterstallige rekening. Die kragreus pas tans nie net landwye beurtkrag toe nie, maar ook bykomende beurtkrag in die Lekwa munisipale gebied. Dit laat die gebied…

AfriForum stig buurtwag in Bothaville
| |

AfriForum stig buurtwag in Bothaville

AfriForum se Bothaville-tak het op 17 Augustus die bestaande buurtwag in Bothaville verplaas om voortaan onder die vaandel van AfriForum te funksioneer omdat hulle die voordele wat dié burgerregteorganisasie aan buurtwagte bied, besef het. Die buurtwag is reeds gevestig en doen uitstekende werk in Bothaville. Die werksaamhede gaan net so voort, nou net as deel van…

AfriForum maan Mangaung Metro oor swak dienslewering
| |

AfriForum maan Mangaung Metro oor swak dienslewering

AfriForum het op 18 Augustus 2020 ’n brief aan sowel die burgemeester as die munisipale bestuurder van die Mangaung Metro gestuur oor die swak dienslewering en meer spesifiek die vullisverwydering in Bloemfontein. Die brief volg nadat talle inwoners AfriForum met klagtes genader het oor die swak vullisverwyderingsdiens wat hulle ontvang. AfriForum versoek in die brief dat…

AfriForum se Hennopsrivier-tak neem deel aan Down to the Wire-projek
| |

AfriForum se Hennopsrivier-tak neem deel aan Down to the Wire-projek

AfriForum se Hennopsrivier-tak het op 17 Augustus 2020 deelgeneem aan die Down to the Wire-projek wat op verskillende plase in die omgewing plaasgevind het. Dié projek behels die verwydering van onwettige strikke in die gebied sodat onwettige stropery stopgesit kan word. Altesaam 18 mense het hieraan deelgeneem en 30 strikke is verwyder. Dié strikke word aan Down…

AfriForum se Lydenburg-buurtwag bied opleiding aan
| |

AfriForum se Lydenburg-buurtwag bied opleiding aan

Die AfriForum-buurtwag in Lydenburg het twee opleidingskursusse vir AfriForum-lede in dié dorp aangebied. Protospanopleiding is op 1 Augustus 2020 aangebied om te verseker dat lede bevoeg is en binne die raamwerk van die wet optree. Protospanlede word gereeld aan verskeie situasies blootgestel wat hierdie opleiding noodsaaklik maak. Basiese opleiding in selfverdediging is op 8 Augustus 2020 aangebied vir lede…

AfriForum-buurtwagte neem deel aan misdaadbekampingsinisiatief
| |

AfriForum-buurtwagte neem deel aan misdaadbekampingsinisiatief

AfriForum se buurt- en plaaswagte in Mpumalanga het op 14 Augustus 2020 aan ’n nasionale witligpatrollie-aand deelgeneem. Hierdie inisiatief is deur verskeie organisasies en individue ondersteun en het ten doel om hoër sigbaarheid te handhaaf en misdaad te voorkom. Hierdie patrollies het regdeur die nag plaasgevind. Buurt- en plaaswagte in dorpe in Mpumalanga wat insluit Argent, Delmas,…

End of content

End of content