AfriForum se Roodepoort-tak hou massapatrollie
| |

AfriForum se Roodepoort-tak hou massapatrollie

AfriForum se tak in Roodepoort het op 21 Augustus sy maandelikse misdaadvoorkomende massapatrollie gehou. Dié patrollie het ’n rekordgetal van 165 deelnemende lede gelok en beloof om in die komende maande selfs méér deelnemers te betrek om die gemeenskap suksesvol te beveilig. Dit was ook die grootse wat in die afgelope maande gereël is. “Misdaadvoorkomingspatrollies…

Nuwe straatligte help om misdaad in Lydenburg te voorkom
| |

Nuwe straatligte help om misdaad in Lydenburg te voorkom

AfriForum se Lydenburg-tak het op 18 Augustus vier nuwe straatligte in Rossouwstraat aangebring. Hierdie volg nadat ’n skrywe reeds gerig is aan die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit met ’n versoek om die tekort aan straatligte in Lydenburg op te los. ’n Skerp toename in misdaad word deur AfriForum-lede opgemerk omdat die strate so donker is….

AfriForum stel vullisverwyderingsdiens in Bloemfontein bekend
| |

AfriForum stel vullisverwyderingsdiens in Bloemfontein bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan eersdaags ’n vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein lewer. Dít volg ná talle inwoners klagtes van swak dienslewering aangaande vullisverwydering by AfriForum ingedien het. Die burgerregtewaghond het reeds op 18 Augustus ’n aanmaning aan die munisipaliteit gestuur om dringend aandag aan dié probleem te gee, maar nog geen terugvoer is ontvang nie. Volgens…

AfriForum dien kommentaar in op aansoek vir beoogde eksplorasie
| |

AfriForum dien kommentaar in op aansoek vir beoogde eksplorasie

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 21 Augustus 2020 kommentaar ingedien op die beoogde eksplorasie-aansoek in ’n streek van die kusgebied tussen St. Francisbaai en Mosselbaai. SLR Consulting doen namens Total SA aansoek om 11 gate aan die kusgebied as eksplorasieputte te boor. Dié gebied is onontbeerlik vir die mariene biodiversiteit aan die Suid-Afrikaanse kuslyn. Boonop is daar ’n beskermde…

AfriForum behaal sukses in hofsake oor inhegtenisnemings weens inperkingsregulasies
|

AfriForum behaal sukses in hofsake oor inhegtenisnemings weens inperkingsregulasies

AfriForum het onlangs twee beskuldigdes suksesvol in strafhowe verdedig in twee loodssake wat tydens die inperking deur dié burgerregteorganisasie aangepak is. AfriForum het besluit om dié persone – wat onregmatig in hegtenis geneem is – te ondersteun sodat geregtigheid kan geskied. In die eerste geval is ’n man deur die SAPD gearresteer nadat hy afgetrek…

Plaaswag spoor voertuig op wat tydens plaasaanval gesteel is
|

Plaaswag spoor voertuig op wat tydens plaasaanval gesteel is

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het vandag ’n voertuig wat tydens ’n plaasaanval in die Kaapschehoop-omgewing tussen Nelspruit en Barberton gesteel is, opgespoor. Een van die plaaswaglede het die voertuig in Vintonia in Nelspruit opgemerk en aangemeld. Kort daarna het ACS Security, die polisie asook een van die boere wat naby die aanvalstoneel woon, gearriveer. Die…

AfriForum se Witrivier-buurtwag verwyder reuseboomtak wat verkeer versper
| |

AfriForum se Witrivier-buurtwag verwyder reuseboomtak wat verkeer versper

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 19 Augustus ’n reuseboomtak opgesny en dit uit dié dorp se hoofstraat verwyder. Buurtwaglede het die boomtak in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan opgemerk. Dit blyk asof ’n vragmotor die tak getref en afgebreek het. Daar moes vermoedelik ook aansienlike skade aan die vragmotor gewees het omdat ’n groot kol diesel op…

AfriForum maak Bethal skoon ná onwettige protes
| |

AfriForum maak Bethal skoon ná onwettige protes

AfriForum se Bethal-tak het ingespring en die ingange na dié dorp skoongemaak nadat betogers die paaie versper het gedurende die nag van 19 Augustus. Onwettige protesoptredes weens swak dienslewering het daartoe gelei dat al die hoofroetes wat na Bethal lei met brandende bande versper is. Die N17, R35, R38 en R545 is deur die betoging geraak….

AfriForum-buurtwagte help SAPD met arrestasie van poging-tot-moord-verdagte
| |

AfriForum-buurtwagte help SAPD met arrestasie van poging-tot-moord-verdagte

Buurtwaglede van AfriForum se Pietersburg- en Mojadjiskloof-buurtwagte het op 18 Augustus 2020, saam met SPS Services, Mighty Tactical Reaction Service en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die SAPD gehelp om ’n gewapende rower wat op die polisie geskiet het, vas te trek. Die SAPD het omstreeks 18:00 inligting van ’n gewapende rower in ’n wit Golf 6…

AfriForum gee regspan opdrag om teen Eskom op te tree
| |

AfriForum gee regspan opdrag om teen Eskom op te tree

Die burgerregteorganisasie AfriForum en Eskom kan moontlik in die hof koppe stamp oor die inwerkingstelling van bykomende beurtkrag weens die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit se agterstallige rekening. Die kragvoorsiener pas tans nie net landwye beurtkrag toe nie, maar het ook reeds van 30 Julie 2020 tot 6 Augustus 2020 bykomende beurtkrag in die Zeerust-gebied inwerking gestel. Dit het die…

End of content

End of content