Toerismebedryf: Kommissaris se verduideliking oor gebruik van geweld is flou – AfriForum
|

Toerismebedryf: Kommissaris se verduideliking oor gebruik van geweld is flou – AfriForum

Die burgerregteorganisasie AfriForum neem met misnoeë kennis van die verduideliking van lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiekommissaris, oor die onnodige hardhandige optrede teen lede van die toerismebedryf in Julie. AfriForum het op 24 Julie 2020 ’n brief aan Matakata gerig waarin dié organisasie redes versoek vir dié hardhandige behandeling nadat lede van die toerismebedryf vreedsaam betoog het, maar…

Malema, Ndlozi se verhoor begin in Oktober
| |

Malema, Ndlozi se verhoor begin in Oktober

Die Randburgse Landdroshof het vandag die verhoordatum van Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, vir 13 en 28 Oktober 2020 vasgestel. Ná volgehoue druk deur AfriForum word Malema en Ndlozi deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel. Dít volg nadat AfriForum in Julie 2019 aangekondig…

AfriForum-boomplantmaand: ’n nuwe begin van hoop
| |

AfriForum-boomplantmaand: ’n nuwe begin van hoop

AfriForum het op 28 Augustus sy jaarlikse boomplantmaand afgeskop deur ses Natal-vyebome (Ficus natalensis) by The Lucky Lucy Foundation (http://www.luckylucy.org/) buite Malmesbury te plant. AfriForum gaan die hele Septembermaand aan boomaanplantings regoor die land wy. Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, is dié projek deel van ’n poging om die toekoms te…

COVID-19-taakspan voorsien weer voedsel aan Coligny-gesinne
|

COVID-19-taakspan voorsien weer voedsel aan Coligny-gesinne

Die COVID-19-taakspan – gestig deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai – het vandag in samewerking met die Willow Valley-hoenderplaas en Easy Greens Farming and Farm Produce voedsel aan 70 gesinne in Coligny geskenk. Die taakspan het ’n maand se kosvoorraad aan elke gesin geskenk om hul voedselnood te help verlig. Sandra van Zyl,…

Malalane-buurtwag help om brande in Marlothpark te bestry
| |

Malalane-buurtwag help om brande in Marlothpark te bestry

AfriForum se Malalane-buurtwag en MBM Protection Services het op 26 Augustus gehelp om brande in Marlothpark te blus. Dié brande het eiendomme bedreig en lede moes vinnig reageer om dit te blus. Daar is egter eiendomme wat tydens die brand verwoes is. Die Nkomazi-brandweer en plaaslike inwoners van Marlothpark het ook gehelp. “Ons is verlig…

AfriForum se Modjadjiskloof-plaaswag help om huisbrand te blus
| |

AfriForum se Modjadjiskloof-plaaswag help om huisbrand te blus

Lede van AfriForum se Modjadjiskloof-plaaswag het die plaaslike brandweer op 25 Augustus 2020 gehelp om ’n brand by ’n grasdakhuis in Duiwelskloof te blus. Die plaaswag het omstreeks 14:00 berig ontvang dat die huis aan die brand is, en plaaswaglede is dadelik saam met die brandweer en ander gemeenskapslede na die huis ontplooi. Die brand is ongeveer…

Gevaarlike kruising in Bethal beveilig
| |

Gevaarlike kruising in Bethal beveilig

AfriForum se Bethal-tak het op 25 Augustus ’n gevaarlike kruising op die N17 beveilig deur ’n boom te snoei. Die boom, wat op die hoek van Tsibitsa Sibanyonistraat en die N17 groei, het dié kruising se stoptekens versteek. Bethal-inwoners was bekommerd omdat vragmotors nie die stoptekens kon sien nie en dan volstoom oor die kruising…

AfriForum se Tzaneen-buurtwag ontvang opleiding en brandbestrydingstoerusting
| |

AfriForum se Tzaneen-buurtwag ontvang opleiding en brandbestrydingstoerusting

AfriForum-buurtwaglede in Tzaneen het op 22 Augustus opleiding in brandbestryding ontvang wat deur die Letaba Fire Protection Association aangebied is. Altesaam 13 lede het die opleiding voltooi. AfriForum se Tzaneen-tak het ook ’n brandblusser-eenheid ter waarde van R17 000 vir die buurtwag aangekoop wat tydens noodgevalle op enige bakkie gelaai kan word om die brandweer, Brandbestrydingsvereniging en…

AfriForum verlang samewerking met Nasionale Polisiekommissaris om plaasmoorde te bekamp
| |

AfriForum verlang samewerking met Nasionale Polisiekommissaris om plaasmoorde te bekamp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Lt. Genl. Khehla John Sitole, Nasionale Polisiekommissaris, vandag versoek om ’n vergadering te belê om strategieë en voorstelle te bespreek om plaasaanvalle en -moorde te bekamp. AfriForum het ook versoek dat die organisasie geken word in besprekings en vergaderings wat die SAPD beplan om saam met ander burgerlike gemeenskapsorganisasie te hou…

Privaatvervolgingseenheid dien in 2020 meer as 20 diensklagtes teen polisie in
| |

Privaatvervolgingseenheid dien in 2020 meer as 20 diensklagtes teen polisie in

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het sedert April 2020 meer as 20 formele diensklagtes teen die polisie ingedien by sekere provinsiale polisiekommissarisse, asook die nasionale polisiekommissaris. Hierdie klagtes spruit uit die onvermoë of onwilligheid van polisielede om hul pligte uit te voer. Die jongste klagte is op 24 Augustus by die kommissaris ingedien in die saak van Odette Kotze…

End of content

End of content