Weermagoffisier wat MIV versprei moet later weer in hof verskyn
| |

Weermagoffisier wat MIV versprei moet later weer in hof verskyn

Die beskuldigde offisier van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat van poging tot moord aangekla word omdat hy die klaagster in die saak doelbewus en sonder haar wete met MIV besmet het, het vandag in die Pretoriase Landdroshof verskyn. AfriForum ondersteun die klaer en haar familie. Die beskuldigde het vandag reeds regsverteenwoordiging in die hof…

Die AfriForum Jeug-tak in Christiana verras bejaardes
| |

Die AfriForum Jeug-tak in Christiana verras bejaardes

Die AfriForum-tak in Christiana se jeugvleuel het op 2 September bejaardes van die SAVF Edith Smith-tehuis verras met gevulde pannekoeke. Dié jeugvleuel is ook vanaf 1 September aktief en hul het sommer onmiddellik aan die werk gespring met hul eerste goedvoelprojek. Die gevulde pannekoeke was die perfekte verversing op ’n koue dag. Shanique Jacobs, verteenwoordiger…

AfriForum se Witrivier-buurtwag ontvang protospanopleiding
| |

AfriForum se Witrivier-buurtwag ontvang protospanopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 29 Augustus 2020 protospanopleiding vir lede aangebied wat oor basiese handwapenhantering fokus. Lede wat dié opleiding bygewoon het, beskik oor wettige vuurwapenlisensies. Die opleiding word aangebied om te verseker dat lede bevoeg is en binne die raamwerk van die wet optree. Dit is noodsaaklike omdat protospanlede gereeld aan verskeie situasies blootgestel…

AfriForum open beheerkamer in die noordstreek
|

AfriForum open beheerkamer in die noordstreek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 1 September sy beheerkamer vir die noordstreek in Ellisras amptelik geopen. Dié beheerkamer sal AfriForum se buurtwagte in die noordstreek 24 uur per dag, sewe dae ’n week met operasionele take bystaan, asook tydens noodgevalle. AfriForum se veiligheidstrukture in die noordstreek het aan die einde van 2018 in samewerking met verskeie privaat…

Sharemax: AfriForum plaas druk op NVG wat weier om in belang van aandeelhouers op te tree
| |

Sharemax: AfriForum plaas druk op NVG wat weier om in belang van aandeelhouers op te tree

AfriForum het vandag in ’n brief aan adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, versoek dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit oor ’n bewaringsbevel van die Nova-eiendomsgroep heroorweeg word. Die NVG het besluit om nié die Nova-eiendomsgroep (wat vir alle praktiese doeleindes ’n voortsetting van Sharemax is) se bates in bewaring te neem…

AfriForum werk saam met De Rustica en deel 250 kospakkies uit
| |

AfriForum werk saam met De Rustica en deel 250 kospakkies uit

AfriForum het in samewerking met De Rustica Olive Estate van Mei tot Augustus vanjaar meer as 250 gesinne in Oudtshoorn en De Rust van kospakkies voorsien nadat dié gesinne onder die ekonomiese nagevolge van die COVID-19-pandemie deurgeloop het. Volgens David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, meld al hoe meer mense aan vir…

AfriForum se Springs-tak bederf bejaardes met ontbyt
| |

AfriForum se Springs-tak bederf bejaardes met ontbyt

Die AfriForum-tak in Springs het op 30 Augustus 2020 vir die bejaarde inwoners van die Makville-woonstelle ontbyt gemaak nadat dié inwoners weens kabeldiefstal reeds ’n dag sonder krag was. Die elektriese afdeling van die Ekurhuleni-metro het glo gesê hulle kan eers die Maandag hieraan aandag gee aangesien die werkers nie oortydbetaling ontvang nie. Volgens Cornel Swart, voorsitter…

AfriForum se Teks-tak bied gholfdag aan by Graceland
| |

AfriForum se Teks-tak bied gholfdag aan by Graceland

AfriForum se Teks-tak het op 29 Augustus ’n gholfdag by die Graceland-gholfklub aangebied. Tydens die gholfdag het ongeveer 35 spanne aan ’n vierbal-kompetisie deelgeneem. Die spanne is beoordeel in verskeie kategorieë wat die mans-, dames- en juniorafdeling insluit. Elke speler se individuele punte is gebruik om die wenners te bepaal. Theo Grobbellaar het die mansafdeling…

AfriForum se Roodepoort-buurtwag vorm deel van SAPD-sukses
| |

AfriForum se Roodepoort-buurtwag vorm deel van SAPD-sukses

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 27 Augustus deel gevorm van ’n sukses onder leiding van die polisie toe ’n verdagte in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde kragkabels. Buurtwaglede het inligting ontvang dat ’n wit bakkie wat vermoedelik gesteelde eiendom vervoer in die gebied opgemerk is. Die misdaadintelligensienetwerk het die polisie gekontak,…

AfriForum dien kommentaar teen voorgestelde 5G-beleid in
|

AfriForum dien kommentaar teen voorgestelde 5G-beleid in

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag kommentaar teen die konsepbeleid en ‑beleidsaanwysing oor die snel ontplooiing van elektroniese kommunikasienetwerke en ‑fasiliteite (die sogenaamde 5G-beleid) by die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie ingedien. Volgens AfriForum bevat dié konsepbeleid verskeie kommerwekkende bepalings wat onder meer inbreuk maak op eiendomsreg en bepaalde veiligheidsrisiko’s vir grondeienaars inhou. AfriForum dui…

End of content

End of content