AfriForum stig tak en buurtwag in Potgietersrus
| |

AfriForum stig tak en buurtwag in Potgietersrus

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 September 2020 amptelik ’n tak en buurtwag in Potgietersrus gestig. Sowat 30 gemeenskapslede het die stigting bygewoon en die lede het ook by die buurtwag ingeskakel. Die takbestuur bestaan uit: Hennie de Vos (voorsitter), Louis Loggenberg (ondervoorsitter), Ilze Labuschagne (tesourier), Yolundi Tromp (sekretaris), Robbie de Vos (omgewing- en plaaslikeregeringsake) en Robert…

#VegEnBou-week: AfriForum sit skouer aan die wiel in Ellisras
| | |

#VegEnBou-week: AfriForum sit skouer aan die wiel in Ellisras

AfriForum se Ellisras-tak het op 28 Augustus 2020 die organisasie se #VegEnBou-projek in die dorp afgeskop en verskeie opheffingsprojekte en veiligheidsaksies is tydens die #VegEnBou-week gehou. Opheffingsprojekte Die tak het op 28 Augustus 30 bottels handreiniger aan die SAVF Maroela Oord geskenk om die bejaardes en personeel teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Die tak se…

AfriForum waarsku die DWS oor waterlekkasies
| |

AfriForum waarsku die DWS oor waterlekkasies

AfriForum het Lindiwe Sisulu, Minister van Water en Sanitasie, vandag in ’n skrywe gewaarsku oor die grootskaalse probleem wat waterlekkasies in die land kan veroorsaak. Die organisasie het die Departement van Water en Sanitasie (DWS) ook versoek om ’n taakspan aan te stel wat daarop fokus om waterlekkasies landwyd te herstel. Die organisasie het hierdie…

Polisie versaak gemeenskappe deur nie teen EFF-boelies op te tree nie
| |

Polisie versaak gemeenskappe deur nie teen EFF-boelies op te tree nie

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n beroep gedoen op genl. Bheki Cele, die Minister van Polisie, om daadwerklik op te tree teen oortreders wat vandag Clicks-winkels landwyd gevandaliseer en beskadig het. AfriForum het verder uitgewys dat die polisie gefaal het in hul plig om die burgery te beskerm teen dié persone, wat dink dat hulle…

AfriForum se Moot-tak maak twee spruite skoon
| |

AfriForum se Moot-tak maak twee spruite skoon

AfriForum se Moot-tak het op 5 September twee spruite tussen Hertzog-, Haarhoff-, Meyer- en Louis Trichardtstraat skoongemaak om onder meer veiligheid in dié gebied te bevorder. “Lang gras in openbare areas bied wegkruipplek vir kwaaddoeners en veroorsaak dat misdadigers nie vasgetrek kan word nie. Hoewel veiligheid vir ons baie belangrik is, is dit nie die…

AfriForum se volhoubare projekte help Bethal
| |

AfriForum se volhoubare projekte help Bethal

AfriForum se volhoubare selfdoenprojekte is ’n noodsaaklikheid vir Bethal. Bethal is ’n dorp wat ’n volgehoue onderbreking van munisipale dienslewering ervaar. Juis daarom het die plaaslike AfriForum-tak volhoubare maandelikse of selfs weeklikse projekte geloods om die gemeenskap te help. AfriForum het in 2018 ná menige wateronderbreking ’n noodwaterpunt opgerig. Dié projek is geloods in samewerking…

AfriForum se Lichtenburg-tak en ondernemings skenk kos aan hart-en-handeprojek
| |

AfriForum se Lichtenburg-tak en ondernemings skenk kos aan hart-en-handeprojek

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 4 September in samewerking met Noordwes Koöperasie (NWK) en Shukran Furniture ongeveer 1 ton noodsaaklike voedsel ter waarde van R15 000 aan die Hoërskool Lichtenburg se hart-en-handeprojek geskenk. Die hart-en-handeprojek ondersteun behoeftige gesinne in dié dorp. “Ons het saam met NWK en Shukran Furniture gewerk om die nood wat ontstaan het as…

AfriForum rig noodwaterpunt in Vryheid op
| |

AfriForum rig noodwaterpunt in Vryheid op

Die AfriForum-tak in Vryheid het ’n noodwaterpunt opgerig om die gemeenskap tydens wateronderbrekings van water te voorsien. Die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit laat inwoners gereeld in die steek met watervoorsiening as gevolg van pompe en waterpype wat breek. “Gereelde wateronderbrekings het ons gedwing om ’n noodwaterpunt op te rig om ons gemeenskap by te staan tydens…

AfriForum se Kamieskroon-tak werk saam met Helpende Hand om kos uit te deel
| |

AfriForum se Kamieskroon-tak werk saam met Helpende Hand om kos uit te deel

Die AfriForum-tak in Kamieskroon het op 31 Augustus in samewerking met Solidariteit Helende Hand 15 kospakke aan behoeftige gesinne uitgedeel. Een kospak kan ’n gesin van vier vir ’n maand lank onderhou. Die kospakke bevat onder meer 5 kg-pakke rys, stampmielies, mieliemeel en koekmeel, asook melk, konfyt, blikkiesvis, soppoeier, pasta en grondboontjiebotter. Helpende Hand het die helfte…

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag stel noodwaterpunt beskikbaar
| |

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag stel noodwaterpunt beskikbaar

AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag in Bloemfontein het op 1 September 2020 hul mobiele noodwaterpunt aan die gemeenskap beskikbaar gestel nadat inwoners gekla het dat hul geen watertoevoer by hul huise het nie. Dit volg nadat Bloemwater aangekondig het dat waterdruk verlaag gaan word weens die Mangaung Metro se wanbetaling aan dié waterraad. AfriForum se mobiele waterpunt gaan om…

End of content

End of content