AfriForum se Hessekwa-veiligheidstrukture ontvang opleiding
| |

AfriForum se Hessekwa-veiligheidstrukture ontvang opleiding

Die Hessekwa-tak se buurt- en plaaswagte het op 12 September aan verskeie opleidingsmodules deelgeneem, waaronder vuurwapenhantering, persoonlike beskerming en selfverdediging. Lede van die Riversdal Sentraal- en Aalwynfleur-buurtwag, asook die Albertinia-plaaswag was betrokke en het opleiding ontvang om bestaande vaardighede op te skerp. Johan Crous, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak, het die vuurwapenopleiding aangebied en Driekus Crous…

AfriForum-buurtwag in Rustenburg beveilig gemeenskap
| |

AfriForum-buurtwag in Rustenburg beveilig gemeenskap

Die AfriForum-buurtwag in Rustenburg het op 12 September 2020 veiligheidsmonitering by die Departement van Binnelandse Sake gedoen. Groot hoeveelhede mense besoek dié Departement op Saterdae en dit het vroeër vanjaar veiligheidsinsidente tot gevolg gehad. Dié buurtwag het die area van 08:00 tot 14:30 gemoniteer en geen voorval is aangemeld nie. “Die gemeenskap voel nie veilig wanneer…

AfriForum dra R30 000 by tot laerskole in Rustenburg
| |

AfriForum dra R30 000 by tot laerskole in Rustenburg

AfriForum se Rustenburg-tak was die hoofborg van ’n suksesvolle fondsinsameling vir laerskole in Rustenburg. Gemeenskapslede kon deur finansiële skenkings hul posisie in ’n fietsrenkompetisie wat op 12 September 2020 by Laerskool Rustenburg plaasgevind het, verseker. Die gemeenskapslede het deel gevorm van die onderskeie skole se spanne, naamlik Laerskool Rustenburg, Laerskool Proteapark en Laerskool David Brink….

AfriForum-buurtwag in Bellville verwelkom hommeltuigvlieëniers
| |

AfriForum-buurtwag in Bellville verwelkom hommeltuigvlieëniers

AfriForum-buurtwag in Bellville, wat deel van die organisasie se Kaapstad-Noord-tak uitmaak, het onlangs twee hommeltuigvlieëniers in Orania laat oplei. Dié vlieëniers, Johan Fritz en Eben Nel, gaan die AfriForum-buurtwagte in die Kaapse metropool voortaan met veiligheidsaksies ondersteun. Buurtwagte kan hommeltuie aanwend om areas te verken sonder om persone in gevaar te stel. Inligting wat tydens…

AfriForum se Centurion-tak gaan voort met skoonmaak van park
| |

AfriForum se Centurion-tak gaan voort met skoonmaak van park

Die AfriForum-tak in Centurion het op 12 September voortgegaan om die Montague Kneen-park in Valhalla skoon te maak en talle gemeenskapslede het hand bygesit. AfriForum het talle skrywes aan die Tshwane-metro gerig rakende die toestand van dié park en ook versoek dat die metro ’n aksieplan moet voorlê vir die opknapping daarvan. Geen terugvoer is egter…

AfriForum staan Viljoenskroon-boer by met herstel van damwal
| |

AfriForum staan Viljoenskroon-boer by met herstel van damwal

AfriForum het ’n boer van Viljoenskroon gehelp om die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit te dwing om ’n damwal aan die bokant van sy grond te herstel ná die boer klagtes by die munisipaliteit ingedien het, maar geen reaksie ontvang het nie. Die damwal is deur inwoners van ’n plakkerskamp gebreek en riool het tot in die…

AfriForum ondersoek moontlike ANC-misbruik van lugmagbates
| |

AfriForum ondersoek moontlike ANC-misbruik van lugmagbates

AfriForum het vandag ’n ondersoek geloods na die beweerde misbruik van lugmagbates deur sekere hooggeplaaste lede van die ANC. Dié burgerregteorganisasie het ook aangedui dat hy regstappe sal te doen as dit aan die lig sou kom dat staatsbates onregmatig deur die ANC gebruik is. Dit volg op berigte dat onder andere Ace Magashule (sekretaris-generaal…

Groen vuurwapenlisensies weer onder die loep
|

Groen vuurwapenlisensies weer onder die loep

AfriForum is van mening dat die nuwe toedrag van sake rakende die groen vuurwapenlisensies verreikende gevolge vir die groot hoeveelheid houers van groen lisensies inhou. Dit volg nadat SA Jagters op 8 September ’n brief van die staatsprokureur se kantoor ontvang het wat die vereniging meedeel dat Bheki Cele, minister van polisie, van voorneme is…

AfriForum vlek COVID-19-korrupsie in Stad Johannesburg oop
| |

AfriForum vlek COVID-19-korrupsie in Stad Johannesburg oop

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes van korrupsie by die Lyttelton-polisiestasie teen die Stad Johannesburg en tersaaklike verskaffers gelê. Hierdie klagtes volg nadat ’n interne ouditverslag van dié stadsraad aan AfriForum se privaatvervolgingseenheid gestuur is. Op 19 Maart 2020, ná afloop van die aankondiging van ’n nasionale ramptoestand, het die nasionale tesourie ’n omsendbrief uitgereik rakende…

Makhura se wanoptrede dompel Tshwane-metro in chaos
| |

Makhura se wanoptrede dompel Tshwane-metro in chaos

Die aanstelling van Mpho Nawa as hoofadministrateur van die Tshwane-metro het daartoe gelei dat ’n begroting onregmatig goedgekeur is wat duisende Pretorianers tans hoofbrekings gee. AfriForum het reeds hofstukke beteken om die besluit oor die begroting ter syde te stel, asook om te eis dat ’n nuwe proses moet begin om ’n nuwe begroting goed…

End of content

End of content