AfriForum se Hessekwa-tak behaal sukses in samewerking met SAPD
| |

AfriForum se Hessekwa-tak behaal sukses in samewerking met SAPD

Die AfriForum-tak in Hessekwa se buurt- en plaaswagte het op 17 September 2020 in samewerking met die SAPD in Riversdal ’n vermeende inbreker in hegtenis geneem. Die SAPD het Johan Crous, voorsitter van die Hessekwa-buurtwag, omstreeks 07:30 op dié Donderdagoggend om hulp genader nadat ’n soektog na die verdagte die vorige dag onsuksesvol was. Crous…

AfriForum pak volhoubare projekte in Bloemfontein aan
| |

AfriForum pak volhoubare projekte in Bloemfontein aan

AfriForum se Bloemfontein-takke het in September verskeie volhoubare projekte aangepak om die woonbuurte op te knap en dienste te lewer. Die takke het weens die Mangaung Metro se vertraging met dienslewering ’n vullisverwyderingsprojek van stapel gestuur en self vullis in die onderskeie woonbuurte verwyder. Woonbuurte is uiters onnet gelaat nadat vullissakke wat nie verwyder is…

AfriForum-buurtwagte in die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum-buurtwagte in die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum-buurtwagte in die sentraalstreek – wat die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal insluit – het op Vrydag 18 September aan dié burgerregteorganisasie se nasionale patrollie deelgeneem. In die Vrystaat het altesaam 17 AfriForum-buurtwagte en 280 patrolleerders in 151 voertuie deelgeneem. Hulle het meer as 5 500 km afgelê en 28 voorvalle suksesvol in samewerking met die SAPD…

AfriForum veg en bou in Kempton Park
| |

AfriForum veg en bou in Kempton Park

Die AfriForum-tak in Kempton Park het die organisasie se #VegEnBou-week op Vrydag 11 September 2020 afgeskop, en taklede en vrywilligers het verskeie opheffingsprojekte van stapel gestuur. Die Kempton Park-tak en die jeugportefeulje van AfriForum se Oos-Moot-tak het op 12 September opknappingswerk by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kempton Park gedoen. Die lede het buitebande geverf en plantjies…

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Mooirivier-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in Bothaville, Ellaton, Hartbeesfontein, Orkney, Parys, Potchefstroom, Sasolburg, Stilfontein en Ventersdorp se plaas- en buurtwagte het op 18 September 2020 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 uitgevoer in samewerking met die SAPD en verskeie gemeenskapslede, sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies uit die onderskeie dorpe….

AfriForum se Hessekwa-tak neem deel aan nasionale massapatrollie
| |

AfriForum se Hessekwa-tak neem deel aan nasionale massapatrollie

Die AfriForum-tak in Hessekwa se buurt- en plaaswagte het op 18 September aan die nasionale massapatrollie deelgeneem wat regoor die land deur AfriForum se veiligheidstrukture aangepak is. Die massapatrollies word verskeie kere deur die loop van die jaar aangebied en die doel is om die waarde van proaktiewe deelname aan gebiedsbeskerming aan gemeenskappe uit te…

AfriForum betuig simpatie ná die afsterwe van dr. Danny Titus
| |

AfriForum betuig simpatie ná die afsterwe van dr. Danny Titus

AfriForum betuig sy meegevoel aan die kinders, familie en kollegas van dr. Danny Titus, wat op Vrydag 18 September 2020 oorlede is. Dr. Titus het diep spore op die terrein van taal- en gemeenskapsbevordering getrap. Hy sal onder meer onthou word vir sy kommentaar oor sake van die dag, sy insette vir die bemagtiging van…

AfriForum se Centurion-tak maak sakekern in Valhalla skoon
| |

AfriForum se Centurion-tak maak sakekern in Valhalla skoon

Die AfriForum-tak in Centurion het op 17 September ’n skoonmaakprojek in Valhalla se sentrale sakekern gehou. Hierdie gebied is al ’n geruime tyd onnet en die tak het talle klagtes daaroor ontvang. Die tak het gevolglik ’n kontrakteur aangestel om die vullis te verwyder, asook om die onkruid wat teen die sypaadjies groei met gif te…

AfriForum se Endicott-plaaswag trek vermeende dief vas
| |

AfriForum se Endicott-plaaswag trek vermeende dief vas

Lede van AfriForum se Endicott-plaaswag wat deel van AfriForum se Springs-buurtwag vorm, het vandag ’n vermeende misdadiger vasgetrek nadat daar op ’n lid se noodroep gereageer is. Die lid het die verdagte, wat reeds geruime tyd in die Endicott- en Vischkuil-gemeenskap gesoek word, op sy perseel gewaar waarna hy die plaaswag in kennis gestel het….

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes
| |

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes

AfriForum het sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief na die Helderbergkom uitgebrei nadat die organisasie hierdie projek in Mei in die Kaapse metropool van stapel gestuur het. 800 kg nartjies is aan 1 600 bejaardes in verskeie ouetehuise en aftreeoorde in Somerset-Wes en Strand geskenk. Daar is veral gefokus op ouetehuise, aftreeoorde en ander instansies in Somerset-Wes en…

End of content

End of content