AfriForum eis onafhanklike ondersoek ná bewerings van wanbestuur, seksuele misdrywe en viktimisasie by Netbal SA
|

AfriForum eis onafhanklike ondersoek ná bewerings van wanbestuur, seksuele misdrywe en viktimisasie by Netbal SA

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) geëis dat ’n onafhanklike ondersoek teen Netbal SA van stapel gestuur moet word. Dit volg ná AfriForum in ’n dokumentêr getiteld Die ware stand van sake in Netbal SA die kollig geplaas het op bewerings van viktimisasie, seksuele misdrywe…

AfriForum-takke ondersteun vloedgeteisterde gebiede
| |

AfriForum-takke ondersteun vloedgeteisterde gebiede

AfriForum se Weskus-tak in Langebaan en die Cederberg-tak in Clanwilliam het gedurende die onlangse Wes-Kaapse vloede ook hulp verleen aan die naburige dorpe wat deur die oorstromings geraak is. Citrusdal is van die buitewêreld afgesny nadat wydverspreide reën oor die provinsie geval het. Brûe en paaie het onder meer weggespoel. Die Weskus-tak het meer as…

Lichtenburg-tak herstel 65 slaggate in ’n japtrap
| |

Lichtenburg-tak herstel 65 slaggate in ’n japtrap

AfriForum se Lichtenburg-tak het van 12 tot 22 Junie altesaam 65 slaggate in Kerkstraat en 8ste Laan herstel. Honderd sakkies teer is gebruik om die slaggate te vul en SS60 Bitumen is gebruik om die slaggate te seël. Die tak bedank NWK Lichtenburg wat reeds 100 sakkies teer en ’n drom SS60 Bitumen geskenk het…

AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie vir 2023 is hier
|

AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie vir 2023 is hier

AfriForum Sakenetwerk bied in samewerking met Akademia weereens vanjaar die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aan. Dié kompetisie gee entrepreneurs die geleentheid om hul unieke ondernemings en idees ten toon te stel en word sedert 2017 deur die organisasie aangebied. Vanaf 2017 het meer as 350 entrepreneurs vir dié kompetisie ingeskryf en meer as 16 000 lede…

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend
|

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend

Die derde episode van die dokumentêre reeks Open Borders is vandag bekendgestel. Hierdie episode getiteld “Cannabis and cattle theft” fokus op hoe die gebrek aan grensbeheer tussen Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini oorgrensmisdaad aanwakker. Een van die hooftemas in hierdie episode is hoe gesteelde beeste en dagga oor dié grense gesmokkel word. Open Borders ondersoek die…

Potchefstroom-buurtwag trek kabeldiewe met behulp van hommeltuig vas
| |

Potchefstroom-buurtwag trek kabeldiewe met behulp van hommeltuig vas

AfriForum se Potchefstroom-buurtwag het vanoggend in samewerking met Mooirivier Beskerming en CB Sekuriteit twee verdagtes aangekeer wat koperkabels gesteel het. Hierdie diewe voer reeds maande lank ’n skrikbewind in die Suiddorp en Miederpark, maar vanoggend het hulle hul rieme styfgeloop. Dié buurtwag het hul hommeltuigvlieënier ontbied om die verdagtes vanuit die lug op te spoor…

Nuwe sperdatum vir graad 1- en 8-inskrywings in Gauteng ‒ AfriForum raai ouers aan om nie te wag nie
| |

Nuwe sperdatum vir graad 1- en 8-inskrywings in Gauteng ‒ AfriForum raai ouers aan om nie te wag nie

AfriForum het die nuwe sperdatum vir inskrywings van leerders wat volgende jaar in graad 1 of 8 in Gautengse openbare skole moet wees, verwelkom. Die aanvanklike sluitingsdatum vir aansoeke is met ’n week verleng tot 21 Julie 2023 en ouers sal daarna nog tyd tot 28 Julie 2023 hê om die vereiste dokumente aanlyn of…

AfriForum se regstryd vir skoon water teen Ngwathe-munisipaliteit duur voort
| |

AfriForum se regstryd vir skoon water teen Ngwathe-munisipaliteit duur voort

AfriForum se regstryd teen die Ngwathe-munisipaliteit vir behoorlike watervoorsiening aan die gemeenskap en die herstel van dié infrastruktuur duur steeds voort. Dié organisasie se omvattende hofaansoek sal eersdaags deur die Hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word. Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, is die opkomende hofaansoek ’n belangrike veldslag in die groter stryd…

Nelspruit-buurtwag help om gekaapte voertuig en ontvoerde slagoffer op te spoor
| |

Nelspruit-buurtwag help om gekaapte voertuig en ontvoerde slagoffer op te spoor

AfriForum se Nelspruit-buurtwag in Mbombela het op 19 Junie ’n sleutelrol gespeel in die opsporing van ’n gekaapte voertuig en ’n slagoffer wat in dié voertuig se kattebak geboender is. Die slagoffer is ongedeerd gevind. Dít volg nadat die Nelspruit-buurtwag omstreeks 19:45 inligting van ’n huisrooftog en ’n motorkaping in Aurorarylaan in Steiltes op ’n…

AfriForum dien kommentaar teen Onteieningswetsontwerp by Vrystaatse provinsiale wetgewer in
| |

AfriForum dien kommentaar teen Onteieningswetsontwerp by Vrystaatse provinsiale wetgewer in

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandeesweek verdere skriftelike kommentaar wat die Onteieningswetsontwerp (B 23 – 2020) sterk teenstaan, by die Vrystaatse provinsiale wetgewer ingedien. Dié wetsontwerp is tans voor die Nasionale Raad van Provinsies, en daarom het individuele provinsies geleenthede vir die publiek gegee om kommentaar in te dien. AfriForum het in 2023 skriftelike kommentaar teen…

End of content

End of content