AfriForum se Potchefstroom-tak bring rioolprobleem onder administrateur se aandag
| |

AfriForum se Potchefstroom-tak bring rioolprobleem onder administrateur se aandag

Bestuurslede van die AfriForum-tak in Potchefstroom het op 22 September 2020 die nuut aangestelde administrateur, Thupi Mokhatla, en sy personeel op ’n toer deur die dorp geneem om die rioolkrisis in dié dorp aan hulle uit te wys. Saam met Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, het die bestuurslede verskeie kwessies onder die…

AfriForum versoek optrede van nasionale polisiekommissaris
|

AfriForum versoek optrede van nasionale polisiekommissaris

AfriForum het vandag ’n skrywe aan genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, gerig waarin die burgerregteorganisasie versoek dat hy ’n ondersoek loods na die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris en haar bestuurspan se ondeurdagte optrede tydens die hantering van ’n vreedsame protes in die Kaapstadse middestad. AfriForum het op 24 Julie 2020 ’n skrywe aan lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiekommissaris,…

AfriForum se Heidelberg-buurtwag neem verdagte in hegtenis en kry volwaardige lugvleuel
| |

AfriForum se Heidelberg-buurtwag neem verdagte in hegtenis en kry volwaardige lugvleuel

AfriForum se Heidelberg-buurtwag, wat in Augustus gestig is, het die afgelope week sukses behaal deur saam met die SAPD te werk om ’n verdagte in hegtenis te neem. Dié verdagte is in verband met voertuigdiefstal en verskeie ander klagtes gesoek. Dit volg nadat die buurtwag inligting by die gemeenskap ontvang het oor ’n verdagte persoon…

AfriForum se Helderbergkom-tak vier boomplantmaand
| | |

AfriForum se Helderbergkom-tak vier boomplantmaand

AfriForum se Helderbergkom-tak het op 22 September as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantprojek twee stinkhoutbome by Somerset-Wes Primêre Skool geplant. “Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee of vrugte van die boom gaan geniet nie, maar…

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem deel aan massapatrollie
| |

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem deel aan massapatrollie

AfriForum se buurtwagte in Alberton, Boksburg, Brakpan, Benoni, Edenvale, Germiston, Kempton Park en Springs het op 18 September 2020 in hul onderskeie gebiede aan dié burgerregteorganisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander buurtwagte aangepak. Altesaam 234 AfriForum-lede en 308 ander patrolleerders…

AfriForum se buurtwagte in die Groter Pretoria-gebied neem deel aan nasionale massapatrollie
| |

AfriForum se buurtwagte in die Groter Pretoria-gebied neem deel aan nasionale massapatrollie

AfriForum se buurtwagte in die Groter Pretoria-gebied het op 18 September deelgeneem aan dié burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie. Die patrollie het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede plaasgevind, wat gehelp het om sigbaarheid in die area te verhoog. Altesaam 349 voertuie, 496 gemeenskapslede en 259 AfriForum-buurtwaglede het aan die patrollie deelgeneem. Die lede het…

AfriForum se Mosselbaai-tak vier boomplantmaand saam met plaaslike munisipaliteit
| | |

AfriForum se Mosselbaai-tak vier boomplantmaand saam met plaaslike munisipaliteit

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het op 19 September bome in ’n park in Heiderand geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se nasionale boomplantmaandprojek. Die geleentheid is bygewoon deur Dirk Kotze, die waarnemende burgemeester, asook ander raadslede, direkteure verbonde aan die munisipaliteit en amptenare. Die boomplantmaandprojek is ’n projek wat AfriForum jaarliks oor die land heen aanpak….

AfriForum se Gauteng-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Gauteng-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Gauteng het op 18 September 2020 in hul onderskeie gebiede aan dié burgerregteorganisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies aangepak. Altesaam 656 AfriForum-lede en 963 ander patrolleerders het 33 642 km met 776…

AfriForum kap Cele oor prioritisering van plaasmoorde; verskerp veldtog
| |

AfriForum kap Cele oor prioritisering van plaasmoorde; verskerp veldtog

AfriForum het vandag skerp gereageer op die stelling van Bheki Cele, Minister van Polisie, dat plaasmoorde nie prioriteitsmisdade moet wees nie. Dié burgerregteorganisasie beskryf die Minister se stelling as irrasioneel en diskriminerend. Dit volg nadat Cele gister gesê het dat plaasmoorde nie as prioriteitsmisdade verklaar kan word nie omdat dit bloot verwys na voorvalle van…

AfriForum hou nasionale patrollie
|

AfriForum hou nasionale patrollie

AfriForum het op 18 September ’n nasionale patrollie gehou om sigbaarheid reg oor die land vir ’n kort tydperk te verhoog. Dié burgerregteorganisasie is een van die min instansies wat tans hierdie tipe projekte hou. Duisende AfriForum-lede het in samewerking met ander veiligheidsrolspelers, waaronder verskeie privaat buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums, insleepdienste, polisiestasies, plaaslike ondernemings, nooddienste en verkeersafdelings,…

End of content

End of content