AfriForum versoek makliker toegang vir misdaadslagoffers tot paroolverhore
| |

AfriForum versoek makliker toegang vir misdaadslagoffers tot paroolverhore

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n skrywe aan Ronald Lamola, minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, versoek dat die bywoning en/of lewering van skriftelike voorleggings by paroolverhore deur misdaadslagoffers of hul naasbestaandes meer toeganklik moet wees vir almal. AfriForum het ook ’n verslag saamgestel oor die regte wat misdaadslagoffers of hul naasbestaandes in hierdie…

AfriForum sluit #VegEnBou-week in die Moot af
| | |

AfriForum sluit #VegEnBou-week in die Moot af

AfriForum se onderskeie takke in die Pretoriase Moot het verlede week hard gewerk tydens sy #VegEnBou-week om die gemeenskap te beveilig. Tydens die week is veiligheidsoudits by vyf skole in die gebied gedoen: Laerskool Pierneef, Laerskool Villieria, Laerskool Wonderboom-Suid, Hoërskool Wonderboom en Hoërskool Tuine. Dié oudit word by skole gedoen om die veiligheid van onderwysers…

AfriForum verwelkom heroorweging van verbod op buitemuurse skoolaktiwiteite
|

AfriForum verwelkom heroorweging van verbod op buitemuurse skoolaktiwiteite

AfriForum verwelkom Angie Motshekga, die minister van Basiese Onderwys, se oorweging om die skorsing van alle buitemuurse skoolaktiwiteite, insluitend programme vir niekontaksport, op te hef. Dít volg nadat die burgerregteorganisasie op 22 September ’n aanmaning in hierdie verband aan die departement gestuur en die minister versoek het om die ongegronde skorsing op te hef. Motshekga het…

AfriForum se Lichtenburg-tak en Tacet Transport verbeter padveiligheid in Retiefspark
| |

AfriForum se Lichtenburg-tak en Tacet Transport verbeter padveiligheid in Retiefspark

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het in September in samewerking met Tacet Transport (Edms.) Bpk. ’n groot veiligheids-en-gesondheidsrisiko in dié dorp hok geslaan deur tien spoedhobbels in Dr. Beyers Nauderylaan aan te bring. Dié rylaan is nie geteer nie en die swaar voertuie wat die pad gebruik, veroorsaak baie stof. AfriForum het R10 000 tot dié projek…

AfriForum wen dekade lange stryd om by VN te registreer
| |

AfriForum wen dekade lange stryd om by VN te registreer

Die burgerregteorganisasie AfriForum het pas bevestiging ontvang dat dié organisasie nou amptelik by die Verenigde Nasies (VN) as nieregeringsorganisasie met spesiale raadgewende status geregistreer is. Dié status bied aan AfriForum verskeie geleenthede en voorregte om die organisasie se werk op groter skaal in die raadsale van die VN voort te sit. Die deurbraak is gemaak…

900 onbenutte staatsplase bevestig onteiening sonder vergoeding sal misluk
| |

900 onbenutte staatsplase bevestig onteiening sonder vergoeding sal misluk

AfriForum is van mening dat die regering se erkenning dat bykans 900 plase – wat aan die staat behoort en sowat 700 000 hektaar beslaan – onderbenut word of ongebruik is weer eens bevestig dat die regering se poging om meer radikale grondhervorming in die vorm van onteiening sonder vergoeding deur te voer op ’n ramp…

AfriForum in hof oor Tshwane-begroting
| |

AfriForum in hof oor Tshwane-begroting

Die burgerregteorganisasie AfriForum was vandag op ’n dringende grondslag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria om die Tshwane-metro se begroting wat deur Mpho Nawa, administrateur van die Tshwane-metro, goedgekeur is, tersyde te stel. Regter Portia Phahlane het bevind dat die saak wel dringend is, maar het uitspraak voorbehou. Volgens die organisasie het die administrateur buite…

AfriForum se Heidelberg-tak skop #OnsDorp-projek af
| |

AfriForum se Heidelberg-tak skop #OnsDorp-projek af

Die AfriForum-tak in Heidelberg het op 29 September die #Onsdorp-projek afgeskop. ’n Boom is aan die plaaslike Voortrekkerkommando geskenk en op dié dag by die Ou Tronk in dié dorp geplant. Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir die Gauteng-Suid-area, sê dit is ’n riem onder die hart vir dié tak om met die plaaslike Voortrekkerkommando…

AfriForum herstel slaggate in Frankfort
| |

AfriForum herstel slaggate in Frankfort

Die AfriForum-tak in Frankfort het oor die afgelope weke slaggate in dié dorp herstel in samewerking met die Mafube Besigheidsforum. Dié projek word al vir ’n geruime tyd gedryf omdat die Mafube Plaaslike Munisipaliteit versuim om die slaggate te herstel. Die tak het 400 sakke teer ter waarde van R33 000, asook seëlaar ter waarde van…

AfriForum maak strate skoon in Ottosdal as deel van #OnsDorp-projek
| |

AfriForum maak strate skoon in Ottosdal as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Ottosdal het op 29 September die hoofstraat van dié dorp skoongemaak as deel van die burgerregteorganisasie se #OnsDorp-projek. Die doel van die projek is om vir plaaslike inwoners te wys dat AfriForum daar is om ’n verskil te maak en om inwoners te motiveer om meer selfdoenprojekte van stapel te stuur. “Selfdoen…

End of content

End of content