#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Roodepoort-tak skenk bome
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Roodepoort-tak skenk bome

Die AfriForum-tak in Roodepoort het op 9 Oktober 2020 vyftien bome aan die Hamerkop-voëlpark geskenk. AfriForum het die skenking gemaak aangesien ’n groot aantal bome in dié park in 2019 tydens ’n verwoestende brand vernietig is. Die Hamerkop-voëlpark huisves 162 verskillende voëlspesies. “Die bome is by inheemsebome.co.za aangekoop en na die voëlpark vervoer. Dit sal nie net…

AfriForum se Bloemfontein-takke skenk bome aan Voortrekkers
| |

AfriForum se Bloemfontein-takke skenk bome aan Voortrekkers

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het hande met hul plaaslike Voortrekkerkommando’s gevat om lewende monumente te plant. AfriForum het bome aan elke kommando in Bloemfontein geskenk en die eerste boom is op 10 Oktober 2020 as deel van die Voortrekkers se 100ste bestaansjaar geplant. ’n Olienhout is by die Vrouemonument geplant saam met die onthulling van…

AfriForum en Saai skenk voer aan boere van Volmoed
| |

AfriForum en Saai skenk voer aan boere van Volmoed

AfriForum en Saai het op 12 Oktober saamgewerk om 120 ton voer aan boere in die Volmoed-omgewing te skenk. Die voer, wat uit voerpille vir volstruise en lusern bestaan, is by Karoo Lusern afgelaai wat hul terrein goedgunstiglik daarvoor beskikbaar gestel het. Die skenking volg kort ná ’n besoek aan die gebied deur ’n afvaardiging van…

AfriForum reël vreedsame protesaksie teen plaasmoorde vir Vrydag in Senekal
|

AfriForum reël vreedsame protesaksie teen plaasmoorde vir Vrydag in Senekal

Die burgerregteorganisasie AfriForum het besluit om voort te gaan met reëlings om Vrydag, 16 Oktober om 10:00 in Senekal ’n vreedsame protesaksie teen plaasmoorde en geweld te hou. AfriForum het hierdie besluit geneem om te verseker dat die vreedsame meerderheid, wat op ’n geordende wyse hulle woede en misnoeë oor die terreur op plase wil…

Malema en Ndlozi se verhoor begin nou einde Oktober
| |

Malema en Ndlozi se verhoor begin nou einde Oktober

Die verhoor van Julius Malema, EFF-leier, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder – elk op ’n aanklag van aanranding – sou vandag in die Randburgse Landdroshof begin het. Dié hof het egter gelas dat die media vandag se hofverrigtinge nie regstreeks mag uitsaai nie en dat aansoeke tot dié effek eers gebring moet word. Die saak is…

AfriForum verwelkom ondersoek na polisie se wangedrag
|

AfriForum verwelkom ondersoek na polisie se wangedrag

AfriForum verwelkom die aankondiging op 11 Oktober 2020 dat die Wes-Kaapse polisie-ombudsman ’n ondersoek gelas het na die wangedrag en magsmisbruik van polisie in die Wes-Kaap. Johan Brand, ombudsman van die Wes-Kaapse polisie, het aangedui dat hy ’n volledige ondersoek gelas het na verskeie klagtes wat teen die Wes-Kaapse polisie aanhangig gemaak is. Dit kom…

Nuutgestigte beheerkamer speel sleutelrol in bekamping van misdaad
| | | | |

Nuutgestigte beheerkamer speel sleutelrol in bekamping van misdaad

Die nuutgestigte beheerkamer wat bystand bied aan AfriForum se noordstreek (Gauteng, Mpumalanga en Limpopo) speel ’n kernrol in die bekamping van misdaad Een suksesverhaal wat daarvan getuig, is die inhegtenisneming van ’n verdagte met ’n gesteelde voertuig in Springs. Die gemeenskap het op 7 Oktober AfriForum se Springs-buurtwag verwittig van ’n verdagte voertuig in die…

NVG maak ommekeer oor moordsaak nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

NVG maak ommekeer oor moordsaak nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy aanvanklike besluit om nie die beskuldigde in ’n moordsaak te vervolg nie, omgekeer nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid die klaer in dié saak bygestaan het. Die klaer in die saak se man is in Januarie vanjaar in Richardsbaai doodgeskiet en sy het self ook ’n skietwond aan haar hand opgedoen….

Ramaphosa, Cele moet verantwoordelikheid vir Senekal aanvaar
| |

Ramaphosa, Cele moet verantwoordelikheid vir Senekal aanvaar

Pres. Cyril Ramaphosa en Bheki Cele, minister van Polisie, moet verantwoordelikheid aanvaar vir die gebeure gister in Senekal tydens die eerste hofverskyning van die moordverdagtes van Brendin Horner (21). Die regering se herhaalde miskenning van plaasmoorde en hul weiering om dit tot prioriteitsmisdaad te verklaar, is die rede vir gemoedere wat gister in dié Vrystaatse…

AfriForum stig buurtwag in Centurion
| |

AfriForum stig buurtwag in Centurion

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 Oktober ’n buurtwag in Centurion gestig. Dié buurtwag – wat deel van AfriForum se Centurion-tak vorm – gaan saam met veiligheidsinstansies en die SAPD werk om misdaad te help bekamp en voorkom. Die buurtwagbestuur bestaan uit André de Bruyn (buurtwagvoorsitter) en Stefan Smits (buurtwagkoördineerder). “Ons wil die gemeenskap aanmoedig…

End of content

End of content