Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van NVG oor Jiba
| |

Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van NVG oor Jiba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in ’n brief aan adv. Shamila Batohi, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), antwoorde geëis oor waarom die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) luidens stellings in die media ’n skynbare ommekeer gemaak het oor die vervolging van Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, vir bedrog en meineed. Soos wat dit nou die gebruik is…

Landdros word vervolg ná privaatvervolgingseenheid se toetrede
| |

Landdros word vervolg ná privaatvervolgingseenheid se toetrede

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het nóg ’n oorwinning behaal nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n ommekeer gemaak het en besluit het om wel vervolging in te stel teen Gerald Hattingh, ’n landdros in die Belville-area, op ’n klag van nalatige bestuur. Dit volg nadat Hattingh reeds in 2011 vir Verna Cloete raakgery het. Die NVG het…

AfriForum se Hennopsrivier-tak reorganiseer
| |

AfriForum se Hennopsrivier-tak reorganiseer

AfriForum het op 17 Oktober sy Hennopsrivier-tak gereorganiseer. Dié tak is reeds besig met die beplanning van projekte wat in die nabye toekoms uitgevoer sal word. Die takbestuur versoek soveel moontlik gemeenskapslede om by die tak betrokke te raak. Die takbestuur bestaan uit dr. Frik Barnard (voorsitter), Wessie van der Westhuizen (ondervoorsitter), Donald Thompson (tesourier), Sarah…

AfriForum stig buurtwag in Dullstroom
| |

AfriForum stig buurtwag in Dullstroom

AfriForum het op 15 Oktober 2020 ’n nuwe buurtwag in Dullstroom gestig nadat gemeenskapslede die organisasie met dié versoek genader het. Die buurtwag se bestuur bestaan uit Gerhard Delport (voorsitter), Madlene Holtzhausen (sekretaris) en Nico Pienaar (koördineerder). Die doel van die buurtwag is om van proaktiewe optredes gebruik te maak om misdaad te bekamp. Daar word gereeld…

AfriForum-buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg trek kapers vas
| |

AfriForum-buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg trek kapers vas

AfriForum se buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg het op 15 Oktober die polisie bygestaan om die vermeende kapers van ’n sigaretafleweringsvoertuig vas te trek. Die buurtwagte het inligting ontvang oor dié voertuig wat in Potgietersrus gekaap is. Tydens die voorval is die bestuurder van die voertuig in sy skouer en maag geskiet, terwyl die passasier ook…

AfriForum stig ’n tak in Cradock
| |

AfriForum stig ’n tak in Cradock

Ná verskeie versoeke uit die gemeenskap van Cradock is ’n AfriForum-tak op 13 Oktober amptelik op dié dorp gestig. “AfriForum se veiligheidspan staan gereed om die inwoners van Cradock by te staan sodat hulle weer veilig kan voel en om daadwerklik ’n verskil in hul lewensomstandighede te maak,” sê David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder…

AfriForum hou vreedsame protesaksie in Senekal
| |

AfriForum hou vreedsame protesaksie in Senekal

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy ondersteuners vandag in Senekal toegespreek tydens ’n vreedsame protesaksie teen plaasmoorde. Dit volg op die moord op Brendin Horner (22), wat onlangs wreedaardig vermoor is op ’n plaas buite dié dorp. Die beskuldigdes in die saak het vandag weer in die hof in Senekal verskyn. “AfriForum is trots daarop dat…

AfriForum sal magsugtige Mkhize se regulasies teenstaan
|

AfriForum sal magsugtige Mkhize se regulasies teenstaan

AfriForum sal dr. Zweli Mkhize, die minister van Gesondheid, se voorgestelde regulasies vir die toesig en beheer van aanmeldbare mediese toestande beveg. Dié voorgestelde regulasies sal verreikende magte aan die minister toeken wanneer die nasionale ramptoestand uiteindelik verstryk. Indien die kabinet dit goedkeur, sal die gewysigde regulasies aan Mkhize die mag gee om in die…

AfriForum se Bloemhof-buurtwag spoor gesteelde voertuig op
| |

AfriForum se Bloemhof-buurtwag spoor gesteelde voertuig op

Die AfriForum-buurtwag in Bloemhof het op 13 Oktober 2020 ’n gesteelde voertuig opgespoor nadat hulle inligting ontvang het van vermoedelik gesteelde beeste op die Weltevrede-hoewes. Die tien boere wat skade gely het weens die diefstal het leidrade saam met die buurtwag opgevolg. Die buurtwaglede het ’n Ford Ranger Wildtrack met Gauteng-nommerplate op die hoewe opgemerk wat verdag…

Hofaansoek oor grondbesetting vind in November plaas
| |

Hofaansoek oor grondbesetting vind in November plaas

AfriForum se aansoek word 24 tot 27 November aangehoor om as vriend van die hof gevoeg te word in die hofaansoek wat die Menseregtekommissie (MRK), die EFF en ander applikante in die Wes-Kaapse Hooggeregshof gebring het om sekere gemeenregtelike remedies teen grondbesetters ongeldig te laat verklaar. AfriForum is teen dié aansoek gekant. Die oorspronklike aansoek…

End of content

End of content