#VegEnBou-veldtog: AfriForum se Potchefstroom-tak herstel 250 slaggate
| |

#VegEnBou-veldtog: AfriForum se Potchefstroom-tak herstel 250 slaggate

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het van 10–17 Oktober 2020 verskeie skoonmaakprojekte aangepak en heelwat slaggate herstel as deel van die organisasie se #VegEnBou-veldtog. Dié week is begin deur vullis weg te ry wat inwoners by die park in Meadowstraat stort en die gras in die park is ook gesny. Die Potchefstroom-tak se staatmakerspan het tydens…

AfriForum besoek Bloemhof Gekombineerde Skool as deel van teenboelie-en- selfdoodbewusmakingsveldtog
| |

AfriForum besoek Bloemhof Gekombineerde Skool as deel van teenboelie-en- selfdoodbewusmakingsveldtog

AfriForum se juniorjeugleierskapsontwikkelingspan het op 22 Oktober die Bloemhof Gekombineerde Skool besoek om ’n praatjie te lewer oor selfdoodvoorkoming as deel van dié burgerregteorganisasie se teenboelie-en-selfdoodbewusmakingsveldtog. Die praatjie handel oor die sensitiewe onderwerp van selfdood en die voorkoming daarvan. Besprekingspunte binne die praatjie sluit in: waarskuwingstekens, statistieke, waarom mense selfdood pleeg en hoe om met…

AfriForum besoek laerskole in Rustenburg as deel van teenboelieveldtog
| |

AfriForum besoek laerskole in Rustenburg as deel van teenboelieveldtog

AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 22 Oktober by die Laerskool Proteapark en die Laerskool David Brink in Rustenburg besoek afgelê om bewusmaking te doen rondom afknouery in skole. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak deur afknouery in skole hok te slaan. Die…

Irrasionele verbod op buitemuurse skoolaktiwiteite opgehef
|

Irrasionele verbod op buitemuurse skoolaktiwiteite opgehef

Angie Motshekga, die minister van Basiese Onderwys, het op 21 Oktober nuwe regulasies in die Staatskoerant gepubliseer wat die verbod op buitemuurse skoolaktiwiteite ophef, onderhewig aan sekere COVID-19-veiligheidsmaatreëls. Dít volg nadat AfriForum op 22 September ’n aanmaning in hierdie verband aan die departement gestuur en die minister versoek het om die ongegronde opskorting op te…

AfriForum se Reitz-tak neem deel aan #OnsDorp-projek
| |

AfriForum se Reitz-tak neem deel aan #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Reitz het vandeesmaand aan dié burgerregteorganisasie se #OnsDorp-veldtog deelgeneem. Die tak het onder meer paaie geverf en bome by die plaaslike hoërskool geplant. Die projek behels die opknapping van dorpe waarin AfriForum gevestigde takke het. “Die #OnsDorp-veldtog is geloods om ons dorpe en woongebiede op te knap. Munisipaliteite doen nie meer instandhoudingswerk…

Strafregstelsel versaak slagoffer weereens ná verdere uitstel van hofsaak
| |

Strafregstelsel versaak slagoffer weereens ná verdere uitstel van hofsaak

AfriForum se privaatvervolgingseenheid spreek sy misnoeë uit oor die onnodige en vermybare verdere vertraging van die saak teen Gerald Hattingh, ’n landdros in die Belville-area. Die saak is tot 25 November 2020 uitgestel nadat dit gister op die hofrol geplaas is vir verhoor. Die rede hiervoor is dat die voorsittende beampte homself gerekuseer het omdat…

AfriForum se Springs-buurtwag in Endicott ontvang nuwe brandbestrydingstoerusting
| |

AfriForum se Springs-buurtwag in Endicott ontvang nuwe brandbestrydingstoerusting

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Springs het op 16 Oktober 2020 brandbestrydingstoerusting aan die Endicott-buurtwag oorhandig. ’n Brandbestrydingstoestel met ’n waentjie is aan Endicott verskaf om hulle te help om brande te bestry. Die Springs-tak het ook ’n bykomende brandbestrydingswaentjie gebou wat veelsydig aangewend kan word tydens brandbestryding. Dié waentjie is toegerus met twee brandblussers,…

AfriForum se Witrivier-tak plant bome
| |

AfriForum se Witrivier-tak plant bome

AfriForum se tak in Witrivier het op 14 Oktober spekbome geplant by skole in Witrivier. Dit vorm deel van AfriForum se nasionale boomplantprojek. Daar is 16 bome by Laeveld Akademie geplant en agt bome by Kaalvoetjies Kleuterskool. Die doel van dié projek is om inheemse bome met lugsuiweringskwaliteite te plant om die omgewing te verbeter….

AfriForum versoek dringende vergadering met Ramaphosa
| |

AfriForum versoek dringende vergadering met Ramaphosa

AfriForum het vandag ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa gerig waarin dié burgerregteorganisasie ’n dringende vergadering met hom versoek om plaasmoorde en die toekoms van Afrikaners as kultuurgemeenskap in Suid-Afrika te bespreek. Die doel van die brief is om die president in kennis te stel dat die heersende spanning oor plaasmoorde nie net kan…

End of content

End of content