AFRIFORUM SE POTGIETERSRUS-BUURTWAG VERLEEN BYSTAND TYDENS BRAND
| |

AFRIFORUM SE POTGIETERSRUS-BUURTWAG VERLEEN BYSTAND TYDENS BRAND

AfriForum se Potgietersrus-buurtwaglede het op 2 November bystand verleen tydens ’n brand by Nedan Oil. Dié buurtwag het Maandagaand inligting ontvang van die brand en dadelik na die toneel gegaan om bystand te verleen. Die buurtwag het gehelp om paaie toe te maak sodat nooddienste onbelemmerd kon beweeg en om die publiek weg te hou…

ESKOM TREK BESLUIT TERUG OM KLERKSDORP SE KRAG AF TE SNY
| |

ESKOM TREK BESLUIT TERUG OM KLERKSDORP SE KRAG AF TE SNY

Eskom het op 4 November 2020 in ’n skrywe aan AfriForum bevestig dat hulle die besluit teruggetrek het om die Matlosana-munisipaliteit se krag af te sny. Dit volg nadat AfriForum op 30 Oktober ’n brief aan sowel Eskom as dié munisipaliteit gestuur het waarin die burgerregteorganisasie gedreig het om die proses ongrondwetlik te laat verklaar indien hulle…

AFRIFORUM SE PIETERSBURG-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING EN OEFEN GEBEURLIKHEIDSPLAN
| |

AFRIFORUM SE PIETERSBURG-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING EN OEFEN GEBEURLIKHEIDSPLAN

Die AfriForum se Pietersburg-buurtwaglede het op 31 Oktober ’n gebiedverkenningsaksie gehou, opleiding ontvang en ’n gebeurlikheidsplan opgestel en ingeoefen. Die buurtwaglede het ’n veiligheidsoudit van die Flora Park- en Fauna Park-woonbuurt in Polokwane gedoen. Die Koraal-ouetehuis is langs ’n bebosde spruitgebied wat gereeld deur opportunistiese misdadigers geteister word en sommige inwoners van die ouetehuis was…

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG NEEM DEEL AAN SAPD-SIGBAARHEIDSPATROLLIE
| |

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG NEEM DEEL AAN SAPD-SIGBAARHEIDSPATROLLIE

AfriForum se Springs-buurtwag is deur die SAPD se sigbaarheidseenheid (Vispol) in Springs genooi om deel te wees van die SAPD se massasigbaarheidspatrollie wat op 30 Oktober 2020 plaasgevind het. Die patrollie vorm deel van die SAPD se feestydveiligheidsinisiatief en gemeenskapveiligheidstrukture vorm deel hiervan. Hierdie patrollies vind ook gereeld tydens die jaarlikse feesseisoen plaas. Die stasiebevelvoerder…

OORWINNING: BALLITO-KLAGTES TERUGGETREK NÁ PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID INGRYP
| |

OORWINNING: BALLITO-KLAGTES TERUGGETREK NÁ PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID INGRYP

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het AfriForum se privaatvervolgingseenheid skriftelik in kennis gestel dat hulle amptelik besluit het om die agt klagtes teen persone wat tydens vlak 5 van die inperking in Ballito gearresteer is vir die sogenaamde oortreding van die Rampbestuurwet, 57 van 2002, laat vaar het. Dié eenheid het vertoë aan die NVG gerig…

AFRIFORUM WOON OPENBARE VERHOOR BY OOR ONTEIENING SONDER VERGOEDING
| |

AFRIFORUM WOON OPENBARE VERHOOR BY OOR ONTEIENING SONDER VERGOEDING

Verteenwoordigers van die burgerregteorganisasie AfriForum het die openbare verhoor oor die wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet in Saldanha op 30 Oktober 2020 bygewoon. Deon de Jager, AfriForum se hoof vir Gemeenskapstrukture vir die suidstreek, het by dié verhoor gepraat. AfriForum het beklemtoon dat die ANC se najaging van onteiening sonder vergoeding niks meer…

Hulp aan Vrystaatse boere: Duisende maak harte en beursies oop
|

Hulp aan Vrystaatse boere: Duisende maak harte en beursies oop

AfriForum het saam met verskeie ander organisasies oor die afgelope week tonne produkte asook fondse ingesamel vir boere wat deur die onlangse vernietigende brande in die Vrystaat geraak is. Die publiek het die afgelope week duisende bokse met blikkieskos, langlewemelk, toiletware, suiker, meel, koffie, tee, beskuit en medisyne by AfriForum se hoofkantoor in Centurion afgelaai….

#VegEnBou-veldtog: AfriForum se Sasolburg-tak pak projekte aan om dorp te verbeter
| |

#VegEnBou-veldtog: AfriForum se Sasolburg-tak pak projekte aan om dorp te verbeter

Die AfriForum-tak in Sasolburg het van 17–24 Oktober aan die organisasie se #VegEnBou-veldtog deelgeneem en verskeie projekte aangepak om die dorp op te hef. Die tak het tydens dié week altesaam 8,67 hektaar gras gesny. Dit het onder meer plaasgevind by die veld oorkant Zaaiman Motors en die R59, tussen Jan Haak- en Hertzogstraat en…

Malema en Ndlozi se aanrandingsverhoor uitgestel tot Maart 2021
| |

Malema en Ndlozi se aanrandingsverhoor uitgestel tot Maart 2021

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, se verhoor op ’n aanklag van aanranding is uitgestel tot 9, 10 en 11 Maart 2021. Johannes Venter, die SAPD-kolonel wat na bewering aangerand is, het tydens die hofverrigtinge op 28 en 29 Oktober 2020 getuig. Malema en Ndlozi word uiteindelik ná volgehoue druk deur AfriForum deur die Nasionale…

AfriForum se Oudtshoorn-tak stig buurtwag
| |

AfriForum se Oudtshoorn-tak stig buurtwag

Die AfriForum-tak in Oudtshoorn het op 27 Oktober ’n buurtwag gestig ná verskeie vergaderings met rolspelers binne die dorp en sy omliggende landelike gebiede. In byna alle gebiede is daar reeds voorheen gewerk om veiligheid te bevorder, maar daar was ’n behoefte aan koördinering, opleiding en struktuur. Dit is juis wat AfriForum sy lede bied. Verteenwoordigers…

End of content

End of content