SENIOR POLISIEBEAMPTE GRYP IN NADAT PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID FAMILIE BYSTAAN
| |

SENIOR POLISIEBEAMPTE GRYP IN NADAT PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID FAMILIE BYSTAAN

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het op 16 November ’n konstruktiewe vergadering gehad met kol. Phillip Abakhole Maluleke, die bevelvoerder van die Brooklyn-polisiekantoor se speurtak, asook die familie van die man wat in Januarie vanjaar dood aangetref is in ’n badkamer in Menlyn Mall. Kol. Maluleke het aangedui dat die bedrogsaak wat die klaer in Oktober vanjaar gelê…

NVG VERVOLG EINDELIK ’N MOTORIS VAN MIDDELBURG NA PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID INGRYP
| |

NVG VERVOLG EINDELIK ’N MOTORIS VAN MIDDELBURG NA PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID INGRYP

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan die vervolging teen Khumbulani Malinga herinstel nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid tot die saak toegetree het. Khumbulani het Lizel Visagie in Maart 2019 in Middelburg raakgery en sy het later aan haar beserings beswyk. Hy moet op 1 Februarie 2021 in die Middelburg Landdroshof verskyn. Visagie het tydens die insident haar…

KRANSLEGGING TER NAGEDAGTENIS AAN SLAGOFFERS VAN PLAASMOORDE
| |

KRANSLEGGING TER NAGEDAGTENIS AAN SLAGOFFERS VAN PLAASMOORDE

AfriForum het op 16 November ’n kranslegging by sy hoofkantoor in Centurion gehou in solidariteit met die geleentheid wat landbou-organisasies in die Vrystaat hou ter nagedagtenis aan Pieter en Eddie Hills en die meer as 40 ander slagoffers wat vanjaar wreed op plase reg oor die land vermoor is. ’n Vreedsame protesaksie word Maandag op Hennenman…

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG ONTVANG TOERUSTING
| |

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG ONTVANG TOERUSTING

AfriForum se buurtwag in Dullstroom het op 13 November nuwe patrollietoerusting ontvang. Hierdie toerusting bestaan uit magnete vir voertuie, glimbaadjies, patrollieligte en radio’s. Die toerusting help dat lede hoë sigbaarheid tydens patrollies kan handhaaf en die radio’s help dat lede by AfriForum se nasionale radionetwerk kan inskakel. “Hierdie toerusting verseker dat ons lede doeltreffend hulp…

AFRIFORUM SE RUSTENBURG-TAK STIG PLAASWAG IN BUFFELSHOEK
| |

AFRIFORUM SE RUSTENBURG-TAK STIG PLAASWAG IN BUFFELSHOEK

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 12 November die Buffelshoek-plaaswag gestig ná verskeie vergaderings met lede van die landelike gemeenskap van Buffelshoek buite Rustenburg gehou is. Dít volg nadat lede van dié gemeenskap AfriForum genader het om hulle te help om veiligheid in die omgewing op te skerp. “Soos almal weet is plaasaanvalle en grondgrype ’n…

GEREGTELIKE ONDERSOEK NA VLAMMEDOOD VAN GESIN UITGESTEL
| |

GEREGTELIKE ONDERSOEK NA VLAMMEDOOD VAN GESIN UITGESTEL

Die geregtelike doodsondersoek (GDO) na die dood van Suraya Deedat en haar vier kinders is vandag in die Johannesburgse landdroshof uitgestel tot 23 tot 25 November 2020. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verteenwoordig die familie van Suraya en haar kinders en lei ook die getuienis. Naeem, Suraya se man, is die enigste…

AFRIFORUM EIS DAT PLAASMOORDE PRIORITEIT VIR REGERING MOET WEES
| |

AFRIFORUM EIS DAT PLAASMOORDE PRIORITEIT VIR REGERING MOET WEES

Nóg ’n wrede aanval op ’n pa en seun op ’n plaas in die Vrystaat bevestig dat plaasmoorde ’n groter prioriteit vir die regering behoort te wees. AfriForum veroordeel die jongste plaasaanval op Pieter Hills (56) en sy seun Eddie (26) ten sterkste. Hills en sy seun is op 5 November wreedaardig op hul plaas…

AFRIFORUM JEUG-TAK IN BLOEMFONTEIN SKENK KERSGESKENKE AAN JEUGSORGSENTRUM
|

AFRIFORUM JEUG-TAK IN BLOEMFONTEIN SKENK KERSGESKENKE AAN JEUGSORGSENTRUM

Die AfriForum Jeug-tak in Bloemfontein het op Saterdag 7 November geskenke by Ons Kinderhuis-jeugsorgsentrum uitgedeel. Dié geskenke is vanuit die gemeenskap ingesamel. AfriForum se Hospitaalpark-tak het vanjaar ook 24 enkelbedmatrasse geskenk nadat dié sentrum ’n versoek daarvoor aan die plaaslike gemeenskap gerig het. “Dit was ’n besonderse dag. Dit was lekker om tyd saam met…

AFRIFORUM SE BOOMPLANTMAAND: HOOP IS GESKEP VIR DIE NUWE BEGIN
| |

AFRIFORUM SE BOOMPLANTMAAND: HOOP IS GESKEP VIR DIE NUWE BEGIN

AfriForum het op 6 November sy jaarlikse boomplantmaand afgesluit deur 50 amandelbome (Prunus dulcis) aan die Maranata-sorgsentrum buite Pretoria te skenk. AfriForum  het in September en Oktober vanjaar meer as 3 300 bome geplant. Sedert dié projek in 2011 afgeskop het, het dié burgerregteorganisasie bykans 16 000 bome geplant. Daar is vanjaar veral op twee inheemse…

POLISIESTASIE BESTEMPEL KLAG BINNE 8 MINUTE AS VALS – AFRIFORUM HELP KLAER
| |

POLISIESTASIE BESTEMPEL KLAG BINNE 8 MINUTE AS VALS – AFRIFORUM HELP KLAER

AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun tans ’n klaer in ’n saak wie se klag binne agt minute deur die Brooklyn-polisiestasie as “vals” bestempel en deur die speurtak afgesluit is. Die eenheid het ook ’n diensklag teen ’n polisiekaptein in dié verband gelê. Die klaer se seun is in Januarie vanjaar onder verdagte omstandighede dood aangetref in…

End of content

End of content