AFRIFORUM SE BOTHAVILLE-TAK RIG KAMERAS OP IN HOOFSTRAAT
| | |

AFRIFORUM SE BOTHAVILLE-TAK RIG KAMERAS OP IN HOOFSTRAAT

AfriForum se Bothaville-tak het verlede week vier kameras op die hoek van Van der Lingenstraat en Presidentrylaan in die hoofstraat opgerig. ’n Sekuriteitsmaatskappy sal die kameras 24 uur per dag gratis moniteer. Die kameras kan ook voertuie se nommerplate identifiseer. Die tak en die AfriForum-buurtwag glo dat dit misdaad in die besige feesseisoen sal help…

PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID GAAN NVG EN POLISIE BYSTAAN MET VERDERE ONDERSOEK IN SENZO-SAAK
| |

PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID GAAN NVG EN POLISIE BYSTAAN MET VERDERE ONDERSOEK IN SENZO-SAAK

Die vyf beskuldigdes in die 2014-moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa het vandag vir die tweede keer in die Boksburg Landdroshof verskyn waar die saak tot 5 Maart 2021 uitgestel is sodat verdere ondersoeke gedoen kan word. AfriForum verteenwoordig die Meyiwa-familie in die saak en het vandag aangedui dat die privaatvervolgingseenheid van plan…

AFRIFORUM JEUG SE MATZIKAMA-TAK SKENK DIEREKOS EN VERF PLAASLIKE DBV
|

AFRIFORUM JEUG SE MATZIKAMA-TAK SKENK DIEREKOS EN VERF PLAASLIKE DBV

AfriForum Jeug se Matzikama-tak het op Maandag 23 November die plaaslike DBV ondersteun deur honde- en katkos te skenk en ook die DBV se gebou te verf. Die Landbouvereniging se lede het ook aangebied om hulp te verleen en het hand bygesit met die verfwerk. Daar is ongeveer 12 honde en 18 katte waarvoor dié…

AFRIFORUM BEVRAAGTEKEN PLAN OM GESKIEDENIS VERPLIGTE VAK IN SKOLE TE MAAK
| |

AFRIFORUM BEVRAAGTEKEN PLAN OM GESKIEDENIS VERPLIGTE VAK IN SKOLE TE MAAK

AfriForum voel sterk daaroor dat gemeenskappe hulle geskiedenis beter moet leer ken en waardeer, maar bevraagteken die plan van die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, dat Geskiedenis ’n verpligte skoolvak moet word. Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, kan Geskiedenis òf dien om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe te…

HOFSAAK TEEN BELLVILLE-LANDDROS UITGESTEL TOT VOLGENDE JAAR
| |

HOFSAAK TEEN BELLVILLE-LANDDROS UITGESTEL TOT VOLGENDE JAAR

AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun tans vir Verna Cloete, die klaer in die strafsaak teen Gerald Hattingh, ’n landdros in die Bellville-area. Die saak is op 25 November 2020 tot 10 en 11 Februarie 2021 in die Bellville Landdroshof uitgestel nadat Cloete reeds getuienis gelewer het – Cloete sal ook tydens hierdie hofverskyning deur Hattingh (wat…

AFRIFORUM LEWER TOESPRAAK BY SANCO-OPTOG TEEN PLAASMOORDE
| |

AFRIFORUM LEWER TOESPRAAK BY SANCO-OPTOG TEEN PLAASMOORDE

Verteenwoordigers van AfriForum het vandag die South African National Civic Organisation (SANCO) se optog teen onder meer plaasmoorde, op uitnodiging bygewoon. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, was teenwoordig en het ’n toespraak by die Uniegebou gelewer oor AfriForum se ondersteuning van SANCO se bydrae tot die stryd teen plaasmoorde. Kriel het aan die skare…

GEREGTELIKE ONDERSOEK NA DOOD VAN DEEDAT-GESIN GAAN IN DESEMBER VOORT
| |

GEREGTELIKE ONDERSOEK NA DOOD VAN DEEDAT-GESIN GAAN IN DESEMBER VOORT

Die geregtelike doodsondersoek (GDO) na die dood van Suraya Deedat en haar vier kinders in 2011 sal op 7 Desember 2020 in die Johannesburgse Landdroshof voortgaan. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verteenwoordig die familie van Suraya en haar kinders. Naeem, Suraya se man, is die enigste lid van die gesin wat die brand oorleef…

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG BEKAMP MISDAAD
| |

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG BEKAMP MISDAAD

Die AfriForum-buurtwag in Springs het die afgelope naweek saam met veiligheidsrolspelers aan veiligheidsaksies deelgeneem waartydens verskeie inhegtenisnames uitgevoer is. Die buurtwag het Vrydagaand saam met die SAPD en GPF hoësigbaarheidsaksies gehou en op onwettige sjebiens en drankwinkels afgekom. Inhegtenisnames is uitgevoer vir die onwettige handel in drank en twee onwettige immigrante van Malawi en Mosambiek…

#ONSDORP-VELDTOG: AFRIFORUM SE ZEERUST-TAK RIG SEKURITEITSKAMERAS OP
| |

#ONSDORP-VELDTOG: AFRIFORUM SE ZEERUST-TAK RIG SEKURITEITSKAMERAS OP

Die AfriForum-tak in Zeerust gaan sekuriteitskameras wat op 23 November 2020 in die dorp opgerig is, moniteer om die algemene veiligheid in die dorp te verbeter en die buurtwag se vermoëns verder te versterk. Die kameras stel die buurtwag in staat om dele van die dorp te moniteer en ook om verdagte voertuie deur middel…

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HANDHAAF VERHOOGDE SIGBAARHEID MET MASSAPATROLLIE
| |

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HANDHAAF VERHOOGDE SIGBAARHEID MET MASSAPATROLLIE

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het op 20 November ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in dié dorp te verhoog in aanloop tot en tydens die Kerstyd. Die doel van die patrollie was om misdaad hok te slaan deur verhoogde sigbaarheid te handhaaf. Alle AfriForum-buurtwagte in die noordstreek gaan poog om gereeld patrollies te hou tydens die feesseisoen….

End of content

End of content