AFRIFORUM BETROKKE BY SIGBAARHEIDSPATROLLIES OOR DIE FEESSEISOEN
| |

AFRIFORUM BETROKKE BY SIGBAARHEIDSPATROLLIES OOR DIE FEESSEISOEN

AfriForum het vanaf 16 Desember 2020 tot en met 10 Januarie 2021 in die Noord-, Oos-, Suid- en Wes-Kaap hoë sigbaarheidspatrollies uitgevoer. Die doel van hierdie tipe patrollies is om hoë sigbaarheid in gemeenskappe te handhaaf, veral toe baie mense se huise leeg gestaan het tydens die vakansietydperk. Klem is gelê op die voorkoming van…

HOFBEVEL ’N DEURBRAAK VIR VINNIGE TOEGANG TOT IVERMEKTIEN
|

HOFBEVEL ’N DEURBRAAK VIR VINNIGE TOEGANG TOT IVERMEKTIEN

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag met die instemming van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) ’n hofbevel bekom wat dit vir dokters moontlik maak om behandeling met ivermektien te begin gelyklopend met die indiening van ’n artikel 21-aansoek, in gevalle waar dringende toegang tot ivermektien volgens die oordeel van die dokter vir ‘n pasiënt nodig…

ENDICOTT-BUURTWAG BEVEILIG PADOPPERVLAK
| |

ENDICOTT-BUURTWAG BEVEILIG PADOPPERVLAK

Die Endicott-buurtwag, wat deel vorm van die AfriForum-tak in Springs, het op 28 Januarie 2021 hulp verleen om die padoppervlak van die R42 tussen Endicott en Nigel skoon te maak nadat olie vermoedelik opsetlik daaroor uitgegooi is. Nadat die eerste vragmotor geknipmes het, het die buurtwaglede dadelik begin om die pad gedeeltelik af te sper. Houtsaagsels is…

GEEN VOLDOENDE REDES OM PLAASLIKE VERKIESING UIT TE STEL NIE
| |

GEEN VOLDOENDE REDES OM PLAASLIKE VERKIESING UIT TE STEL NIE

Die burgerregteorganisasie AfriForum het aan die Onafhanklike Verkiesingskommssie (OVK) geskryf om te versoek dat vanjaar se plaaslike verkiesing nie tot ná 2021 uitgestel word nie. Dit volg op die EFF se versoek om die verkiesing tot 2024 uit te stel. Morné Mostert, bestuurder van plaaslikeregeringsake by AfriForum, sê die uitstel van die verkiesing bring logistieke…

AFRIFORUM SE KRUGERSDORP-TAK SKOP 2021 VOL ENERGIE AF
| |

AFRIFORUM SE KRUGERSDORP-TAK SKOP 2021 VOL ENERGIE AF

AfriForum se Krugersdorp-tak het 2021 voorwaar op ’n hoë noot afgeskop van die verlening van hulp aan die gemeenskap tydens vloede tot die #OnsSalSelf-veldtog om die gemeenskap se voorkoms te verbeter. Patrolleerders en lede van die gemeenskap het vroeër in Januarie tydens vloede hulp aan die gemeenskap verleen. Sommige patrolleerders het tot 84 uur aaneen…

AFRIFORUM VERSOEK AFSKRIF VAN VOORGESTELDE SEB-ENTSTOFBELEID IN PROKUREURSBRIEF AAN RAMAPHOSA
|

AFRIFORUM VERSOEK AFSKRIF VAN VOORGESTELDE SEB-ENTSTOFBELEID IN PROKUREURSBRIEF AAN RAMAPHOSA

Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan het ’n prokureursbrief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin hulle geskrewe bevestiging vra oor onlangse mediaberigte wat berig dat die regering beplan om swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls en -vereistes (SEB) toe te pas vir die aanskaffing, verspreiding en toediening van COVID-19-entstowwe. AfriForum eis voorts terugvoer oor of daar wel ’n formele…

AFRIFORUM EN SOLIDARITEIT ONDERSOEK REGSOPSIES OOR RASSISTIESE TOERISMEFONDS
|

AFRIFORUM EN SOLIDARITEIT ONDERSOEK REGSOPSIES OOR RASSISTIESE TOERISMEFONDS

AfriForum en Solidariteit het hul regspanne opdrag gegee om regsopsies te ondersoek nadat pres. Cyril Ramaphosa en Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van Toerisme, die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) bekend gestel het as ’n instelling wat finansiering aan toerismeondernemings in swart besit verskaf. Slegs ondernemings wat minstens 51% swart eienaarskap het, kwalifiseer vir lenings of toelae van dié fonds….

AFRIFORUM JEUG ONDERSTEUN BYNA 100 STUDENTE WAT NSFAS-BEFONDSING VERLOOR
|

AFRIFORUM JEUG ONDERSTEUN BYNA 100 STUDENTE WAT NSFAS-BEFONDSING VERLOOR

AfriForum Jeug het die regsfirma Hurter Spies Ing. genader nadat 5 000 tersiêre studente se NSFAS-befondsing vir die 2020 akademiese jaar gekanselleer is. AfriForum Jeug gaan die byna 100 studente wat die organisasie om hierdie rede gekontak het op 26 Februarie 2021 in die hof verteenwoordig. Ná gesprekvoering met NSFAS was die beursskema baie behulpsaam en kon AfriForum…

AFRIFORUM STEL TIEN PRAKTIESE STAPPE TEEN PLAASMOORDE VOOR BY REGERINGWERKSWINKEL OOR LANDELIKE VEILIGHEID
| |

AFRIFORUM STEL TIEN PRAKTIESE STAPPE TEEN PLAASMOORDE VOOR BY REGERINGWERKSWINKEL OOR LANDELIKE VEILIGHEID

AfriForum het tien stappe tydens ’n regeringwerkswinkel oor landelike en stedelike veiligheid voorgestel wat die vlaag van plaasmoorde doeltreffend sal bekamp. Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, het virtueel aan die werkswinkel deelgeneem om AfriForum se perspektief oor en voorgestelde oplossing vir landelike veiligheid en die plaasmoordkwessie oor te dra. AfriForum se…

AFRIFORUM SE NOORDSTREEK-BUURTWAGTE VERHOOG SIGBAARHEID
| |

AFRIFORUM SE NOORDSTREEK-BUURTWAGTE VERHOOG SIGBAARHEID

Die AfriForum-buurtwagte in die noordstreek het die afgelope drie maande sigbaarheid in die drie provinsies in samewerking met verskeie veiligheidsinstansies verhoog as deel van die burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidsprojek. Nagenoeg 2 280 AfriForum-buurtwaglede en 1 204 ander veiligheidsrolspelers het tydens hierdie tydperk aan die verskeie sigbaarheidsprojekte deelgeneem. Dit volg nadat AfriForum op 1 November 2020 ’n nasionale projek van…

End of content

End of content