AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HOU MASSAPATROLLIE
| |

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG HOU MASSAPATROLLIE

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het op 5 Februarie 2021 ’n massapatrollie gehou om misdaad te bekamp en om samewerking met sowel plaaslike polisielede as die sekuriteitsmaatskappye in die omgewing te verbeter. Elf buurtwaglede en sewe voertuie het 91 km afgelê. ’n Staande patrollie is ook langs die hoofstraat gedoen. Daar is tydens die patrollies opgemerk dat…

AFRIFORUM DIEN KOMMENTAAR IN OOR ONTEIENINGSWETSONTWERP
| |

AFRIFORUM DIEN KOMMENTAAR IN OOR ONTEIENINGSWETSONTWERP

AfriForum het vandag geskrewe kommentaar ingedien aan die portfoliokomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur, teen die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. AfriForum is gekant teen die aanvaarding van hierdie wetsontwerp, aangesien die deurvoer daarvan ’n vernietigende uitwerking sal hê op die lewens van alle Suid-Afrikaners ten opsigte van huiseienaarskap, voedselsekuriteit en ekonomiese stabiliteit. Verskeie dele van die…

AFRIFORUM BRING DIE EFFEK VAN PLAASMOORDE OP MINDERJARIGES ONDER DIE VN SE AANDAG
| |

AFRIFORUM BRING DIE EFFEK VAN PLAASMOORDE OP MINDERJARIGES ONDER DIE VN SE AANDAG

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n omvattende brief aan die VN gestuur waarin die verwoestende effek wat plaasmoorde op minderjariges in Suid-Afrika het, bespreek word. Dit volg nadat AfriForum op 4 Februarie 2021 ’n aanlyn inligtingsessie oor kinderjare ná gruwelmisdaad bygewoon het. Die Outreach Programme on the Holocaust en die Civil Society Unit of the…

EKWITEITSFONDS GESTAAK TOT GESPREK TUSSEN ORGANISASIES EN MINISTER PLAASVIND
|

EKWITEITSFONDS GESTAAK TOT GESPREK TUSSEN ORGANISASIES EN MINISTER PLAASVIND

AfriForum en Solidariteit verwelkom die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, se besluit om die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) se werksaamhede te staak totdat daar met AfriForum en Solidariteit in gesprek getree is. Dit volg nadat die twee instansies ’n dringende brief aan die minister gestuur het oor die fonds wat beoog om slegs finansiering aan toerismeondernemings in…

AFRIFORUM-BEHEERKAMER HANTEER 885 GEVALLE IN JANUARIE
| |

AFRIFORUM-BEHEERKAMER HANTEER 885 GEVALLE IN JANUARIE

AfriForum se beheerkamer vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het in Januarie 2021 meer as 885 gevalle hanteer en die organisasie se buurtwagte in dié provinsies ondersteun. Die doel van die beheerkamer is om AfriForum-buurtwagte te versterk en te verseker dat hulp en die nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word. AfriForum-buurtwagte in die drie provinsies het in…

AFRIFORUM SE MORELETAPARK-TAK HOU SIGBAARHEIDSPATROLLIE
| |

AFRIFORUM SE MORELETAPARK-TAK HOU SIGBAARHEIDSPATROLLIE

AfriForum se Moreletapark-tak en die Grootfontein-buurtwag het in samewerking met verskeie ander rolspelers op 2 Februarie ’n sigbaarheidsoperasie in Moreletapark en omliggende gebiede gehou. Die operasie se primêre doel was om sigbaarheid te verbeter en eenheid te toon tussen die verskillende rolspelers. Sigbaarheid is belangrik om misdadigers af te skrik en hoe meer sigbaar ’n buurtwag…

AFRIFORUM SE MIDDELBURG-BUURTWAG NEEM DEEL AAN PATROLLIE SAAM MET SAPD
| |

AFRIFORUM SE MIDDELBURG-BUURTWAG NEEM DEEL AAN PATROLLIE SAAM MET SAPD

Die AfriForum-buurtwag in Middelburg het op 2 Februarie 2021 in samewerking met die SAPD aan ’n operasie in dié dorp deelgeneem. Altesaam 13 buurtwaglede en 15 polisielede het deelgeneem en verskeie mense is in hegtenis geneem. Sommige van die inhegtenisnames sluit in die versuim om aan die aandklokreël te voldoen en ’n koperkabeldief wat vasgetrek…

PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID LÊ DIENSKLAGTES TEEN SAPD-LEDE WAT ONVERSKILLIGE GEDRAG VAN POLISIEMINISTER NABOOTS
| |

PRIVAATVERVOLGINGSEENHEID LÊ DIENSKLAGTES TEEN SAPD-LEDE WAT ONVERSKILLIGE GEDRAG VAN POLISIEMINISTER NABOOTS

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat sy privaatvervolgingseenheid diensklagtes gelê het by lt.-gen. Khehla John Sitole, die nasionale polisiekommissaris, teen polisiebeamptes wat op onregmatige en irrasionele wyse beslag gelê het op duisende rande se alkohol by Hennie’s Restaurant in Moreletapark. Die beamptes het na bewering ook die restaurantbestuurder, Atrayo Nolte, onregmatig in hegtenis…

KENNER GEE GROEN LIG VIR IVERMEKTIEN; BEROEP OP SAHPRA GEDOEN OM AANBEVELING TE VERANDER
|

KENNER GEE GROEN LIG VIR IVERMEKTIEN; BEROEP OP SAHPRA GEDOEN OM AANBEVELING TE VERANDER

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) ’n dringende beroep op dié instelling gedoen om hul aanbeveling oor die gebruik van ivermektien vir die behandeling van COVID-19 te verander na “aanbeveel vir behandeling van COVID-19”. Dit volg nadat dr. Andrew Hill van die Universiteit van Liverpool aanbeveel…

AFRIFORUM SE PIET RETIEF-BUURTWAG HOU SIGBAARHEIDSPATROLLIE SAAM MET SAPD
| |

AFRIFORUM SE PIET RETIEF-BUURTWAG HOU SIGBAARHEIDSPATROLLIE SAAM MET SAPD

Vrywilligers van die AfriForum-buurtwag in Piet Retief het die naweek van 29 en 30 Januarie 2021 aan nóg ’n suksesvolle sigbaarheidspatrollie deelgeneem. Altesaam 43 patrolleerders het aan die aksie deelgeneem, terwyl die plaaslike polisiestasie ook van sy lede vir die patrollie beskikbaar gestel het en verkeersbeamptes ook daaraan deelgeneem. Tydens dié patrollie het ’n konvooi elke sektor…

End of content

End of content