AFRIFORUM-BUURTWAG BEVEILIG DULLSTROOM
| |

AFRIFORUM-BUURTWAG BEVEILIG DULLSTROOM

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het in Februarie op verskeie gebiede gehelp om die dorp te beveilig. Die buurtwag het by heelwat ongelukstonele in en om Dullstroom bystand verleen en gehelp om die verkeer te reguleer terwyl die nooddienste op die tonele gewerk het. By een ongeluk moes die pad heeltemal gesluit word en die buurtwag…

AFRIFORUM TEATER: AFRIFORUM SKEP NUWE TUISTE VIR AFRIKAANSE KUNSTE
| |

AFRIFORUM TEATER: AFRIFORUM SKEP NUWE TUISTE VIR AFRIKAANSE KUNSTE

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n nuwe teater, wat as die AfriForum Teater bekendstaan, geopen op die perseel wat voorheen deur die Brooklyn-teater beset is. Dié 380 sitplek-teater is by die Greenlyn Village-sentrum in Menlopark in Pretoria geleë. ’n Nuwe restaurant genaamd PRONK is ook by die AfriForum Teater geopen. Volgens die organisasie is die…

AFRIFORUM HELP HENNIE’S-EIENAAR OM DIEFSTALKLAGTES TEEN POLISIE IN TE DIEN NÁ ALKOHOLVOORRAAD VERDWYN
| | |

AFRIFORUM HELP HENNIE’S-EIENAAR OM DIEFSTALKLAGTES TEEN POLISIE IN TE DIEN NÁ ALKOHOLVOORRAAD VERDWYN

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag vir Werner Pretorius, die eienaar van Hennie’s Restaurant in Moreletapark, bygestaan om strafregtelike klagtes van bedrog en diefstal by die Garsfontein-polisiestasie in te dien teen verskeie polisiebeamptes by hierdie polisiestasie. Dit volg nadat polisiebeamptes op ’n onregmatige en irrasionele wyse beslag gelê het op alkohol ter waarde van duisende rand…

AFRIFORUM-BUURTWAGTE IN ELLISRAS HOU SIGBAARHEIDSPATROLLIE SAAM MET SAPD
| |

AFRIFORUM-BUURTWAGTE IN ELLISRAS HOU SIGBAARHEIDSPATROLLIE SAAM MET SAPD

Die AfriForum-buurtwag in Ellisras het op 26 Februarie ’n sigbaarheidspatrollie saam met die polisie in Lephalale uitgevoer. Dié patrollie is in voertuie uitgevoer met die doel om die sigbaarheid van wetstoepassers in die dorp te bevorder en daardeur misdaad te voorkom. “Misdaadvoorkoming is die kern van enige buurtwag. Dit word hoofsaaklik uitgevoer deur sigbaarheidspatrollies soos…

AFRIFORUM JEUG SE KEMPTON PARK-TAK MAAK SKOON
| |

AFRIFORUM JEUG SE KEMPTON PARK-TAK MAAK SKOON

Die AfriForum Jeug-tak in Kempton Park het op 27 Februarie 2021 by die Elgin-brug rommel opgetel, bossies uitgetrek en die omgewing netjies gemaak. Dié tak het besluit om die brug skoon te maak aangesien baie motoriste daagliks onderdeur die brug werk toe en terug ry en die brug baie onversorg begin lyk het. Daar word…

AFRIFORUM SE SECUNDA-BUURTWAG HELP GEMEENSKAP NÁ SWAAR REËN
| |

AFRIFORUM SE SECUNDA-BUURTWAG HELP GEMEENSKAP NÁ SWAAR REËN

Die AfriForum-buurtwag in Secunda het die afgelope paar dae hulp aan die gemeenskap verleen nadat swaar reën in die omgewing geval het. Verskeie paaie was oorstroom of versper. “Die buurtwag en ander instansies het inwoners gewaarsku oor paaie wat oorstroom was. Die buurtwag het ook gehelp om motors uit te sleep sodat mense veilig kon…

INNOVERENDE AFRIKAANSE ONDERNEMINGS MET TINTELTONG TOEKENNINGS BEKROON
|

INNOVERENDE AFRIKAANSE ONDERNEMINGS MET TINTELTONG TOEKENNINGS BEKROON

AfriForum het op 23 Februarie 2020 – twee dae ná Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie – innoverende Afrikaanse ondernemings  in drie streke en twee kategorieë bekroon. Dié streke is die noordstreek (Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo), die sentraalstreek (Vrystaat en Noord-Kaap) en die kusstreek (Wes- en Oos-Kaap, en KwaZulu-Natal). Die kategorieë is kreatief en korporatief. Die Tinteltong Toekennings…

AFRIFORUM SE WITRIVIER-BUURTWAG VERKEN GEBIED MET HOMMELTUIG
| |

AFRIFORUM SE WITRIVIER-BUURTWAG VERKEN GEBIED MET HOMMELTUIG

AfriForum se Witrivier-buurtwag het op 20 Februarie die vleie in Witrivier met ’n hommeltuig verken. Die doel van dié projek is om die gebied te verken en moontlike voetpaaie en wegkruipplekke aan te teken sodat lede met voetpatrollies hierdie gebiede kan deursoek. Inbrekers gebruik hierdie roetes gereeld om vinnig te verdwyn ná inbrake en steek…

PRIVAAT VERVOLGING VAN BESKULDIGDE IN VERKRAGTINGSAAK IN MAART HERVAT
| |

PRIVAAT VERVOLGING VAN BESKULDIGDE IN VERKRAGTINGSAAK IN MAART HERVAT

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, en sy span het vandag namens Celeste Gouws, slagoffer en privaat vervolger, in die Somerset-Oos Streekshof in ’n verkragtingsaak verskyn. Die saak is tot 23 tot 26 Maart 2021 uitgestel vir verhoor, omdat die beskuldigde aangedui het dat hy die dienste van adv. Dali Mpofu of adv….

AFRIFORUM SE POTCHEFSTROOM-TAK KRY NIE ANTWOORDE OOR BESOEDELINGSPROBLEEM NIE
| | |

AFRIFORUM SE POTCHEFSTROOM-TAK KRY NIE ANTWOORDE OOR BESOEDELINGSPROBLEEM NIE

Inwoners in die area naby die Total-vulstasie in Potchefstroom ly geweldig onder die rioolbesoedeling wat reeds vir meer as ’n jaar plaasvind. Die AfriForum-tak in Potchefstroom het vroeër met verskeie rolspelers – insluitend AfriForum se nasionale en plaaslike omgewingspan, die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit en die Groen Skerpioene – oor dié probleem vergader. Inwoners se…

End of content

End of content