Híér is die wenners van vanjaar se Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurskompetisie
| |

Híér is die wenners van vanjaar se Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurskompetisie

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 10 Julie vanjaar se wenners van die Besigheidbytjies- en Juniorpreneurskompetisie aangekondig. Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë vir onder meer laerskoolleerders (Hommelbytjies-kategorie) en hoërskoolleerders (Juniorpreneurs-kategorie). Baie geluk aan die volgende wenners:Kategorie 1 (grondslagfase)• Wenner: Immeke Nel van Gqeberha (Immie’s Gifts). Hierdie graad 1-leerder verkoop geskenke wat sy self…

Delportshoop-tak knap dorp op
| |

Delportshoop-tak knap dorp op

AfriForum se Delportshoop-tak, wat op 2 April gestig is, is stelselmatig besig om momentum op te bou en het besluit om ’n projek van stapel te stuur wat op spesifieke probleemareas fokus. Hierdie aksie maak deel uit van dié tak se volhoubare skoonmaakprojek waarmee die takbestuur poog om Delportshoop weer in ’n pragdorp te verander….

Wilgehof-buurtwag en Parkweg-polisiestasie se misdaadvoorkomingseenheid voer suksesvolle operasie uit
| |

Wilgehof-buurtwag en Parkweg-polisiestasie se misdaadvoorkomingseenheid voer suksesvolle operasie uit

AfriForum se Wilgehof-buurtwag het op 4 Julie ’n boodskap op hul noodgroep ontvang oor ’n onwettige struktuur met vier inwoners in die Wilgehof-area. Reaksielede van dié buurtwag,  VR-Sekuriteit, die AfriForum 911-reaksie-eenheid (beman deur VR-Sekuriteit), Fidelity ADT en die Sektor 3-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het dadelik hulp verleen. Op 5 Julie het die Wilgehof-buurtwag en die Parkweg-polisiestasie se…

Krugersdorp-tak verf en gaan brandkrane na
| |

Krugersdorp-tak verf en gaan brandkrane na

AfriForum se Krugersdorp-tak het op 1 Julie in Oatlands, Krugersdorp brandkrane oorgeverf en nagegaan. Dít volg nadat twee huise onlangs in Oatlands afgebrand het omdat die brandkrane nie duidelik gemerk en sigbaar was nie. Ongeveer 28 vrywilligers en lede van die Krugersdorp-brandweer het gehelp om altesaam 23 brandkrane oor te verf, na te gaan en…

Ekurhuleni-vullisterreine ontoeganklik; AfriForum bring PAIA-aansoek
| | |

Ekurhuleni-vullisterreine ontoeganklik; AfriForum bring PAIA-aansoek

Die AfriForum-tak in Brakpan het op 26 Junie ’n PAIA-aansoek aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gerig om inligting te bekom rakende boetes uitgereik asook finansiële state en spandering met betrekking tot vullisterreine in Ekurhuleni. Afhangend van wat hierdie inligting oplewer, sal AfriForum sy regspan konsulteer om die volgende stappe te bespreek. AfriForum oudit jaarliks vullisterreine…

Nelspruit-tak knap Steiltes-natuurreservaat op
| |

Nelspruit-tak knap Steiltes-natuurreservaat op

AfriForum se Nelspruit-tak het die afgelope twee weke weereens die staproetes en park in die Steiltes-natuurreservaat skoongemaak. Vyf kilometer se staproetes is oopgesny en ’n voetgangersbruggie is herstel. Die park se gras by die hoofingang in Melkwegstraat is ook gesny en lantanabosse is verwyder. Hierdie aksie vorm deel van dié tak se volhoubare projek om…

Nóg plekke in Vaalrivier en elders toets positief vir cholera
| |

Nóg plekke in Vaalrivier en elders toets positief vir cholera

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die afgelope maand verskeie watertoetse in onder meer die Vaalrivier uitgevoer nadat vroeëre toetse in dié rivier positief getoets het vir cholera. Watermonsters is by dorpe langs die Vaalrivier geneem, terwyl ’n monster ook in die riviersisteem geneem is. Tientalle mense maak daagliks van dié rivier se water gebruik. Luidens die…

Overstrand-tak se Alfa-buurtwag hou gemeenskap só veilig
| |

Overstrand-tak se Alfa-buurtwag hou gemeenskap só veilig

AfriForum se Alfa-buurtwag het die afgelope maand verskeie suksesse behaal in die voorkoming en bekamping van misdaad en bied geweldige ondersteuning aan sowel die SAPD as ander veiligheidsrolspelers in die gemeenskap. Die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Bravo-buurtwag in Fisherhaven, Overstrand-wetstoepassing en die SAPD gehelp om ’n gesteelde voertuig in Hawston op te…

Klerksdorp-tak help inwoners beswaar aanteken teen nuwe ontwikkeling op Palmietfontein
| |

Klerksdorp-tak help inwoners beswaar aanteken teen nuwe ontwikkeling op Palmietfontein

AfriForum se Klerksdorp-tak het op 30 Junie beswaar namens inwoners en taklede by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit ingedien nadat dit aan die lig gekom het dat ’n aansoekkennisgewing om 4 702 erwe op gedeeltes van die plaas Palmietfontein 403 – wat aan Doringkruin grens – te ontwikkel, aangebring is. AfriForum is in wese nie teen ontwikkeling…

Vryburg-tak maak dorp skoner en veiliger
| |

Vryburg-tak maak dorp skoner en veiliger

AfriForum se Vryburg-tak het in Junie drie leë erwe, twee oop velde en ses sypaadjies skoongemaak as deel van hierdie tak se volhoubare projek wat vroeër vanjaar geloods is. Die doel van dié projek is om ’n skoner en veiliger omgewing vir die gemeenskap te skep. Sedertdien die ontstaan van dié projek is altesaam meer…

End of content

End of content