AfriVriendelik-opleiding bemagtig entrepreneurs
AfriVriendelik het vandeesmaand opleiding vir entrepreneurs in die Vrystaat, Wes-Kaap en Gauteng aangebied. Tydens dié sessies word entrepreneurs ingelig oor die geheime van entrepreneurskap en verkope, bemarking en sosiale media met die fokus op ’n teikenmark en Facebook, asook kleinsake geldsake met fokus op belasting.